Page 1 of 1
Musgrave Enkel Skoot slot uitmekaar haal
Posted: Sun Dec 03, 2023 2:05 am
by Blairadam
Het n Musgrave Enkel skoot 308 teiken geweer gekoop. Ek dink dit was n vertoon geweer vir Border Barrels (toe gemaak n paar jaar gelede) hier in the VK. Die aksie se nommer is BOR-BAR 03 en dit het een van hulle button rifling 30 inch Archer lope op. So ek dink dit is n aksie wat hulle ingevoer het.
Ek wil die slot uitmekaar haal maar kan nie die knip oplig na 90 grade as ek die slot togemaak het nie.
Wat doen ek verkeerd?
Re: Musgrave Enkel Skoot slot uitmekaar haal
Posted: Sun Dec 03, 2023 8:04 pm
by Fanta300
IMG_5645.jpeg
Dit lyk soos RSA aksie. Druk daai pennetjie in sodat slot hefboom verby beweeg.
Stuur vir my WA dan stuur ek vir jou ‘n video
0828729agtagt5
Re: Musgrave Enkel Skoot slot uitmekaar haal
Posted: Sun Dec 03, 2023 8:37 pm
by Blairadam
Dankie @Fanta300 en @thys308, ja lyk my die slot werk bietjie anders as my P14 Mauser aksie en al die ander Mauser aksies se videos wat ek op YT gekyk het. Dit is daai pennetjie soos jy aangedui het. Het dit nou uitmekaar. Die slagpen is nog vas want as ek reg verstaan is dit die skroefie onder op die blink blok wat dit vas hou. Daai lyk nou soos een van daai skroefies wat jou gaan laat in tale praat en baie geld gaan kos so gaan dit maar los. Aksie lyk baie skoon, net baie olie van die stoor en bietjie superficial roes buite.
@Fanta300, sal jou seker meksien pla met n WA as ek by aan mekaar sit kom, net om seker te maak, ek is maar bang vir aan jaag en breek.
Re: Musgrave Enkel Skoot slot uitmekaar haal
Posted: Sun Dec 03, 2023 9:32 pm
by Fanta300
Enige tyd.