Wilde varke[feral pigs]
Moderator: Global Moderator
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Baie dankie vir die belangstelling, maar ek sal die ding self kan doen. Ek is afgetree en kan dus elke dag jag! Wat kan 'n mens meer vra?
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Varlpopulasie het die afgelope maand of wat taamlik afgeneem! Laaste twee was twee groot bere. Ek het op 'n ou "spider" seilstoel teenaan die oewer fynbos gesit. My geweer het op die geweerstok gerus met die kolf teen my skouer. Ek het my ghillie pak aangehad. Die son was reeds onder en ek het 'n rukkie toe oe" gesit.. toe ek opkyk staan die swartbont vark sewe tree van my af ek kyk reguit na my! Die Eps was reeds aan my skouer en dit was net 'n kwessie van die kruis wat moes vassuig op Ta se voorkop!
Nou lyk dit my die werklike jag het begin..ek weet daar moet nog 'n paar varke wees, maar ek tel nerens 'n spoor op nie! En die boer het begin plant...
Nou lyk dit my die werklike jag het begin..ek weet daar moet nog 'n paar varke wees, maar ek tel nerens 'n spoor op nie! En die boer het begin plant...
-
- Hero Member
- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
- Location: Despatch Eastern cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Donderkop
Ek het dieselfde probleem gehad , te veel kos in omgewing , van pampoene , aartappels , mielies , wortels etc, en maak nie saak watse voer mengsel ek gemaak het hoe suur of hoe soet , tot die mengsels begrawe ook , net niks wou werk oor n 7 maande tydperk nie.
Kry toe n dooie bees by n pel en laai hom naby lande af , op dag 2 het hulle begin vreet , vir 15 dae lank ingekom , elke nag , maar met die maan het die tyd later geword en toe weer vroeer. Hulle het op n staduim sommer so van 1630 af kom vreet dis in die winter en hul ,laatste inkom was 1 uur die oggend.
EK het vir my n 6 volt lig met son krag en n day night switch opgesit en dit pla hulle glad nie, want lig is in meeste gevalle klaar aan as hulle inkom, net nie n te sterk lig nie. Het n hide gebou so 60 m windop, met die volgende dooie ding ( n paar vlakvark koppe en biinegoed ) het ek vier geskiet, toe bly hulle weg , daarna weer n dooie perd en net soe goed gewerk. So ek glo waar baie kos is sal vrot vleis eerder werk as n voermengsel. As jy nie met kameras kan bepaal hoe laat hulle inkom nie maak maar seker jy is vroeg in jou hide , so teen 4 uur / 5 uur op die laatste in die middag in jou hide.
Ek praat spesifiek van bosvarke , maar ek reken jou ferrel pigs sal dieselfde wees. Voorsped en ek hoop die raad werk, laat weet asb.
groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Ek het so na die dag uitgesien dat die varke nie meer 'n faktor sal wees nie! Nou sit ons met EEN groot vark wat die nuutgeplante mielierye kom omploeg! En hy/sy is groot! Die spoor lyk so groot soos 'n donkiespoor!
Vroegoggend[net na vier] opgestaan en in die ligter wordende oggendnag gaan kyk...niks gesien nie. Met daglig het ek sy vars spoor in die pad tussen die land en die rivierbos gekry. Toe weer gaan sit [dis volmaan] en tot halfnege gewag. Die wind het te koud geword en ek dalk nie meer lus vir die wagtery nie.
Nou sal ek maar plan C moet vat: hom gaan soek, want voerplek al nie nou help met die mielieland klaar geplant nie! Die dekselse oewerbos is net so dig en laag op hierdie tyd van die jaar....Sal maar gange/pad moet oopknip. As mens net sy bewegingspatroon kan kry.

- Gert Odendaal
- Hero Member
- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
- Location: Witbank
Re: Wilde varke[feral pigs]
Donkerkop, kyk of jy nie met `n "Trail" kamera wat by die jagwinkels verkoop word die vark op film kan kry nie...of leen een by jagters naby jou...op die manier kan jy die vark se gewoontes vaspen en skiet...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Was nog besig om die "Trail Kamera" te reel, toe die reen kom! Toe is die grond soos 'n "skoon bladsy"! Die varkspore maak eintlik 'n voetpaadjie langs die buitedraad om die mielielande..en dit reguit na 'n ou Witmoerbeiboom....vol moerbeie en ook gesaai op die grond. Dit het soos 'n skaapkraal onder die moerbeiboom gelyk en daardie middag sesuur sit ek onder die boom, geweer op mikstok in my ghillie suit. Halfsewe sien ek vir Ta vinnig tussen die struike dwarsvoor my so op twintig tree verbydraf Die vier manne wat hom daar moes uitsleep, het geweet wat 'n varkbeer kan weeg en spekvet daarby!
Vanoggend gaan kyk ek weer op gister se spore en kry 'n vars spoor op ons voetspore! Net voor dit vannaand te donker was, het die spierwit vark voor my voorsitplek verby gestap en na die skoot luidkeels die rivierbos ingestorm! More oggend hoop ek sal ons hom/haar kry Een van die vorige bere wat ek ook so laataand geskiet het, het dieselfde mannewales uitgehaal en ons het hom eers die volgende dag gekry, 'n hartskoot!

