Page 1 of 1

buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 10:25 am
by kopskoot
More Manne

Ek is opsoek na n taxiderme om my buffel trofee op te stop.

Wonder wie julle sal aanbeveel?

Re: buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 10:27 am
by Geno
Theo Pohl op Northam is baie goed, so ook Dieter Ochsenbein van Highveld Taxidermy.
Google hulle gerus.

Groete,
Eugene

Re: buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 10:29 am
by Lourens
More mater,

Ek laat doen al my werk by Nico van Rooyen taksidermie, hulle werk is skitterend. Jy kan gerus daar deur hulle studio / workshop gaan loop en kyk hoe lyk hulle goed. Jy sal nie jammer wees nie. Hulle is in Rosslyn en hulle tel no is 012 541 2053

Groete,
Lourens

Re: buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 10:38 am
by Kallie404
Ek moet saam met Lourens stem, Nico v Rooyen is ongelooflik!! Hulle het my buffel-bul ook opgestop en as ek daarna kyk bly dit net n plesier.

Re: buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 11:00 am
by kopskoot
dankie manne, ek het ook vir Nico van Rooyen in gedagte gehad

Re: buffel trofee

Posted: Mon Feb 20, 2012 11:11 am
by Frederik
Nog een vir Nico van Rooyen !

Re: buffel trofee

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:54 pm
by johan1
Ja ek kan ook getuig van elkeen van daai manne, hulle is dalk bietjie duur maar genade jy kan met trots vir kuiermense jou trofee wys, sonder dat hulle uitbars van die lag voor jou, soos die geval met daai kat.

Re: buffel trofee

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:58 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het nou al drie trofees, en n paar velle by Blue Gum Taxidermie ingegee, en het nog elke keer net goeie diens en goeie produkte by hulle gekry. Hulle is so 20 km uit op Garsfontein weg vanaf Pta oos hospitaal.

Re: buffel trofee

Posted: Thu Mar 22, 2012 1:03 pm
by Reggie Gerber
Rupert Dedekind by Universal trophy services EEn van die bestes