Page 1 of 1
Atis 12 Gauge Semi
Posted: Wed Nov 01, 2023 1:08 pm
by 264 Win Mag
Ken iemand die haelgewere? Dis 'n semi auto met 28 duim loop en 8 skoot tube. Is dit die moeite werd om deur die proses vir een te gaan?
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Wed Nov 01, 2023 1:18 pm
by DeVilliers
Middag,
Ek geniet myne nogal.
Al wat ek wel kan sĂȘ as dat hy (myne anyway) nie oorhaal met enige iets onder 32gr ammunisie nie. So, die skouer kan swaar trek as jy nie mooi werk.
As jy hom vir n baie goeie prys kry, go for it. Of deel die details met my, asseblief

Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Wed Nov 01, 2023 8:57 pm
by Alwin
My ondervinding is beperk tot 3 van hierdie haelgewere wat my vriende besit het. Die ene het glad geloop en die eienaar het geweet hoe om hom te onderhou. Hulle werk 'n bietjie anders as die meer bekende tipes. Die ander 2 het eindelose pyne gehad en niemand kon hulle uitsorteer nie.
Toets maar of hierdie ene deur 'n pak patrone kan werk sonder om vas te haak.
Om die magasynbuis is daar 'n veer en 'n paar ringe. Die een ring is gesplete en het afskuinsings (taper) aan albei kante. Die hoeke van hierdie afskuinsings verskil. Mens draai glo hierdie ring om vir ligter (28g) of swaarder (35g) ladings. Toets maar met al 2 gewigte.
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Thu Nov 02, 2023 9:01 am
by DeVilliers
Alwyn, jy's reg ja. Die ring kan jy omdraai.
Ek het myne al alle kante to omgedraai en 32gr is die ligste wat ek kon kry om te cycle sonder probleme.
Solank ek myne skoon en geolie hou, het jy nie issues nie. Dis dalk luck of the draw.
Dis n goeie idee om hom te toets as jy mag/kan.
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Thu Nov 02, 2023 7:35 pm
by Glocked
Ek het ook al van baie meer van hulle gehoor wat sukkel as wat ek gehoor het van die wat werk soos hulle moet...
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Fri Nov 03, 2023 5:41 am
by Ds J
As dit n kopie is van die ou FN Browning Auto-5 sal jy baie inligting kry om hom reg te kry, veral op die VSA forums.
Toets hom eers ek kyk wat hy doen.
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Fri Nov 03, 2023 10:30 pm
by Alwin
Ds J wrote: Fri Nov 03, 2023 5:41 am
As dit n kopie is van die ou FN Browning Auto-5 sal jy baie inligting kry om hom reg te kry, veral op die VSA forums.
Toets hom eers ek kyk wat hy doen.
Op die oog af lyk die Atis baie soos 'n Browning A5. As jy die 2 langs mekaar gebruik, kom jy agter die meganismes verskil nogal.
Die Browning A5 is ook baie meer betroubaar.
Re: Atis 12 Gauge Semi
Posted: Fri Nov 03, 2023 10:40 pm
by Ds J
Dankie