Page 1 of 1

Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 3:09 pm
by Riaan Kriel
Middag Manne

Ek het op 'n stadium relatief baie met my handwapens geskiet en het dit baie geniet, maar met verloop van tyd het ek en my gesin baie meer betrokke geraak by die SAJWV Presidentskiet kompetisies, waar ons individueel asook in spanverbad deelgeneem het die afgelope paar jaar. Ons het dit baie geniet en darem redelik presteer en ook baie mense leer ken en ook baie goeie vriende gemaak van regoor die land.

Nou ja, nodeloos om te noem dat met verloop van tyd kom daar mos sekere verandering aan mens se vermoëns... My arms het 'n rukkie terug te kort geraak om gemaklik my selfoon vas te hou dat ek kon lees wat op die skermpie staan ;) ++>: Oplossing: ek laat my oë toets en kry 'n multifokale bril, 'n effense aanpassing gewees om daaraan gewoond te raak, maar toe loop alles weer glad en ek sien selfs beter deur die teleskoop. ;) Ons almal skiet steeds baie en ek spandeer meeste van my vryetyd in die herlaaikamer om te kan verseker dat daar genoeg rondtes gelaai word vir elkeen se oefening elke naweek :-X

Nou ja, met die Nasionale kompetisies wat verby is vir die jaar en die matrieks se eindeksamer wat nou gaan begin en die res se eksamen wat binnekort ook gaan begin het ek darem bietjie meer vrye tyd tot my beskikking en na 'n rusperiode raak ek weer jukkerig om op die skietbaan te kom. Dink toe dat ek dalk net weer 'n geveg moet opsit met 'n spinnekop of 3 wat my pistool al as hulle wettige eiendom beskou weens die lang ongestoorde verblyfreg wat hulle daarop geniet het.... Na die rusie gewen is dink ek toe dat ek dalk net eers 'n paar "dry fire" sessies moet insit net om weer die oog en koördinasie reg te kry met die pistool alvorens ek lewendige rondtes op die baan gaan skiet....

:o "O hel, wat gaan nou aan???" gaan deur my kop... Ek sukkel om te fokus op die voorste visier en as ek dit reg kry, dan is die teiken voor 'n dowwe waas... Laat sak my kop effens om beter te fokus op die teiken dan is die voorste visier weer 'n blur..... :'( :'(

Nou die ontnugtering bring my by die doel van die draad ---> Hoe hanteer julle ander manne die lastige newe-effek van ouderdom wat 'n multifokale bril noodsaak met betrekking tot julle handwapenskiet?

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 3:50 pm
by Fano
Anders as meeste mense wat aan die ouerige kant raak is ek bysiende. So op 30-40cm sien ek perfek en dan raak dinge dof. Ek is 'n aktiewe pistool sport skut en gelukkig geoie vriende met my optometris. Ons het gereel dat ek een dag my pistool saamvat en hy het vir my 'n stel lende gemaak dat die front site mooi in fokus is maar dan boet ek bietjie visie oor langer afstande in. Gelukkig met pistoolskiet waar meeste dinke so op 50m of nader gebeur is die lang afstand nie 'n probleem nie. Dit was omtrent die tyd laas jaar en het so R500 gekos vir 'n stel basiese lense met geen ander fieterjasie by nie - ek het 'n raam gehad wat ons sommer hergebruik het. So nie multifokaal nie maar goed vir my doeleindes. Praat maar met 'n optometris en kyk wat kan julle uitwerk vir dit.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 4:03 pm
by Riaan Kriel
Dankie vir die raad Fano. Ek sal hulle kontak en hoor wat stel hulle voor.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 4:27 pm
by tripodmvr
Rooi kol visier kan ook 'n goeie roep wees?

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 4:28 pm
by Lategan1
Raad wat ek kan gee is. Maak seker jy gaan na een wat dit al meer as eenkeer gedoen het.

Skietbrille met gelyke fokus op kort, tussen-in en verder afstand, is ‘n uitdaging. Diepte van veld en brilraam hoogte is oorwegings. Is kontaklense bv. opsie? Haelgeweer skuts sal vir jou sê dit is oorwegend die eerste keuse.

Neem jou onderskeie wapens saam om deur te mik en aanlê, met sy toestemming natuurlik. Kan jou geld spaar.

