Page 1 of 1
Induksie anneal masjien - Hoe belangrik is auto feed?
Posted: Fri Oct 27, 2023 1:01 pm
by LoopSoosStroop
Ek skat dis nie baie belangrik nie? Daar is heelwat van hulle op die mark wat mens met die hand voer, en selfs daardie masjiene is nie goedkoop nie.
Is daar nog 'n mark vir 'n intree vlak induksie masjien in SA, met of sonder auto feed? Kom ons se onder R10k met auto feed.
Re: Induksie anneal masjien - Hoe belangrik is auto feed?
Posted: Fri Oct 27, 2023 1:20 pm
by Capt. Yoda
Ek sal nie somer 300 doppe op n slag een vir een met die hand doen nie
Re: Induksie anneal masjien - Hoe belangrik is auto feed?
Posted: Fri Oct 27, 2023 8:32 pm
by Gawie(13mm)
Die skiet wêreld raak al hoe kleiner soos sosiale media ons lewens oorneem. Almal is op die snykant van nuwe tegnologie of altans wil ons ons self daarvan oortuig.
Soos met chronograwe, is die mark vir uitgloei masjiene beperk tot twee vertakkings in die skiet bedryf nl. die entoesiaste en diegene met meer geld as verstand.
Laasgenoemde sal altyd die duurste speelgoed aanskaf net om daarmee te kan spog.
Die kruit-snuiwer daar in teen dek van die finansieel gestremde tot die meer gegoede. Daar is dus 'n plek vir elke prys-klas uitgloeier.
Indien jy 'n induksie masjien met 'n self laai meganisme kan bemark, is daar verseker 'n mark. Jou bemarking onder jou teiken mark sal goed moet wees.
Die probleem is dat niemand vandag sommer iemand anders se produk sal bemark tensy daar nie 'n teen prestasie gelewer word nie.