Page 1 of 1
Mauser sneller vraag
Posted: Sat Oct 21, 2023 11:57 am
by HeinM
Hallo almal!
'n Pel het 'n Oberndorf Mauser in 7x57. Die fabrieksneller is baie hard met 'n hakkerige, lang voortrek. Vraag: Kan hierdie snellers gepolleer word of is dit beter om dit met 'n Thor sneller te vervang?
Hoor graag!
Mooi dag almal!
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Sat Oct 21, 2023 2:42 pm
by Koos Barnard
Dit kan gepoleer word maar vervang liewer met 'n Timney of Thor. Ek verkies die Timney maar hulle is deesdae baie duur.
Mooi loop
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Sat Oct 21, 2023 3:02 pm
by HeinM
Koos Barnard wrote: Sat Oct 21, 2023 2:42 pm
Dit kan gepoleer word maar vervang liewer met 'n Timney of Thor. Ek verkies die Timney maar hulle is deesdae baie duur.
Mooi loop
Baie dankie vir die raad. Waardeer!
Groetnis!
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Mon Oct 23, 2023 10:56 am
by Toxxyc
Triggertech maak ook 'n baie mooi sneller, as jy na opsies wil kyk. Wag vir Black Friday en bestel ene van Brownells af.
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Mon Oct 23, 2023 11:07 am
by Capt. Yoda
Toxxyc wrote: Mon Oct 23, 2023 10:56 am
Triggertech maak ook 'n baie mooi sneller, as jy na opsies wil kyk. Wag vir Black Friday en bestel ene van Brownells af.
Maak Triggertech n sneler vir n Mauser?
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Mon Oct 23, 2023 11:17 am
by Lategan1
Ek het selfde probleem met my ou 9.3x62 gehad. Thor ingesit, nie bietjie beter nie - drasties beter.
Jy bêre die ou sneller om weer saam met geweer te verkoop.
Beste.
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Mon Oct 23, 2023 11:56 am
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Mon Oct 23, 2023 11:07 am
Toxxyc wrote: Mon Oct 23, 2023 10:56 am
Triggertech maak ook 'n baie mooi sneller, as jy na opsies wil kyk. Wag vir Black Friday en bestel ene van Brownells af.
Maak Triggertech n sneler vir n Mauser?
Weet jy, ek't gedink hulle maak vir meer gewere. Lyk my hulle maak nie vir Mauser nie. Dis eintlik net Remington, Weatherby, Kimber en Armalite se gewere wat hulle dek. Dis 'n jammerte. Ek is GEK oor my Triggertech Primary.
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Tue Oct 24, 2023 1:13 am
by Pappabeer
Hein, ek het twee FNs wat met 2 fase militêre snellers uitkom. Die een het ek gekoop, reeds vervang met n Timney, so dit was dus n no brainer toe ek n Timney op GunAfrica raakloop vir R1500 om in die ander een te sit. Hulle kan veilig stel tot op 1,5 lbs sonder dat jy hoef te poleer en maroelaboom geweersmid werk doen om hom ligter te maak, en n gevaar loop vir n AD/ ND in die veld.
Daar moet wel n paar mm hout weggevat word om die eenheid te maak pas. Dis twintig minute se werk met n dremmel, en onsigbaar van buite. Thor snellers is goed, en baie plaaslike bouers bou groot gewere op hulle, maar ek is bly my 7mm het n Timney in.
Re: Mauser sneller vraag
Posted: Wed Oct 25, 2023 6:50 pm
by HeinM
Pappabeer wrote: Tue Oct 24, 2023 1:13 am
Hein, ek het twee FNs wat met 2 fase militêre snellers uitkom. Die een het ek gekoop, reeds vervang met n Timney, so dit was dus n no brainer toe ek n Timney op GunAfrica raakloop vir R1500 om in die ander een te sit. Hulle kan veilig stel tot op 1,5 lbs sonder dat jy hoef te poleer en maroelaboom geweersmid werk doen om hom ligter te maak, en n gevaar loop vir n AD/ ND in die veld.
Daar moet wel n paar mm hout weggevat word om die eenheid te maak pas. Dis twintig minute se werk met n dremmel, en onsigbaar van buite. Thor snellers is goed, en baie plaaslike bouers bou groot gewere op hulle, maar ek is bly my 7mm het n Timney in.
Thanx vir die goeie raad, Dewald. Ons sal maar die Thor-pad stap. Ek het destyds een in my ou 8x60 laat sit en dit werk mooi... Ek het navraag gedoen oor die polleer van die fabrieksneller, want my pel is nie juis 'n puris wat gewere aanbetref nie... Hy wil ook nie groot geld spandeer nie...
Mooi aand daar!