Page 1 of 1

My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Fri Sep 15, 2023 2:39 pm
by Mellies
Manne ek het so ruk gelede gevra wat die perfekte bergjag combo is volgens julle.

In `n poging om mede lede te help wat opsoek is na `n 7mm-08 bel ek `n Remington 700 BDL S/S raak. Stokoud volgens die serial nommer en model, so-te-sê nuut volgens sy voorkoms.

Ek kon dit nie oor my hart kry om te dink hy moet in `n ander man se kluis loop staan nie. Die goed praat mos met `n man en ek petsis toe nog `n klein 7mm...

Burnie, my burnt bronze sêwin-em-em-ou-yt is ook klaar en by die huis.

Hy gaan hoofsaaklik 139 & 140gr bone kry om te spoeg. IB`s en Berger VLD`s onderskeidelik. RL17 sal die stootwerk doen @ 3000voete.

Burnie het begin as `n Remington 700 BDL S/S met $2.50 kolf en 24” dunloop.

Dunloop is gewrap met cf.

Kolf is n HS copy met palm swell.

Timney Elite Hunter op 2lb.

Warne rail en Mountain Tech 30mm Low ringe.

Afgerond met n Leupold VX3-HD 4.5-14x40 CDS-ZL met wind plex kruis.

Ek sou verkies dat die Leupold effens nader aan die loop sit, maar gaan hom eers so probeer.

Werk is deur Armtec gedoen!

Die roertjie weeg 3.9kg sonder ammo in sy pens.

So paar kiekies volg.

Met `n vleisie...

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Fri Sep 15, 2023 2:41 pm
by Mellies
Nog `n paar...

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Fri Sep 15, 2023 2:50 pm
by snakker
Baie smart Hoe lyk sy groeperings?

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Fri Sep 15, 2023 6:50 pm
by Philip J
Lekker wintie Mellies.

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Fri Sep 15, 2023 7:44 pm
by Glocked
Jis Mellies, lyk soos 'n lekker roer die ! Geniet vir ou Burnie !!

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Sat Sep 16, 2023 8:08 am
by Armand Steenkamp
Julle moet ophou! Ek raak nou ook lus vir so n die projekkies!!!

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Mon Sep 18, 2023 12:39 pm
by Mellies
snakker wrote: Fri Sep 15, 2023 2:50 pm Baie smart Image Hoe lyk sy groeperings?

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
So...

Geen ladingontwikkelling. Net spoed gekyk...

Halfdosynskote.

Helfte 140gr Berger VLD
Helfte 139gr Interlocks

Met n vleisie...

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Mon Sep 18, 2023 2:27 pm
by Toyrsi
Baie netjies. Daai geweer is bitter mooi en lyk hy gaan sommer lekker pitte spoeg.

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Mon Sep 18, 2023 2:31 pm
by snakker
Bl*ksem. Nogal selfde POI ook. Netjies

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Mon Sep 18, 2023 3:21 pm
by Kaalvoetthysie
Sjoe dis besonders mooi. Ag agterstewe jeuk iets vreesliks vir ‘n CF wrapped ligte roertjie vir die klein man

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Mon Sep 18, 2023 6:49 pm
by Glocked
Mellies wrote: Mon Sep 18, 2023 12:39 pm
snakker wrote: Fri Sep 15, 2023 2:50 pm Baie smart Image Hoe lyk sy groeperings?

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
So...

Geen ladingontwikkelling. Net spoed gekyk...

Halfdosynskote.

Helfte 140gr Berger VLD
Helfte 139gr Interlocks

Met n vleisie...
Fyn brag....

Jis dis vir my mooi as die dinge sommer net so bymekaar kom asof dit beplan is ! ++>:

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Tue Sep 19, 2023 8:28 am
by savage(P Coetzer)
Dammit Mellies daai is nou bitter netjies! Jy kan hom gebruik as jy jou redgoat kom kafdraf…

Re: My (tweede) bergjagpakkie is gereed...

Posted: Tue Sep 19, 2023 8:54 am
by Armand Steenkamp
Mellies wrote: Mon Sep 18, 2023 12:39 pm
snakker wrote: Fri Sep 15, 2023 2:50 pm Baie smart Image Hoe lyk sy groeperings?

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
So...

Geen ladingontwikkelling. Net spoed gekyk...

Halfdosynskote.

Helfte 140gr Berger VLD
Helfte 139gr Interlocks

Met n vleisie...
Nou is ek eers jaloers! Lekker as n plan so mooi bymekaar kom! Geniet hom!

Groetnis