Page 1 of 1
Ruger no1 teleskoop?
Posted: Mon Nov 27, 2023 8:13 pm
by Arnold
My Ruger no1 is vandag afgelaai en hierdie is 'n nuwe ondervinding vir my.
Dit lyk of n teleskoop met n langer eye relief beter sal werk.
Wys asb julle oplossings of rek julle maar julle nekke?
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 5:44 am
by Jassie
Veels Geluk Arnold, ek hoop jy geniet hom net so baie soos ek myne geniet.
Langer eye relief help so bietjie, maar koop jou ringe en monteer daai scope wat jy wil opsit dood normaal, jy sal verbaas wees wat jy sien.
Welkom by die klub!
(PS watse kaliber?)
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 11:57 am
by Carlc
Ek het een van daai 1-6×24 Black Moose teleskope wat Geno verkoop het op my No 1. Die korter leleskoop lyk sommer wintie op die no1 en hy werk baie lekker.
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 12:12 pm
by Capt. Yoda
Hoe ver wil jy met daai 243 skiet Arnold? Iets soos Leupold se Scout scopes is smart maar hulle vergroting is nie baie nie
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 2:21 pm
by tripodmvr
Ek het eers 'n 2-7x33 Lynx op my 30-06 gehad, maar deesdae 'n 4-16x50 Hawke. Vir 'n 243 sal ek 16-18x maksimum wil hê vir daardie verder skote op ongediertes. Ek vind dat die kolf van die No. 1 maar aan die kort kant is, so my oog sukkel nie met afstand na die oogstuk nie.
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 3:25 pm
by Arnold
Soos Capt noem is dit 'n 243 Win.
Ek beplan om 100gr PMP ProAmm koeëls in hom te skiet teen so 2950fps en wil eintlik die loop korter maak na 22" aangesien ek reeds 'n 26" 243 Win slotaksie geweer het.
Hierdie geweer is nie gekry vir vêr skiet nie en ek skat 200m sal seker vêr wees as ons met hom jag (ligte geweer vir die kleiner bokkies en saamry in die bakkie). Daarom ook dat die koeel se BC nie so belangrik is vir my nie en die teleskoop vergroting is ook nie 'n prioriteit nie.
Voorlopig het ek 'n Bushnell Elite 6500 2.5-16x42 met gewone duplex kruishaar gekry. Die scope het darem 'n 4" eye relief, is nie te swaar nie en het 'n lekker klein vergroting met goeie field of view. Ek hou baie van 'n SFP scope vir jag aangesien die kruishaar nie verdwyn op die laer vergrotings nie.
Nou met ek nog 30mm ringe kry wat lekker laag is. Hierdie is 'n eerste vir my en ek luister na julle voorstelle.
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 4:44 pm
by tripodmvr
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Tue Nov 28, 2023 6:26 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote: Tue Nov 28, 2023 3:25 pm
Soos Capt noem is dit 'n 243 Win.
Ek beplan om 100gr PMP ProAmm koeëls in hom te skiet teen so 2950fps en wil eintlik die loop korter maak na 22" aangesien ek reeds 'n 26" 243 Win slotaksie geweer het.
Hierdie geweer is nie gekry vir vêr skiet nie en ek skat 200m sal seker vêr wees as ons met hom jag (ligte geweer vir die kleiner bokkies en saamry in die bakkie). Daarom ook dat die koeel se BC nie so belangrik is vir my nie en die teleskoop vergroting is ook nie 'n prioriteit nie.
Voorlopig het ek 'n Bushnell Elite 6500 2.5-16x42 met gewone duplex kruishaar gekry. Die scope het darem 'n 4" eye relief, is nie te swaar nie en het 'n lekker klein vergroting met goeie field of view. Ek hou baie van 'n SFP scope vir jag aangesien die kruishaar nie verdwyn op die laer vergrotings nie.
Nou met ek nog 30mm ringe kry wat lekker laag is. Hierdie is 'n eerste vir my en ek luister na julle voorstelle.
