Page 1 of 1

spring bokke

Posted: Thu Feb 16, 2012 3:21 pm
by Martin1
Dagse manne ek wil net vra of daar nie iemand weet van n plaas nie baie ver van pretoria af waar n mens kan springbokke kan skiet vir n baie besonderse prys as iemand weet ASB moenie huiwer nie laat weet dankie
Groete:martin jacobs

Re: spring bokke

Posted: Thu Feb 16, 2012 4:14 pm
by Sarelss
Daar is 'n paar met besonderse pryse........Besonders baie hoog !!

Ek dink jy bedoel heel moontlik iets aan die ander kant van die skaal? Hoe verder jy moet ry, hoe beter word die pryse....
Sterkte (en laat weet as jy iets vir besonderse pryse kry)

Ek het wel besonderse prys naby Bloem gekry. R300 (en R 700 vir Blesbokke.)
Maar ongelukkig was dit soos die man wat Rump by die slaghuis wil koop. Op navraag hoor hy die prys is R90/kg. Heel verontwaardig vra hy toe: "hoekom so duur, die slaghuis oor die straat is R 60/kg." Nou hoekom koop jy nie daar nie, vra die slagter? "want hul is uit voorraad uit" s? die man. Wel s? die slagter" My prys is ook R60 as ek nie voorraad het nie"

Wel die man het nie springbokke nie!
SS

Re: spring bokke

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:18 am
by PITSMIT
dagse martin

ek dink jy gaan meer reaksie en antw kry by jag algemeen  die is die jongmanne se hoekie en min manne lees maar hier

sterkte met jou jag

Re: spring bokke

Posted: Fri Feb 17, 2012 1:28 pm
by Jakkalsgat
Martin

Die enigste Springbokke wat jy naby aan Pretoria gaan kry is die in jou Geliefde Pienk/ bloubul span. Kyk sommer tussen die blommetjies want ek dink dis waar hul moet wei met hulle pienk pakkies. ;D

Alle grappies op 'n stokkie, skiet jou bok in die streek waar hy natuurlik voorkom as jy beter prys wil he, Springbokke hoort nie in Transvaal nie.

Groete
Jaco

Re: spring bokke

Posted: Thu Mar 29, 2012 7:39 am
by Marc
jakkalsgat wrote: Martin

Die enigste Springbokke wat jy naby aan Pretoria gaan kry is die in jou Geliefde Pienk/ bloubul span. Kyk sommer tussen die blommetjies want ek dink dis waar hul moet wei met hulle pienk pakkies. ;D

Alle grappies op 'n stokkie, skiet jou bok in die streek waar hy natuurlik voorkom as jy beter prys wil he, Springbokke hoort nie in Transvaal nie.

Groete
Jaco
Jaco

Ek stem saam, skiet waar hulle natuurlik voorkom. Hulle kondisie gaan ook baie beter wees + jy kan bietjie die mooi land van ons toer  ;)

Re: spring bokke

Posted: Sun Apr 01, 2012 10:30 pm
by Izak H
As ek mag 'n klip in die bos gooi net die volgende:

Wat kos 'n springbok naby Pretoria ? Ek bedoel wat sal die hele uitstappie kos ?

Wat kos 'n springbok in sy natuurlike habitat ? Wat sal die hele uitstappie kos ?

Vergelyk dit met mekaar.

Ek het ook al ver gery om springbokke te jag/skiet, maar dit was gelukkig nog altyd verniet ( by vriende of familie), so oorweeg die lekker uitstappie ( want dit is altyd belangrik om dit altyd in gedagte te hou)

Maar net my gedagte

Izak H