Beste.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 5:06 pm
by OosKaapJagter
Ek begin ook in daardie stadium inbeweeg. Gelukkig het ek nog nie 'n oogarts benodig nie, maar Clicks leesbrille raak deesdae 'n gereelde metgesel. Snaaks genoeg was dit vir my op 'n stadium 'n redelike ernstige probleem. Dit het onverklaarbaar vanself genoegsaam verbeter dat dit nie tans 'n kwessie is nie.

Ek glo dat Tripod se voorstel die beste sou wees. Met so rooi kol visier fokus jy op die teiken en nie daardie "dowwe" voorvisier nie.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 9:10 pm
by Alwin
Riaan, jy verraai nie jou presiese ouderdom nie, maar die multifokale bril plaas jou duidelik bo 40.

My optometris vertel my dat, na jou 40ste verjaarsdag, begin die beweeglikheid van jou oë se lense minder word, dus sukkel jy al hoe meer om naby EN ver te kan fokus.

Ek is redelik aktief in beide geweer en pistoolskiet, dus het die probleem my ook gepla en word dit elke jaar met die volgende verjaarsdag erger. Dalk is dit al die suiker in die verjaarsdagkoek wat die oë so aantas?

My oplossing is die volgende, maar hou in gedagte dat ek nog hopelik 'n paar jaar langer sal kan skiet, as ek nog slagdoppies kan koop, en die probleem en oplossings noodwendig sal verander met tyd.

Ek het lankal besluit om op die teiken te fokus. Ek weet dat elke skiet-instrukteur, myself ingesluit, vir almal leer om op die voorste visier (korrel) te fokus. Kom ek verduidelik hoekom ek daarvan afwyk: Die primêre rede hoekom ek pistool skiet vir sport, is om in oefening te bly vir as ek dalk eendag gedwing sou word om myself te verdedig teen geweldadige gewapende aanvaller(s). My beroep en adres plaas my in 'n hoë-risiko groep. As jy aangeval word, dwing jou brein jou om op die teiken te fokus. Daar is nie veel wat jy daaraan kan verander nie. Daarom oefen ek ook so. Ek fokus op my teiken.

Die agterste visier verdof (blurr) heeltemal. Geen probleem, want ek kyk nie vir hom nie, ek kyk deur hom. (Ek verkies dowwe swart agterste visiere.)
Die voorste visier is ook bietjie dof, maar ek sit vir my handwapens ligpypies (fibre optics) van 1,5mm (0.060") in die voorste visiere. Ek het dus geen probleem om die helder ligkol in die middel van die teiken te kry nie. Met gereelde oefening sien ek later net die ligkol op die teiken en die impak op die teiken.
Tot dusver gee dit vir my heel skaflike akkuraatheid. Ek sukkel nie om 'n 200mm kol of plaat op 25m te tref nie. Onder goeie toestande kan ek dit tot op 50m doen.
Terwyl dit nog werk, is dit wat ek gaan doen. Dis goedkoop en eenvoudig.

Voor jy die ligpypie installeer, probeer eers 'n bietjie helder oranje naelverf (cutex) uit jou dogter se laai op die voorste visier. In daglig werk dit amper so goed soos die ligpypie. (Die assistentjie in die apteek het my baie skeef aangegluur toe ek so 'n bietjie van die goed op my wysvinger se nael smeer en met uitgestrekte arm bekyk.)

Vir 'n dra-wapen is visiere met Tritium liggies 'n goeie idee, anders sien jy die visiere glad nie in die nag nie. Verskeie vervaardigers maak visier stelle vir gewilde pistole. My keuse is tans 'n voorste visier met groen Tritium buis omring deur 'n helder oranje plastiek ring (vir die dag). Agter is dit net 2 Tritium kolletjies aan weerskante. Ek sou verkies om die agterste visier 'n vertikale Tritium streep te hê en kolletjie voor, wat dan 'n " i " prentjie gee.

'n Skiet vriend wat bietjie ouer as ek is het vir hom 'n skiet bril laat maak wat so werk: Regter lens fokus of voorste visier (amper leesbril) en linker lens fokus op lang afstand (teiken). As hy met al 2 oë oop skiet, sien die linker oog die teiken duidelik en die regter oog die visiere. Hy moet net die bril so 30 minute lank dra voor die skiet sodat sy oë en brein gewoond raak aan die prentjie.

