Page 1 of 1

Penn 500 katrol

Posted: Sat Jan 06, 2024 8:05 pm
by Ferdi Bam
Naand Almal,

n Tyd gelede het my Penn 500 wat en in 1977 by my pa gekry het geval en so gebreek. Dis vir my erg en wil hom graag weer reg hê.

Weet iemand dalk waar ek parte kan of as daar n kundige wat goed is sal ek selfs oorweeg dat hy hom vir my regmaak. Die plaaslike hengelaars weet nie van iemand nie en beveel aan dat ek aan beweeg na die moderne wêreld maar dis moeilik.

By voorbaat dankie en groete.

Ferdi Bam

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sat Jan 06, 2024 8:11 pm
by Arnold
Hi Ferdi, ek het self een by my Pa geerf. Eindelose gooie op die strand gemaak om nie n kraaines te gooi nie :)


My raad sou wees om by die pantjie winkels te kyk vir n soortgelyke een en die gebreekte parte so te vervang. Daai Pen katrolle is verbasend goedkoop as hy so in die glaskas lê en ek het al een vir myself gekoop toe my Pa nog gelewe het.



Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Penn 500 katrol

Posted: Sat Jan 06, 2024 8:14 pm
by Ferdi Bam
Arnold, dankie ek sal kyk, ek bly ergter ver vd beskawing af.

Ja ek het ook leer gooi met myne en dit was nogal bevredigend toe ek dit uiteindelik kon doe en het breed geglimlag daaroor.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sat Jan 06, 2024 8:24 pm
by LUAN
Wat van hom het gebreek? Sal kyk of myne nog hier le. Dit was ook my heel eerste multiplier katrol waarmee ek begin vis het. Wil ook nooit weer een he al is dit verniet :) As jy eers n daiwa of shimano besit kyk jy nie weer na n penn :)
Ek sien nog gereeld penn tweedehands te koop online of in die cash converter tipe winkels

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sat Jan 06, 2024 9:03 pm
by Ferdi Bam
Luan,

Die bakeliet aan die kante. Al hoe ek kan verduidelik want ek kry nie die foto gelaai nie

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 11:50 am
by ruaanb
Kontak Penn direk in Amerika en verduidelik die sentiment agter dit. Net dalk kry jy n gratis pakkie in die pos.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 2:29 pm
by Lategan1
As jy nie regkom nie, oorweeg “3D printing”.
Neef van my het sy classic so herstel.

Ouer katrolle lê by die hope rond in onbruik, veral by die vakansiehuise. Dalk facebook navraag probeer.

Beste.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 5:07 pm
by tripodmvr
20240106_193328 Small.jpg

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 5:08 pm
by tripodmvr
20240107_161341 Small.jpg

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 5:09 pm
by tripodmvr
20240107_161350 Small.jpg

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 6:24 pm
by LUAN
Eish die spoel en buite cover moet vervang word en die frame het gebuig. Myne is ongelukkig n swart model. Eks seker ek sal een raakloop in een van die baie 2nd hand shops hier rond. Sal uitkyk

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 7:36 pm
by Ferdi Bam
Dankie LUAN

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 7:42 pm
by Heinz Petersen
Ferdi Bam wrote: Sat Jan 06, 2024 8:05 pm Naand Almal,

n Tyd gelede het my Penn 500 wat en in 1977 by my pa gekry het geval en so gebreek. Dis vir my erg en wil hom graag weer reg hê.

Weet iemand dalk waar ek parte kan of as daar n kundige wat goed is sal ek selfs oorweeg dat hy hom vir my regmaak. Die plaaslike hengelaars weet nie van iemand nie en beveel aan dat ek aan beweeg na die moderne wêreld maar dis moeilik.

By voorbaat dankie en groete.

Ferdi Bam
Ek het vir jou een. Betaal die posgeld en hy is joune. Kontak my op 0825567274

Re: Penn 500 katrol

Posted: Sun Jan 07, 2024 10:00 pm
by Ferdi Bam
Naand Heinz,

Dankie ek bel jou môre.

Groete.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Mon Jan 08, 2024 10:14 am
by Lourens Potgieter
Een week se shad hengel met 'n 500 op Richardsbaai het my 25 jaar terug genees van soutwater hengel.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Tue Jan 09, 2024 9:00 pm
by Ferdi Bam
Lourens,

Ek lag nou lekker. Ek dink daar is baie ander voornemende hengelaars of Penn ondersteuners wat daardie roete gestap het. Die n maklike brug om oor te steek nie.

Toe ek leer gooi het met myne en die kraaineste my begin wen en my linker duim se vel wit gebrand is het ek geweet hier lê n berg voor my en uitklim gaan nie maklik wees nie. Elje middag na rugby en ander spirt op ons skool se rugbyveld geoefen.

My pa was nie n hengelaar nie en het net volhard en gesê dat as ek wil begin visvang is dit my voorland om te leer gooi met hom. Daar was nie geld vir n ander een nie. Hy het die katrol by sy broer gekry maar die arme oom was gedaan, gee toe die Penn vir my pa met n 14 voet seestok. En uiteindelik kry ek hom. Dit het lank gevat om te leer gooi maar uiteindelik was ek suksesvol. Nooit in die see gevang met hom nie maar by Bloemhofdam en die Vaalrivier het hy sy kant gebring. Goeie tye gewees.

Groete.

Re: Penn 500 katrol

Posted: Wed Jan 10, 2024 11:01 pm
by ruaanb
Daai Penn 500 het alte lekker gegooi as jy sy grille verstaan het.