Page 1 of 1

Toets vinnig my nuwe Garmin Xero c1 pro

Posted: Sat Dec 09, 2023 5:21 pm
by Bennie Bester
Middag almal,
Vanmiddag ontvang ek my nuwe Garmin Xero c1 pro chronograaf en besluit daar en dan ek kan nie nog tot volgende week wag nie.
Skraap gou die 22 LR en my 270WSM, die Labradar en nog n paar goedjies bymekaar.
By die skietbaan gekom stel ek gou die Labradar en die 270 WSM op soos normaal. Toe haal ek die klein dingetjie uit sy boks en is verras hoe klein hy is. Draai sy driepootjie en sit hom op die voorgeskrewe mate neer en doen die nodige instellings.
Ek skiet toe vinnig 3 x skote en die resultaat is as volg.
Garmin Labradar
270 WSM
2946 2941
2951 2951
2955 2954

22LR
1098
1108
1121
1134
1169
1108
1124
1101
Eley Match
Wat n plesier. Baie eenvoudig, maklik om op te stel. Glad nie vol nonsens nie.
Sal nou maar my Labradar vir n bord gebruik.
Groetnis
Bennie Bester
Enige navrae kontak my op 07een285nege077

Re: Toets vinnig my nuwe Garmin Xero c1 pro

Posted: Sat Dec 09, 2023 6:42 pm
by Rigby
Die groot vraag…
Waar het jy een in die hande gekry?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Toets vinnig my nuwe Garmin Xero c1 pro

Posted: Sat Dec 09, 2023 8:31 pm
by Bennie Bester
Ongelukkig net in Amerika, maar daar is 6 tot 8 weke back order.

Re: Toets vinnig my nuwe Garmin Xero c1 pro

Posted: Sun Dec 10, 2023 6:01 am
by Rigby
Dankie Bennie
Ek het net begin opgewonde raak!
Geniet die nuwe speelding - ons gaan duidelik nig n rukkie moet wag


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Toets vinnig my nuwe Garmin Xero c1 pro

Posted: Sun Dec 10, 2023 9:15 am
by JohanvB
Het gister ‘n man by Atlantis skietbaan raak geloop met een…

Daai dêng is NEXT LEVEL!!