As bg. nie meer wil werk nie, dan is die volgende stap 'n refleks-visier. Dis nou daardie raampie met die lens in en rooi ligkolletjie. (Mens kry ook groenes.) Die goed raak al hoe meer kompak en robuust. Die beteres kan jy op 'n pistool se glysruk (slide) monteer en hulle hou darem vir 'n paar duisend skote. Van die modelle skakel aan wanneer jy die wapen beweeg en af wanneer hy stil lê. Battery leeftyd is omtrent 2 jaar. Dis iets om aan gewoond te raak, maar die kolletjie waarmee jy mik is in fokus op die teiken. Jy hoef ook net die een kol op te lyn met die teiken, wat dinge baie eenvoudiger maak. As die visier lekker laag gemonteer is, kan jy die ou oop visiere steeds in die onderkant van die raampie sien, wat jou help om die kol vinniger op die teiken te kry en as rugsteun kan dien as die elektronika die dag sou faal. Iewers in die toekoms gaan alle pistole toegerus wees om so 'n refleks-visier te kan akkomodeer. Jy kan nou reeds modelle koop wat alreeds daarmee toegerus is. Hou hierdie spasie dop.

Hoop dit help jou in die regte rigting?

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Mon Oct 23, 2023 9:22 pm
by JF123
OosKaapJagter wrote: Mon Oct 23, 2023 5:06 pm ...Snaaks genoeg was dit vir my op 'n stadium 'n redelike ernstige probleem. Dit het onverklaarbaar vanself genoegsaam verbeter dat dit nie tans 'n kwessie is nie.

...
Wanneer dit weer gebeur, laat jou bloedsuiker toets.

Ek ken twee mense wie se sig verbeter het nadat hulle bloedsuiker onder beheer gebring is.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Tue Oct 24, 2023 8:30 am
by Riaan Kriel
Alwin wrote: Mon Oct 23, 2023 9:10 pm Riaan, jy verraai nie jou presiese ouderdom nie, maar die multifokale bril plaas jou duidelik bo 40.

My optometris vertel my dat, na jou 40ste verjaarsdag, begin die beweeglikheid van jou oë se lense minder word, dus sukkel jy al hoe meer om naby EN ver te kan fokus.

Ek is redelik aktief in beide geweer en pistoolskiet, dus het die probleem my ook gepla en word dit elke jaar met die volgende verjaarsdag erger. Dalk is dit al die suiker in die verjaarsdagkoek wat die oë so aantas?

My oplossing is die volgende, maar hou in gedagte dat ek nog hopelik 'n paar jaar langer sal kan skiet, as ek nog slagdoppies kan koop, en die probleem en oplossings noodwendig sal verander met tyd.

Ek het lankal besluit om op die teiken te fokus. Ek weet dat elke skiet-instrukteur, myself ingesluit, vir almal leer om op die voorste visier (korrel) te fokus. Kom ek verduidelik hoekom ek daarvan afwyk: Die primêre rede hoekom ek pistool skiet vir sport, is om in oefening te bly vir as ek dalk eendag gedwing sou word om myself te verdedig teen geweldadige gewapende aanvaller(s). My beroep en adres plaas my in 'n hoë-risiko groep. As jy aangeval word, dwing jou brein jou om op die teiken te fokus. Daar is nie veel wat jy daaraan kan verander nie. Daarom oefen ek ook so. Ek fokus op my teiken.

Die agterste visier verdof (blurr) heeltemal. Geen probleem, want ek kyk nie vir hom nie, ek kyk deur hom. (Ek verkies dowwe swart agterste visiere.)
Die voorste visier is ook bietjie dof, maar ek sit vir my handwapens ligpypies (fibre optics) van 1,5mm (0.060") in die voorste visiere. Ek het dus geen probleem om die helder ligkol in die middel van die teiken te kry nie. Met gereelde oefening sien ek later net die ligkol op die teiken en die impak op die teiken.
Tot dusver gee dit vir my heel skaflike akkuraatheid. Ek sukkel nie om 'n 200mm kol of plaat op 25m te tref nie. Onder goeie toestande kan ek dit tot op 50m doen.
Terwyl dit nog werk, is dit wat ek gaan doen. Dis goedkoop en eenvoudig.