Dink jy sal reg kom met daai scope
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Wed Nov 29, 2023 9:47 am
by Arnold
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Wed Nov 29, 2023 4:28 pm
by Cobus Wessels
Ek het ook nou net my Ruger no1 gekry. Ironies genoeg presies dieselfde teleskoop 2de hands gekoop. Wag nog vir hom. Dit voel met die huidige (tydelike) scope of ek my nek bietjie moet rek maar ek gaan liewers die maksimum eye relief gebruik...dit is 'n 300win wat ek met 220g punte wil skiet.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Wed Nov 29, 2023 6:29 pm
by Arnold
Cobus Wessels wrote:Ek het ook nou net my Ruger no1 gekry. Ironies genoeg presies dieselfde teleskoop 2de hands gekoop. Wag nog vir hom. Dit voel met die huidige (tydelike) scope of ek my nek bietjie moet rek maar ek gaan liewers die maksimum eye relief gebruik...dit is 'n 300win wat ek met 220g punte wil skiet.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Daai 300WM met 220gr koeëls gaan lekker trap
Interessant dat die geweer se ontwerp nie verander het nie soos bv. die safety wat keer dat doppe mooi uitgeskiet word.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Wed Nov 29, 2023 8:42 pm
by tripodmvr
Vriend van my het gekla oor 'n 180gr koeël uit my 30-06. Ek skiet liefs 150 greiners om minder terugslag te hê. Daardie 220 greiners in 'n 300WM gaan jou plaakprobleme oplos.
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Thu Nov 30, 2023 8:48 am
by Cobus Wessels
Ek hoop my plaak probleem bly weg totdat daai biltong droog is.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Thu Nov 30, 2023 8:50 am
by Cobus Wessels
Ek moes eintlik gesê het: gelukkig is daar net een skoot!
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Thu Nov 30, 2023 9:04 am
by Ockert1992
Arnold wrote: Wed Nov 29, 2023 6:29 pm
Cobus Wessels wrote:Ek het ook nou net my Ruger no1 gekry. Ironies genoeg presies dieselfde teleskoop 2de hands gekoop. Wag nog vir hom. Dit voel met die huidige (tydelike) scope of ek my nek bietjie moet rek maar ek gaan liewers die maksimum eye relief gebruik...dit is 'n 300win wat ek met 220g punte wil skiet.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Daai 300WM met 220gr koeëls gaan lekker trap
Interessant dat die geweer se ontwerp nie verander het nie soos bv. die safety wat keer dat doppe mooi uitgeskiet word.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Arnold, ek stem nogal met jou saam oor die safety wat keer dat hy die dop mooi uitgooi.
Ek het 'n 416 Rigby met 'n AIM Point H1 op. Het dit oorweeg om 'n Leupold VX1 2-7x33 op te sit, maar het laas naweek net weer gesien die Leupold se staal eyepiece gaan steke tot gevolg hê.
Ek het vir my 'n kort picatinny mount laat maak vir die AIMPOINT, maar wil nog iewers iets beter laat maak. hy is tans vir my ook so 5mm te hoog.
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Sun Dec 10, 2023 10:46 am
by Arnold
Ek het gister die Leupold M8-4x Compact van Werner ontvang. Terwyl ek gewag het het ek bietjie navorsing gedoen oor die teleskoop en was stillletjies opgewonde dat hy hopelik n lang eye relief het.
Ek meet toe die eye relief en dit kom uit op 4.5". Al is dit net 4x vergroting is dit genoeg vir wat ek wil doen vir jag tot so 200m. So nou is die soeke vir n ekstra lae stel 1" ringe vir die Ruger no.1 aan die gang.
Hopelik kan ek hierdie plaaslik opspoor
https://www.leupold.com/rm-ruger-1-77-22-1-in-low-matte
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Ruger no1 teleskoop?
Posted: Thu Jan 11, 2024 3:47 pm
by Arnold
Ek wag nog vir die lae Leupold ringe maar hier is hy. Het die loop op 22" laat afsny en ek hou daarvan.
Het ook die EGW mount bestel en dit lyk na n lekker oplossing om die teleskoop verder na agter te monteer.