- DWB
- Hero Member
- Posts: 6836
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
- Location: Piet Retief, Mpumulanga
Re: Wilde varke[feral pigs]
Baie mooi! Laat weet as julle hom gekry het!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20825
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Wilde varke[feral pigs]
Lyk my jy begin nou die varke soos 'n boek lees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Vanoggend halfses terug plaas toe om die spoor van gisteraand te vat. Labrador saam want hy ruik beter as ek![dis nou met sy neus!] Afgedaal in digte, ek bedoel digte rivierbos en hier gekyk en daar geloer. Laag gebuk om onder en tussen die stamme te kan sien. Iets wit moes daar le". Lab[Janneman} tussen bosse en skielik wys sy lyftaal: hy het iets gesien! Groot spierwit sog, op die knoppe geskiet en nogtans oor die twee honderd tree die bos in! Sy le in 'n holte en kan duidelik sien dat dit haar boerplek was. Vyf werkers het gebars om haar daar uit te sleep...
Hopenlik is die een deel van die rivier nou skoon, geen spore om of tussen die mielietjies wat so 'n 3cm hoog staan nie. Darem maar pragtig as die rye so wegstap van jou... Net groen, groen..en nerens 'n varkspoor nie!

- Louis Kriel
- Hero Member
- Posts: 1952
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
- Location: Paarl, Wes-Kaap
Re: Wilde varke[feral pigs]
Jy moet stadig met die varke teen daai spoed gaan die plaas volgende jaar sonder varke sit! Dan moet jy nou weer iewers n "broeipaar" kry om los te laat!donderkop wrote: Vanoggend halfses terug plaas toe om die spoor van gisteraand te vat. Labrador saam want hy ruik beter as ek![dis nou met sy neus!] Afgedaal in digte, ek bedoel digte rivierbos en hier gekyk en daar geloer. Laag gebuk om onder en tussen die stamme te kan sien. Iets wit moes daar le". Lab[Janneman} tussen bosse en skielik wys sy lyftaal: hy het iets gesien! Groot spierwit sog, op die knoppe geskiet en nogtans oor die twee honderd tree die bos in! Sy le in 'n holte en kan duidelik sien dat dit haar boerplek was. Vyf werkers het gebars om haar daar uit te sleep...
Hopenlik is die een deel van die rivier nou skoon, geen spore om of tussen die mielietjies wat so 'n 3cm hoog staan nie. Darem maar pragtig as die rye so wegstap van jou... Net groen, groen..en nerens 'n varkspoor nie!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
"....plaas sonder varke sit...." Nie sommer nie! Reenbuitjie was weer my "trail kamera"! Vroegoggend kry ek weer 'n vars, vars spoor op dieselfde plek. DV laatmiddag weer gaan voorsit! Ry om die een land naaste aan rvier en sie jong likewaan. Stop om kennis te gaan maak en Labrador[hy's 'n dorpshond] wil sommer gaan groet! Moes hom vinnig keer. Jare gelede eendag in die veld met plaashonde[jakkalsjagters] en kry groot likewaan. Jong hond wil toe ook hom groet, maar boeta, toe daai sterpunt die hond so 'n vaalstreep oor sy bors gee, was al sy dapperheid na die maan! Hy het tjank-tjank die hasepad gekies en ons het hom eers weer by die plaashuis gekry!
Terug by die vark.. hoop maar hy kom voor donker. Het gister 'n lens pakkie vir die L7-Led Lenser gekry en gaan die groen lensie probeer as dit te donker word.
Terug by die vark.. hoop maar hy kom voor donker. Het gister 'n lens pakkie vir die L7-Led Lenser gekry en gaan die groen lensie probeer as dit te donker word.
-
- Hero Member
- Posts: 2417
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
- Location: Welgelegen
Re: Wilde varke[feral pigs]
Hoe sit jy jou Led Lenser vas op die geweer?
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
- Jakkalsgat
- Hero Member
- Posts: 2701
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
- Location: Bloemfontein
- Contact:
Re: Wilde varke[feral pigs]
[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... 020266.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... 020259.jpg[/img]
Led lensor se klamp vir fiets
[img width=560 height=420]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... 020259.jpg[/img]
Led lensor se klamp vir fiets
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
- Hero Member
- Posts: 2417
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
- Location: Welgelegen
Re: Wilde varke[feral pigs]
Dankie
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
-
- Full Member
- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Re: Wilde varke[feral pigs]
Ek hou baie van daai LED Lenser ligte idee. Dis eenvoudig en duursaam.
Dit is deffinitief my volgende aankoop.
Enige voorkeure op lig kleur? Ek het al gehoor mense se groen lig filtreerders is beste, ander se rooi lig.
Dit is deffinitief my volgende aankoop.
Enige voorkeure op lig kleur? Ek het al gehoor mense se groen lig filtreerders is beste, ander se rooi lig.
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
.308 Musgrave
.375 Ruger
- donderkop
- Newbie
- Posts: 33
- Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm
- Location: Aliwal North Eastern Cape
Re: Wilde varke[feral pigs]
Varkpopulasie was af na TWEE grootes wat net in die digste rivierbos gehou het . En ek het 'n bietjie op my louere begin rus..... tot gister laatmiddag toe ek weer die ou jag/kry plekke gaan besoek het! Ek het gesoek vir spore om 'n die varke se beweingspartoon te probeer kry[die mielies staan heuphoogte] EN toe sien ek dit: klein varkspoortjies saam met 'n jong sog[se spoor] wat nie voorheen hier geloop het nie.................................................
Op die oomblik gebruik ek die groen lens op die Led Lenser L7, maar ek het nog nie iets opgetel nie. Die kleur lyk baie soos die "night vision" en ek glo die varke sal dit nie optel nie.
As jy 'n andriod foon het, kan jy gerus op Google Play hul gratis programme: Predator Calls en Coyote Calling gaan aflaai. Die skreeugeluide is heel goed!