Voor jy die ligpypie installeer, probeer eers 'n bietjie helder oranje naelverf (cutex) uit jou dogter se laai op die voorste visier. In daglig werk dit amper so goed soos die ligpypie. (Die assistentjie in die apteek het my baie skeef aangegluur toe ek so 'n bietjie van die goed op my wysvinger se nael smeer en met uitgestrekte arm bekyk.)

Vir 'n dra-wapen is visiere met Tritium liggies 'n goeie idee, anders sien jy die visiere glad nie in die nag nie. Verskeie vervaardigers maak visier stelle vir gewilde pistole. My keuse is tans 'n voorste visier met groen Tritium buis omring deur 'n helder oranje plastiek ring (vir die dag). Agter is dit net 2 Tritium kolletjies aan weerskante. Ek sou verkies om die agterste visier 'n vertikale Tritium streep te hê en kolletjie voor, wat dan 'n " i " prentjie gee.

'n Skiet vriend wat bietjie ouer as ek is het vir hom 'n skiet bril laat maak wat so werk: Regter lens fokus of voorste visier (amper leesbril) en linker lens fokus op lang afstand (teiken). As hy met al 2 oë oop skiet, sien die linker oog die teiken duidelik en die regter oog die visiere. Hy moet net die bril so 30 minute lank dra voor die skiet sodat sy oë en brein gewoond raak aan die prentjie.

As bg. nie meer wil werk nie, dan is die volgende stap 'n refleks-visier. Dis nou daardie raampie met die lens in en rooi ligkolletjie. (Mens kry ook groenes.) Die goed raak al hoe meer kompak en robuust. Die beteres kan jy op 'n pistool se glysruk (slide) monteer en hulle hou darem vir 'n paar duisend skote. Van die modelle skakel aan wanneer jy die wapen beweeg en af wanneer hy stil lê. Battery leeftyd is omtrent 2 jaar. Dis iets om aan gewoond te raak, maar die kolletjie waarmee jy mik is in fokus op die teiken. Jy hoef ook net die een kol op te lyn met die teiken, wat dinge baie eenvoudiger maak. As die visier lekker laag gemonteer is, kan jy die ou oop visiere steeds in die onderkant van die raampie sien, wat jou help om die kol vinniger op die teiken te kry en as rugsteun kan dien as die elektronika die dag sou faal. Iewers in die toekoms gaan alle pistole toegerus wees om so 'n refleks-visier te kan akkomodeer. Jy kan nou reeds modelle koop wat alreeds daarmee toegerus is. Hou hierdie spasie dop.

Hoop dit help jou in die regte rigting?
Dankie aan almal vir julle bedraes en raad. Het gisteraand met iemand in die dorp gesels wat 'n optiese visier op sy pistool het. Hy het aangebied dat ek 'n paar skote met sy pistool kan skiet en kyk of dit vir my werk.

Alwin. Ek is tans nog 50 vir so 2 maande lank :)

Ek het 'n aantal jare terug reeds die cutex ding gedoen op my Taurus PT940 en die Glock21 wat hulle standaard visiere het. Op my Glock19 wat ek meesal dra ( en heeltemal te min mee skiet) het ek die Trijicon Tritium sights gesit 'n paar jaar gelede. Soos jy tereg sê help dit om die helder geel kol op die teiken te sien. Ek moet seker leer en bietjie meer oefen om dit gewoond te raak aangesien oor tyd mens so geleer en geoefen het om te fokus op die voorste visier.

Wat dinge nog bietjie meer kompliseer is dat ek regshandig is maar linkeroog dominant is.. Dit het 'n paar instrukteurs en medeskuts al laat skeef kyk na my manier van skiet met die pistool ++>:

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Tue Oct 24, 2023 8:35 am
by Riaan Kriel
Lategan1 wrote: Mon Oct 23, 2023 4:28 pm Raad wat ek kan gee is. Maak seker jy gaan na een wat dit al meer as eenkeer gedoen het.

