Page 1 of 1

Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sat Feb 18, 2012 6:43 pm
by tripodmvr
Het verlede naweek baljaar onder die kransduiwe in die Welkom omgewing en sowat 750 skote geskiet. Nou eers kans gekry om bietjie skoonmaak in te kry. Die sonneblom reste ens kon ek uit die aksie haal, maar wat my verbaas is die hoeveelheid gemors wat nog uit 'n blink loop kom. het nou al enigiets van spookpis tot Kal-gard gebruik en nou Forrest skuim ingespuit. Die swart roet wil net nie ophou nie. Die "chokes" het maklik met olie skoongemaak.

Wat werk vir julle manne?

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sat Feb 18, 2012 6:53 pm
by blaser
Ek gebruik carb clean en daardie spesiale spiraal borsel wat vir n haelgeweer gemaak is
As jy chokes het wat uitdraai maak die ultrasonic hulle mooi skoon

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sat Feb 18, 2012 7:23 pm
by tripodmvr
Dankie, Remington. Het al weer by my uitgewaai oor die sonic cleaner. Sal hulle nou gaan pakslae gee.

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 7:42 am
by DWB
Dis nou bietjie off the topic....
Maar oom se skouer was seker lekker seer na die naweek ;D

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:05 am
by Zack Benade
Hi

Ek was ook 'n man wat nie aan haalgeweer skoonmaak geglo het nie.  Ek het altyd net hom mooi afgevee en 'n bietjie ge olie.

Eendag tydens 'n eend skiet wou my Aya nie meer sy doppe uitskiet nie.  Ek het amper nie meer hare oorgehad na die skiet nie.  Tot my verbasing sien ek hoe my loop na al die jare aangepak het.  Hy het skoon gelyk maar was nog steeds regtig vuil.  Dieselfde het met my pa se Marucci Trap gebeur.

Druk julle ore toe.  :police: :police: :police:
Ek het hoppies met fyn water skuurpaier gevat en my kamer gedeelte liggie gevryf totdat die weer skoon is.  Ek kon nie glo goeveel die loop aangepak het met die jare se skiet nie.  Die aya het amper weer die doppe verder as die lood geskiet.

Nou kan julle weer luister ;D ;D

Groete
Zack 

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:08 am
by tripodmvr
My postings word geblok. Ek toets nou net of die' deurgaan.

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:12 am
by tripodmvr
DWB wrote: Dis nou bietjie off the topic....
Maar oom se skouer was seker lekker seer na die naweek ;D
Skouer was nie so seer soos verlede jaar toe ek slegs 500 skote geskiet het nie - ek het deur my vel gebloei. Die geweer die keer beter monteer en slegs geringe kneusing kon voel. Het egter waterblaas op my snellervinger gekry.

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:24 am
by Cobus(Cobb)
...... Het egter waterblaas op my snellervinger gekry.


Jo,Jo mater....dan het jy mos lekker baljaar....s? gou vir pappa hoeveel duiwe het afgekom na die 750 skote?? en wanneer nooi jy my oor vir daai pastei?? ;)

Cheers

Re: Haelgeweer skoonmaak

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:31 am
by tripodmvr
Cobb wrote: ...... Het egter waterblaas op my snellervinger gekry.


Jo,Jo mater....dan het jy mos lekker baljaar....s? gou vir pappa hoeveel duiwe het afgekom na die 750 skote?? en wanneer nooi jy my oor vir daai pastei?? ;)

Cheers
Hierdie is 'n skiet by 'n jagondernemer en ek het niks teruggebring nie. Sal liewers nie praat oor hoeveel het geval nie. Kan darem dink dat dit meer as 100 was. Ek staan soos 'n kampioen, maar skiet soos 'n pampeon. Die wind het ook daardie manne teen 140+ kmh laat inkom.