Page 1 of 1
Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 9:48 am
by win270
Goeiemore almal,
Hoop dit gaan voorspoedig met almal so laat in die jaar.
Klip in die bos, watter kompakte SUV voertuig sal julle aanbeveel as mens so tussen R400k en R500k moet (nie "kan" nie

) hoes? Ons kyk rond in die mark, KIA (Sonet en Sorentos), Hyundai, VW (T-Cross), Toyota (Corolla Cross), Suzuki (Grand Vitara) en vele ander voorbeelde in hierdie prysklas. Hybrid of gewone enjin? 1,500 cc met turbo of groter enjin sonder turbo? Petrol of diesel? Ry soms langer roetes en sleep dan 6" bagasiewaetjie en andersins maar in die stad rond.
Sal interessant wees om te sien wat julle redenasies is en watter voertuig julle sal kies en natuurlik, waarom.
Gesels gerus saam, ASB.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 9:52 am
by Supacow
Is dit kompakte syou v's of raised hatchbacks?
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 10:17 am
by Andre308
Ons het so 2 maande trug deur die selfde gegaan toe my Ma vir haar n ander motor moes aanskaf.
Sy het die eerste model Kia Sorento 7 seater gehad vir baie jare, en wou nie te klein gaan met haar volgende voertuig nie.
Ons het na baie van die voertuie gekyk op die lys wat jy noem.
Sy het toe besluit op die Toyota Corolla Cross. Van die ander voertuie bied meer ekstras en of meer krag, maar hier by ons is die Toyota handelaar om die draai van haar huis, die Toyota se extended waarborg opsies is baie goedkoop, hulle bied nag diens (waar jou voertuig saans afgegee word en more oggend is hy klaar gediens) en die voordeel van Toyota se goeie 2de handse prys het die besluit in daardie rigting gestuur.
Groete
Andre
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 10:37 am
by 30-06
Ek self moet nou n besluit neem. Kyk na cross en suzuki. Klink of cross se brandstof vebruik nie so goed is soos verwag. Hybrid werk ook blykbaar beter in stad. Het blykbaar stof probleem by agterdeure. Die suzuki se 1.5 sonder turbo klink maar lig. Hy het egter n baie goeie waarborg. Sal graag wil hoor wat die manne se ervaring is.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 10:49 am
by Apie
As jy nie nuut moet koop nie kyk na ‘n 2.4GD6 Fortuner
Redelik baie in die mark met plus minus 60000km op onder 500k
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Sun Nov 19, 2023 7:08 pm
by Ds J
Oorweeg n tweedehandse Volvo.
Dit is n puik voertuig met n relatiewe lae aankoopwaarde en hoogstaande kwaliteit.
Die groot geheim is om n voertuig met vol diensrekord van die agente te koop. En begroot nou al vir die 150 000km-diens, want dit is duur.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Mon Nov 20, 2023 7:42 am
by win270
Andre308 wrote: Sun Nov 19, 2023 10:17 am
Ons het so 2 maande trug deur die selfde gegaan toe my Ma vir haar n ander motor moes aanskaf.
Sy het die eerste model Kia Sorento 7 seater gehad vir baie jare, en wou nie te klein gaan met haar volgende voertuig nie.
Ons het na baie van die voertuie gekyk op die lys wat jy noem.
Sy het toe besluit op die Toyota Corolla Cross. Van die ander voertuie bied meer ekstras en of meer krag, maar hier by ons is die Toyota handelaar om die draai van haar huis, die Toyota se extended waarborg opsies is baie goedkoop, hulle bied nag diens (waar jou voertuig saans afgegee word en more oggend is hy klaar gediens) en die voordeel van Toyota se goeie 2de handse prys het die besluit in daardie rigting gestuur.
Groete
Andre
Corolla Cross lyk na goeie opsie, Andre. Stem saam dat 2de handse waarde gewoonlik goed is en betroubaarheid natuurlik van die beste op die mark. Hy is ook ruim binnekant en 440 liter kattebak, sitplekke dan nog nie afgeslaan nie.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Mon Nov 20, 2023 8:21 am
by Capt. Yoda
Daai Corolla Cross is n baie netjiese kar, goeie ground clearance en baie gemaklik binne.
Die T-Cross (self die 1L) is n baie gewilde motor en ry bitter lekker, die 1.5TSI is nogals parmatig vir so klein engine
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Mon Nov 20, 2023 10:05 am
by Gerhardu
Die nuwe Urban Cruiser is net so mooi. Ek hou nogal ook van die nuwe Suzuki Vitara.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Mon Nov 20, 2023 10:35 am
by junglejulian
My kids is nou 3 en 6 jaar.tans kom ons nog reg met my vrou se urban cruiser maar die 1.5l is bietjie min vir waentjie sleep.die bagasie ruim is maar beperk so vir vakansie moet ek die bakkie gebruik of waentjie sleep.maar vir elke dag se skool en dorpskar werk hy perfek.hy word binnekort vervang met die corrola cross.die inruil waarde van die toyota tel in sy guns.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Mon Nov 20, 2023 10:40 am
by junglejulian
As jy beplan om binne die diensplan te bly en elke 3-4jaar te ruil kan jy basies enige fabrikaat ry.as jy hom ry tot sy wiele afval bly by iets wat goeie werkswinkels en beskikbare parte naby aan jou beskikbaar het.ek sit met n mahindra werksbakkie wat nuwe engin nodig het maar duurder is as wat die bakkie werd is.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Thu Feb 15, 2024 8:14 am
by Gerhardu
Volg.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Thu Feb 15, 2024 9:22 am
by Gerhardu
Volg.
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Thu Feb 15, 2024 7:23 pm
by Lamtjop
Mazda CX5
Re: Kompakte SUV - watter een sal jy aanbeveel en waarom?
Posted: Fri Feb 16, 2024 2:17 pm
by Gerhardu
Volg.