Page 1 of 1

My nuwe .284 Win

Posted: Fri Sep 15, 2023 5:54 pm
by Rudi Fischer
Ek is seker al so 4 jaar agter die idee om n 284 Winchester op n Winchester M70 aksie te bou.

Iets wat Winchester eindlik in 1963 op die M70 moes gebou het en nooit in die M100 Semi en M88 Lever action nie.

Dink as hulle dit op die M70 gebou het was dit n baie bekender kaliber vandag gewees.

Dit daar gelos.

Het toe sommer by n forum lid 300 x Wincherster 284 Win doppe gekry.

Het n Walter loop gekoop vroeg in 2022 en in die begin in 2023 het ek n Winchester Pre 64 1953 kolf en aksie opgetel.
My neef in Texas het toe ook vir my n oorsproklike Winchester recoil pad gekry soos wat op die gewere was in die 60’s.

Die Walter loop het uitgekom op n 26” 1-9 twist.
Ek geoog om 160-168gr koeels te skiet.

Huidiglik het ek n 4-12x44 Zeiss V4 op haar gesit maar as ek n 4-16x44 Zeiss V4 kan kry sal dit eerste prys wees. (Dankie Zane vir die teleskoop)

Ek vat haar more om loop in te breek en sal laat weet hoe at skiet.

Image
Image

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Fri Sep 15, 2023 7:14 pm
by Carlc
Knap gedaan Rudi. Dit lyk en klink na n roer wat baie maklik n gunsteling kan word. Mag hy jou baie jare se plesier bring.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Fri Sep 15, 2023 7:42 pm
by Glocked
Netjies !

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Fri Sep 15, 2023 8:19 pm
by Gideon@1
Baie netjies!!!

Nou wonder ons net watter koeëls (bullets) jy gaan gebruik?

😂😂

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sat Sep 16, 2023 7:28 pm
by Apie
Daai gaan nou ‘n lekker jaggeweer wees!

As iemand jou net kan help met die regte koeëls!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sat Sep 16, 2023 7:39 pm
by Rudi Fischer
Apie wrote:Daai gaan nou ‘n lekker jaggeweer wees!

As iemand jou net kan help met die regte koeëls!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ja ja ja …
Byt vas, die 7mm is amper reg om dag lig te sien.
Image

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sat Sep 16, 2023 9:02 pm
by Nico de Jager
Mooi geweer...!

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 8:25 am
by Capt. Yoda
Lekker Rudi en hoe skiet hy?

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 8:51 am
by Rudi Fischer
Capt. Yoda wrote:Lekker Rudi en hoe skiet hy?
Was n lang dag van skiet en skoon maak.
Baie verbaas hoe min recoil n 284 het.

Kon nou dop volume en spoed kry so nou kan ek laadings begin ontwikkel.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 10:01 am
by Arnold
Regtig baie mooi!!

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 10:11 am
by Lategan1
Stem saam, roer roer my hart!

Beste.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 2:06 pm
by Rudi Fischer
Dankie julle.

Het so naby as moontlik probeer hou aan n 1960’s klassieke jag geweer.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Sun Sep 17, 2023 11:17 pm
by Ferdi Bam
Rudi,

Mooi geweer daardie. Ek glo dat hy sal lekker sal skiet en geniet hom.

Groete

Ferdi Bam.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Wed Sep 20, 2023 6:32 pm
by JPS
Rudi,
Met 1-9 loop kan jy kyk na 175Eld—x ook.

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Mon Sep 25, 2023 1:49 pm
by Rudi Fischer
Gou Vandag met die 284Win gaan skiet met 162gr Amax.

2863 fps met VVN560

Image

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Mon Sep 25, 2023 2:07 pm
by Capt. Yoda
Netjies

Re: My nuwe .284 Win

Posted: Mon Sep 25, 2023 2:17 pm
by Lategan1
Baie netjies, spesiale loop met gewone kolf en goeie skut… dit sê alles.

Die skut.

Beste.