Page 1 of 1
Musgrave Mod 80 sneller
Posted: Tue Oct 31, 2023 8:47 am
by Panfontein
Môre almal.
Op die Mod 80 sneller is drie stelskrowe.
Hoe maak mens om die sneller ligter te laat breek?
Watter skroef/skroewe stel jy?
En draai jy stywer of losser om sneller ligter te maak?
Groete
IMG-20231031-WA0000.jpg
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Re: Musgrave Mod 80 sneller
Posted: Tue Oct 31, 2023 10:19 am
by swc-tr
Die boonste skroef stel die sneller gewig, moet uitgedraai word vir ligter sneller druk.
Die onderste skroef stel die "sear engagement", dit het n groot effek op sneller druk, maar moet nie te fyn gestel word, anders word die sneller onveilig en haak nie elke slag nie.
Die middelste skroef beheer die "overtravel" van die sneller.
Hierdie tipe snellers is nie geskik vir sneller druk laer as 1kg nie, daarvoor benodig jy beter ontwerp snellers (3-lever snellers).
Re: Musgrave Mod 80 sneller
Posted: Tue Oct 31, 2023 10:23 am
by Panfontein
Dankie vir die hulp.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Re: Musgrave Mod 80 sneller
Posted: Tue Oct 31, 2023 1:40 pm
by Toxxyc
Watookal jy doen, wees asb veilig. Ek was al by 'n onveilig gestelde sneller wat ontydig afgegaan het en amper-amper die bestuurder van 'n bakkie raakgeskiet het.
Laat hom toets (met 'n trigger pull scale), doen stamptoetse en maak seker die ding breek nie as jy hom nie self aftrek nie.
Re: Musgrave Mod 80 sneller
Posted: Tue Oct 31, 2023 2:08 pm
by Panfontein
Dankie. Dis baie goeie raad.
Veiligheid defnitief altyd eerste.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk