Page 1 of 1
Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 9:03 am
by SmitH
More manne. Jammer moet die vraag vra op Sondag , moet antwoord weet voor more. My skoonseun is in die proses om n V8 Cruiser te koop maar is bietjie bekommerd , want toe ek gister die voertuig gaan toetsbetuur het , het die bakkie vir n oomlik krag verloor toe ek hom oorsit na 3de rat maar toe weer op getel . Bedoelende toe ek oorsit na 3de en versnel het refs opgetel , maar skielik het refs terug gesak en toe weer op getel as dit sin maak. Sal n video probeer op sit . Kry nie video gelaai nie
Groete SmitH
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 10:07 am
by Martiens Bekker
"Fuel starvation"? Ek sal heel eerste net die diesel filter vervang en kyk of dit die probleem op los.
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 10:39 am
by SmitH
As dit die geval is hoekom dit hy dit nie in die ander ratte nie.As iemand net vir die video kan op sit sal dit grate wees
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 10:45 am
by Jaco v Zyl
Is hy gechip of gemap?
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 11:45 am
by SmitH
Hulle se hy is nie gemap nie
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Sun Feb 04, 2024 2:58 pm
by Klein Karoo
Halt die transaksie tot dit uitgesorteer is deur die verkoper
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Mon Feb 05, 2024 8:50 am
by Dawie Malan
Die V8 79 het al baie ouens probleme gegee. Dit is ook nie 'n plug and play kar nie. Hy ry nie lekker van die handelaarsvloer af nie. Die oplossing is om 'n 2de en 5de rat verandering te doen, die voertuig anders te laat "map" en ook 'n beter koppelaar te laat insit.
Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Mon Feb 05, 2024 10:18 am
by Rawstorne
Ek het ook vir etlike jare 'n bakkie gehad wat se 2de, 4de en 5de ratte gepla het.
Ek het na 160 000 km en baie aandag aan die ratkas op gegee en die bakkie verkoop.
Die probleem?
4de het soos Patricia Lewis gesing.
5de was Leanie May en het nogal geklink soos "soen my nie meer nie"
Maar, 2de rat het my onder gekry. Kurt Darren...
Ek moet sĂȘ, in 2de het die wild hulle ore gespits en verbaas na die bakkie getuur.
Vir die rekord, dit was nie 'n Land Cruiser nie.


Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Wed Feb 07, 2024 9:32 am
by ruaanb
Ek stuur jou n nr dan bel jy die ou. Hy Sal jou mooi verduidelik wat die probleem is daar.
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Thu Feb 15, 2024 8:10 am
by Gerhardu
Volg.
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Thu Feb 15, 2024 9:23 am
by Gerhardu
Volg.
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Thu Feb 15, 2024 9:57 am
by SmitH
Dankie vir almal se insette het toe maar besluit om hom nie te koop nie
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Fri Feb 16, 2024 2:18 pm
by Gerhardu
Volg.
Re: Toyota Land Cruiser 79 V8 vraag
Posted: Fri Feb 16, 2024 5:53 pm
by Capt. Yoda
Gerhardu wrote: Fri Feb 16, 2024 2:18 pmVolg.
Tjomma is jy orite of moet ek iemand bel?