Skietbrille met gelyke fokus op kort, tussen-in en verder afstand, is ‘n uitdaging. Diepte van veld en brilraam hoogte is oorwegings. Is kontaklense bv. opsie? Haelgeweer skuts sal vir jou sê dit is oorwegend die eerste keuse.

Neem jou onderskeie wapens saam om deur te mik en aanlê, met sy toestemming natuurlik. Kan jou geld spaar.

Beste.
Kontaklense is ongelukkig nie 'n opsie nie. Het 'paar jaar terug navraag gedoen oor dit maar blykbaar is die vorm van my oog nie geskik vir kontaklense nie. Iets wat moet rond wees is meer soos 'n rugbybal se vorm en moet ek dus maar vrede maak met die bril

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Tue Oct 24, 2023 8:37 am
by Riaan Kriel
tripodmvr wrote: Mon Oct 23, 2023 4:27 pm Rooi kol visier kan ook 'n goeie roep wees?
Ek gaan moontlik die naweek 'n paar skote skiet met pistool wat reeds so 'n optiese visier op het. Sal kyk of dit gaan werk vir my. Sal dan net moet kyk om my kadex holster te verander of te vervang indien ek wel die pad gaan stap

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Tue Oct 24, 2023 8:57 am
by Carel-Chris
Riaan Kriel wrote: Tue Oct 24, 2023 8:35 am
Lategan1 wrote: Mon Oct 23, 2023 4:28 pm Raad wat ek kan gee is. Maak seker jy gaan na een wat dit al meer as eenkeer gedoen het.

Skietbrille met gelyke fokus op kort, tussen-in en verder afstand, is ‘n uitdaging. Diepte van veld en brilraam hoogte is oorwegings. Is kontaklense bv. opsie? Haelgeweer skuts sal vir jou sê dit is oorwegend die eerste keuse.

Neem jou onderskeie wapens saam om deur te mik en aanlê, met sy toestemming natuurlik. Kan jou geld spaar.

Beste.
Kontaklense is ongelukkig nie 'n opsie nie. Het 'paar jaar terug navraag gedoen oor dit maar blykbaar is die vorm van my oog nie geskik vir kontaklense nie. Iets wat moet rond wees is meer soos 'n rugbybal se vorm en moet ek dus maar vrede maak met die bril
Vind dalk net weer uit oor kontaklense, ek het self keratokonus en die nuwe lense(scleral lens) werk perfek. Ek het eens ook baie boog geskiet en het 'n lens op die boog visier gehad wat die kontaklense gekomplementeer het om op 'n afstand te fokus.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Tue Oct 24, 2023 3:15 pm
by Ratel
Alwin wrote: Mon Oct 23, 2023 9:10 pm Riaan, jy verraai nie jou presiese ouderdom nie, maar die multifokale bril plaas jou duidelik bo 40.

My optometris vertel my dat, na jou 40ste verjaarsdag, begin die beweeglikheid van jou oë se lense minder word, dus sukkel jy al hoe meer om naby EN ver te kan fokus.

Ek is redelik aktief in beide geweer en pistoolskiet, dus het die probleem my ook gepla en word dit elke jaar met die volgende verjaarsdag erger. Dalk is dit al die suiker in die verjaarsdagkoek wat die oë so aantas?

My oplossing is die volgende, maar hou in gedagte dat ek nog hopelik 'n paar jaar langer sal kan skiet, as ek nog slagdoppies kan koop, en die probleem en oplossings noodwendig sal verander met tyd.

Ek het lankal besluit om op die teiken te fokus. Ek weet dat elke skiet-instrukteur, myself ingesluit, vir almal leer om op die voorste visier (korrel) te fokus. Kom ek verduidelik hoekom ek daarvan afwyk: Die primêre rede hoekom ek pistool skiet vir sport, is om in oefening te bly vir as ek dalk eendag gedwing sou word om myself te verdedig teen geweldadige gewapende aanvaller(s). My beroep en adres plaas my in 'n hoë-risiko groep. As jy aangeval word, dwing jou brein jou om op die teiken te fokus. Daar is nie veel wat jy daaraan kan verander nie. Daarom oefen ek ook so. Ek fokus op my teiken.

