Page 1 of 1
Moonbag vir handwapen
Posted: Sun Feb 04, 2024 8:44 pm
by JohanvB
Ek soek ‘n tipe moonbag waarin ek my handwapen en wallet ens kan sit as ek winkels toe gaan…
Wat beveel julle aan?
Dankie
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 6:59 am
by jdpretorius
Ek't een wat ek soms gebruik en sommer oor my skouer gooi. Dit is te maklik vir iemand om hom by jou af te vat as jy nie die heeltyd paraat is nie. Sy webbing strap sny n ou ook te maklik met n serrated blade....so ek dra myne so voor op my bors in die sakkie, met my een hand op die sakkie.
Ns. my sakkie is huidiglik van n canvas tipe materiaal.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 7:57 am
by JohanvB
Dankie
Waar het jy gekoop?
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 8:12 am
by Geno
My keuse, indien ek so iets sou wou koop, is die een:
https://www.youtube.com/watch?v=RoMaY8m3Igs
Hailstorm is 5.11 agente en behoort dit aan te hou.
Of selfs die Southwest Gunslinger.
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... ost1510349
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 10:31 am
by jdpretorius
JohanvB wrote:Dankie
Waar het jy gekoop?
Ek dink myne is amper 30 jaar oud

.....so glo nie ek kan die tag eers meer lees nie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 11:23 am
by Ratel
Ek het een van daai single shoulder sling bags en dra die sak oor my linker skouer sodat ek wapen met gemaak regshandig voor my bors kan trek. Wat nice is is dat twee spaar magasyne gemaklik saam dra. Kyk na die Crossover bag by Blades and Outdoor.
https://blades-and-outdoor.co.za/produc ... gJFDPD_BwE
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 12:39 pm
by Capt. Yoda
Ratel wrote: Mon Feb 05, 2024 11:23 am
Ek het een van daai single shoulder sling bags en dra die sak oor my linker skouer sodat ek wapen met gemaak regshandig voor my bors kan trek. Wat nice is is dat twee spaar magasyne gemaklik saam dra. Kyk na die Crossover bag by Blades and Outdoor.
https://blades-and-outdoor.co.za/produc ... gJFDPD_BwE
EK het die naweek die gesien
https://www.takealot.com/tactical-sling ... ID72051723
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 12:54 pm
by Wouter Roets
Identifiseer julle darem nog as mans?
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 12:56 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Mon Feb 05, 2024 12:54 pm
Identifiseer julle darem nog as mans?
Hy, ek het dit per toeval gesien

Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 1:14 pm
by JohanvB
Wouter Roets wrote: Mon Feb 05, 2024 12:54 pm
Identifiseer julle darem nog as mans?
Jong met die Vaseline potte in die omte, wonder ek self!!
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 1:22 pm
by Louis Kriel
Wouter Roets wrote: Mon Feb 05, 2024 12:54 pm
Identifiseer julle darem nog as mans?
Lol comment van die jaar!
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 2:57 pm
by Ratel
LOL. Daai moonbags noem ons hier sommer fannybags.

Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 10:00 pm
by Arnold
Ek sien dit is mode om die moonbags voor op die bors te dra .... crassbody bag
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Moonbag vir handwapen
Posted: Mon Feb 05, 2024 10:30 pm
by Rawstorne
Wouter Roets wrote:Identifiseer julle darem nog as mans?
Lekker lag ek nou.
Jare terug in die tagtigerjare het my ma 'n swart sakkie met twee biddende hande op oral saam gedra.
Die soort waarin jy 'n Bybel of Psalms en Gesange boek sou dra.
Vrou alleen en soms met drie kinders in die kar het sy oral in Verre Noord-Transvaal gereis en die sak gewoonlik in die kar se deur en voor haar op 'n tafel geplaas wanneer sy opleiding gegee het of iewers in 'n vergadering was.
So vra iemand eendag: "Mevrou, wanneer lees Mevrou uit die Bybel uit vir ons?"
Sy antwoord toe: "Wanneer ek die sak oopmaak, word daar hard en duidelik gepraat."
Haar .38 Special was altyd in die sak.
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Tue Feb 06, 2024 3:28 am
by Capt. Yoda
Arnold wrote: Mon Feb 05, 2024 10:00 pm
Ek sien dit is mode om die moonbags voor op die bors te dra .... crassbody bag
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek sal geld daar op sit laat die knaap nie n SD pistool da binne het nie
Re: Moonbag vir handwapen
Posted: Tue Feb 06, 2024 8:58 am
by Ratel
Op 'n ernstiger noot en terug na die OP. As dit nie nodig is nie probeer maar om te verhoed om 'n wapen in so 'n sak te dra. Dis gewoonlik die eerste ding wat geroof word want dit staan uit soos 'n seer oog. In gevalle waar mens in corporate omgewing is en formele klere met das moet dra is dit makliker om die wapen so te dra as IWB.