Page 1 of 1
.243 ammo keuse
Posted: Wed Jan 31, 2024 7:48 am
by Friedland
More almal.
Ek het gister vir my n Howa .243 22" dunloop aangeskaf. Aangesien ek nou moet wag vir die lisensie, moet ek besig bly. So watter rak ammo skiet jy uit joune wat lekker groepeer? Op die oomblik herlaai ek nie self nie.
Groete
Re: .243 ammo keuse
Posted: Wed Jan 31, 2024 8:00 am
by tripodmvr
S&B, Federal, Winchester, Fiocchi, Remington is wat moontlik op die rakke kan wees. Kyk na prys en waarvoor jy dit wil gebruik. Vir jag is 90-100gr koeƫls gewoonlik die beste - laer spoed en beter penetrasie. In koper is 80-85gr geskik vir jag.
Fedral het sover my verras in my 30-06. Jy sal moet koop en skiet en kyk waarvan jou geweer hou.
Re: .243 ammo keuse
Posted: Wed Jan 31, 2024 10:38 am
by toxicsox
Die S&B 100g is bitter konstant in my .243
Re: .243 ammo keuse
Posted: Wed Jan 31, 2024 8:27 pm
by Sako75
Ek jou van Winchester se 95gr Ballistic Silver tip.
Re: .243 ammo keuse
Posted: Thu Feb 01, 2024 8:07 am
by Capt. Yoda
Dit gaan baie goedkoper wees om pelle te maak met iemand met n Press en n 243 DIE stel