Die agterste visier verdof (blurr) heeltemal. Geen probleem, want ek kyk nie vir hom nie, ek kyk deur hom. (Ek verkies dowwe swart agterste visiere.)
Die voorste visier is ook bietjie dof, maar ek sit vir my handwapens ligpypies (fibre optics) van 1,5mm (0.060") in die voorste visiere. Ek het dus geen probleem om die helder ligkol in die middel van die teiken te kry nie. Met gereelde oefening sien ek later net die ligkol op die teiken en die impak op die teiken.
Tot dusver gee dit vir my heel skaflike akkuraatheid. Ek sukkel nie om 'n 200mm kol of plaat op 25m te tref nie. Onder goeie toestande kan ek dit tot op 50m doen.
Terwyl dit nog werk, is dit wat ek gaan doen. Dis goedkoop en eenvoudig.

Voor jy die ligpypie installeer, probeer eers 'n bietjie helder oranje naelverf (cutex) uit jou dogter se laai op die voorste visier. In daglig werk dit amper so goed soos die ligpypie. (Die assistentjie in die apteek het my baie skeef aangegluur toe ek so 'n bietjie van die goed op my wysvinger se nael smeer en met uitgestrekte arm bekyk.)

Vir 'n dra-wapen is visiere met Tritium liggies 'n goeie idee, anders sien jy die visiere glad nie in die nag nie. Verskeie vervaardigers maak visier stelle vir gewilde pistole. My keuse is tans 'n voorste visier met groen Tritium buis omring deur 'n helder oranje plastiek ring (vir die dag). Agter is dit net 2 Tritium kolletjies aan weerskante. Ek sou verkies om die agterste visier 'n vertikale Tritium streep te hê en kolletjie voor, wat dan 'n " i " prentjie gee.

'n Skiet vriend wat bietjie ouer as ek is het vir hom 'n skiet bril laat maak wat so werk: Regter lens fokus of voorste visier (amper leesbril) en linker lens fokus op lang afstand (teiken). As hy met al 2 oë oop skiet, sien die linker oog die teiken duidelik en die regter oog die visiere. Hy moet net die bril so 30 minute lank dra voor die skiet sodat sy oë en brein gewoond raak aan die prentjie.

As bg. nie meer wil werk nie, dan is die volgende stap 'n refleks-visier. Dis nou daardie raampie met die lens in en rooi ligkolletjie. (Mens kry ook groenes.) Die goed raak al hoe meer kompak en robuust. Die beteres kan jy op 'n pistool se glysruk (slide) monteer en hulle hou darem vir 'n paar duisend skote. Van die modelle skakel aan wanneer jy die wapen beweeg en af wanneer hy stil lê. Battery leeftyd is omtrent 2 jaar. Dis iets om aan gewoond te raak, maar die kolletjie waarmee jy mik is in fokus op die teiken. Jy hoef ook net die een kol op te lyn met die teiken, wat dinge baie eenvoudiger maak. As die visier lekker laag gemonteer is, kan jy die ou oop visiere steeds in die onderkant van die raampie sien, wat jou help om die kol vinniger op die teiken te kry en as rugsteun kan dien as die elektronika die dag sou faal. Iewers in die toekoms gaan alle pistole toegerus wees om so 'n refleks-visier te kan akkomodeer. Jy kan nou reeds modelle koop wat alreeds daarmee toegerus is. Hou hierdie spasie dop.

Hoop dit help jou in die regte rigting?
Ek sukkel met dieselfde probleem en wat Alwin hier se het ek op my een CZ pistool laat aanbring. (RMS Shield mini) en ek was verbaas oor die verskil wat dit gemaak het. Dis nou wel nie op my EDC wapen nie. Daar het ek verkies om my Glock 23 se bree wit visiere net so te hou juis weens die probleem. Dit maak dat ek met my dra bril die teiken mooi kan sien en dan pla die dowwe voorste visier nie so erg nie.

Re: Ouderdom en pistoolskiet

Posted: Thu Oct 26, 2023 8:40 pm
by Ferdi Bam
Wat vir my werk is om op die teiken te fokus en dan die handwapen te rig. My Browning HP werk nogal saam in die verband maar dit kos oefening, baie oefening. Ek hoop maar net dat ek nooit onnodig in n ongemaklike posissie geplaas sal word nie.

Groete.

Ferdi Bam.