Page 1 of 1
Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Wed Jan 03, 2024 5:58 pm
by Giepie
Ek het Hornady ECX 165gr koeëls vir my 30-06 gekry en dit werk vir my baie lekker, ongelukkig nog nie 'n koeël herwin nie.
https://www.hornady.com/bullets/rifle/3 ... -gr-ecx#!/ Ek het in QL en GRT Hornady se GMX 165gr koeël data gebruik omdat dit nie andersins beskikbaar is nie. Die werklike data vir die ECX is baie anders as die GMX data, die nuwe CX data sal nader aan die GMX data wees omdat daar min verandering is. Die ECX se polymer tip is afgeplat teenoor die GMX en CX se skerp punte. Wat is die inligting wat mens nodig het om nuwe koeëls in te voeg? Dieselfde geld ook vir GRT. Ek kom agter die 2 programme verskil dikwels baie van mekaar.
Agtergekom 'n nuwe data leer vir QL is beskikbaar, maar teen R740.

Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Wed Jan 03, 2024 6:35 pm
by Cobus Wessels
Ek kan ongelukkig nie jou vraag antwoord nie maar wil net saamstem dat daai ECX punte regtig lekker skiet uit my gewere. Korter en monolitiese koeëls. Goed uit stadiger draai lope vir lekker Bosveld werk. Ek het ook nog nie herwin nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Wed Jan 03, 2024 9:53 pm
by tripodmvr
Die onbekende is gewoonlik die BC van die koeël. Die res kan mens meet en so een skep op QL.
Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Sat Jan 06, 2024 9:36 am
by Stef1274
tripodmvr wrote: Wed Jan 03, 2024 9:53 pm
Die onbekende is gewoonlik die BC van die koeël. Die res kan mens meet en so een skep op QL.
Selfde in GRT. Of jy kies die naaste een aan wat jy het, pas party van die waardes aan. Haal een uit die pakkie en kry die vernier.
Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Sun Jan 07, 2024 5:28 pm
by Giepie
Dankie. Dit is wat ek sover gedoen het. Iets wat die naaste is gebruik en dan net aangepas. Hoekom ek gevra het is omdat ek baie groter aanpassings met die kruit se brandspoed moes doen. Ek het ook net gewonder oor die vorm van die koeël, soos verwys na die Hornady ECX, waar ek die GMX se data aangepas het.
Re: Nuwe koeëls vir Quickload en GRT
Posted: Mon Jan 29, 2024 9:34 am
by Monster
Hi Almal, my rekenaar het omgeval en ek het al my bullet files, kruit en nuwe kaliber files verloor. Kan iemand my asb help?