Page 1 of 1

Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Tue Oct 31, 2023 5:01 pm
by Martiens Bekker
Manne, hoe lyk 'n motivering vir 'n nuwe loop lisensie? Dit sal 'n komponent lisensie wees vir 'n ongekamerde 'billet'. Ek doen altyd my eie vuurwapen motiverings maar hierdie is die eerste keer wat ek 'n loop aanskaf.

Enige raad of templates sal ek waardeer.

Dankie

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Tue Oct 31, 2023 6:21 pm
by Fanta300
Ek mag verkeerd wees maar my logika sê vir my jy sal eers die kamer moet sny na ‘n kaliber van jou keuse en dan ‘n gewone aansoek doen vir daai kaliber geweer. ‘n Ongekamerde billet is niks meer as ‘n pyp nie.
My 2c.

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Tue Oct 31, 2023 6:40 pm
by Martiens Bekker
Fanta300 wrote: Tue Oct 31, 2023 6:21 pm Ek mag verkeerd wees maar my logika sê vir my jy sal eers die kamer moet sny na ‘n kaliber van jou keuse en dan ‘n gewone aansoek doen vir daai kaliber geweer. ‘n Ongekamerde billet is niks meer as ‘n pyp nie.
My 2c.
Nee, nie korrek nie. Jy doen aansoek as main firearm component met SAP271 vorm. Dan mag jy die loop gaan haal by handelaar. Daarna kan jy aansoek doen vir loop vervanging na spesifieke kaliber. Dit is vir die geval waar jy die loop gekoop het maar nie dadelik wil gebruik nie.

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 9:11 am
by Martiens Bekker
Enige iemand met raad wat onlangs 'n loop gelisensieer het?

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 9:14 am
by Kallie Fernhout
Ek het so n jaar terug twee 30 cal lope gelisensieer. My 271 motivering was egter net twee sinne en dit is dat die huidige loop uitgeskiet is en dit n kompitiesie geweer is wat akuraat moet wees. Ek het beide lope gaan optel binne 60dae.

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 9:39 am
by musgrave270
Kallie

Dra jy dus nou twee lisensies saam die geweer? Die oorspronklike geweer lisensie en die nuwe loop se lisensie?

Groete
Ruan

Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 10:45 am
by Capt. Yoda
musgrave270 wrote: Wed Nov 01, 2023 9:39 am Kallie

Dra jy dus nou twee lisensies saam die geweer? Die oorspronklike geweer lisensie en die nuwe loop se lisensie?

Groete
Ruan

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Korek

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 11:29 am
by Kallie Fernhout
musgrave270 wrote: Wed Nov 01, 2023 9:39 am Kallie

Dra jy dus nou twee lisensies saam die geweer? Die oorspronklike geweer lisensie en die nuwe loop se lisensie?

Groete
Ruan

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
So op beide kaartjies staan net 30 Cal Billet. Volgens my DFO mag ek met die kaartjies die twee lope gaan optel en in my kluis stoor. Natuurlik wou ek sommer net die loop kamer en op die roer sit maar volgens my DFO almal het mos hul eie reels mag ek nie aangesien die loop ongekamer is en daar nie n kaliber op die kaartjie staan nie. Ek moes natuurlik deur die normale proses van loop vervaning gaan wat taamlik vinnig was.

Wat ek nie verstaan nie en hul my self ook nie kan verduidelik nie is dat die loop nou deur die regte proses op my geweer gesit is. Ek het nou al n nuwe kaartjie vir die roer waar die nuwe loop se nommer op die kaartjie aangetoon word maar die loop is nogteeds op die sisteem op my naam as n 30 cal Billet.

Die kort en die lank die mense daar verstaan nie hul eie prosese nie en elke ou maak sommer sy eie reels het ek al menigtemale gesien.

Re: Motivering vir nuwe loop lisensie

Posted: Wed Nov 01, 2023 12:33 pm
by Martiens Bekker
Kallie Fernhout wrote: Wed Nov 01, 2023 9:14 am Ek het so n jaar terug twee 30 cal lope gelisensieer. My 271 motivering was egter net twee sinne en dit is dat die huidige loop uitgeskiet is en dit n kompitiesie geweer is wat akuraat moet wees. Ek het beide lope gaan optel binne 60dae.

Dankie