Page 1 of 1

Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Tue Jan 30, 2024 10:02 am
by Original Harry
Het enigiemand al die 120gr Peregrine Glider met die 6.5 Creedmoor geskiet???

Ek sal 'n veilige begin en maksimum lading waardeer! Dankie!!

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Tue Jan 30, 2024 4:35 pm
by Glocked
Jy kan gerus met JD by Peregrine self praat ook vir data, hy help altyd vinnig.

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Thu Feb 01, 2024 12:29 pm
by Original Harry
Tx Glocked! JD se voorstel was:

39-40gr as 'n begin lading en hy het nie gespesifiseer of dit IMR 4831 of 4350 is nie! (altwee lyk reg as begin lading op QL) Iemand dalk check??
24" loop lengte
71.25mm TPL
.264 Peregrine Glider 120gr

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Thu Feb 01, 2024 4:24 pm
by tripodmvr
QL weet te vertelle dat Rel 16 en S365 kop aan kop bo is as ladings tot 105% vul gebruik word. Die hoogste node behoort op laer waardes te wees. Die twee IMR dryfmiddels is laer af spoedgewys, maar behoort goed te werk. Daardie ladings van 39-40gr lyk heel veilig. 4831 het goeie dopvulling en spoed.

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Fri Feb 02, 2024 11:04 am
by Original Harry
Dankie tripodmvr :)

Nou net wag dat Peregrine die punte stuur!!! ;)
Sal nogal hier vertel as daar iets mooi uit dop met 4831 :)

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Fri Feb 09, 2024 10:03 am
by Original Harry
@ tripodmvr....jou superior kennis asseblief :)

Sal dit die moeite werd wees om die 6.5CM met die 120gr Peregrine Gliders te toets met Hodgdon H4831SC poeier????

H4831SC is nog stadiger as IMR4831 en ek vermoed ek gaan vol dop hê lank voor ek by 'n werkbare lading uitkom???

Wat sê die slim manne????

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Fri Feb 09, 2024 6:26 pm
by Dale SH
Your statement is correct.
H4831SC is too slow burning for a 120 grain bullet out of a 6.5 Creed.
Your case will be too full, you will have low percentage burn rate/ lots of unburnt powder and you will be making yourself a flamethrower
Vihtavouri N550 or Reloder 17 is your first prize.

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Fri Feb 09, 2024 8:25 pm
by tripodmvr
Dale is reg. met bykans 100% dopvul gaan jy maar by 2700vps uitkom.

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Mon Feb 12, 2024 9:28 am
by Original Harry
Dankie manne...ek waardeer :) :)

Het 4 lading met IMR4350 gelaai maar wag nou vir wind en temperature om onder beheer te kom :D
(Ek verstaan V-550 maar hier waar ek sit moet 'n man maar gebruik wat jy het......of kan kry.....op hierdie stadium is 4350 die "go-to" kruit) ;D

Re: Peregrine Glider met 6.5 CM???

Posted: Tue Feb 20, 2024 10:03 am
by Original Harry
Nognie die ladings geskiet nie maar die volgende ::)

Met die herlaai van die Peregrine punte die volgende opgemerk! 'n Merkie of noem dit dan effens skade aan die punt veroorsaak deur die "seating plug" :): Gevind na ondersoek die splinternuwe Redding Delux 3 Die set vir 6.5CM het gekom met "seater plug" Nommer 20 (geskik vir .30 kaliber) en nie met Nommer 7 soos dit moet nie! :D (Het vergelyk met nog 'n stel wat ek het)

Het iemand dit al ondervind of was dit maar 'n klein fabrieksfoutjie? ;) ;)