Page 1 of 1
Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Wed Feb 28, 2024 12:58 pm
by Friedland
Middag julle
Ek het vir my n Howa dunloop .243 gekoop en soek n scope vir hom. Diens is vir varke, springbokke, bietjie teiken, junior leer skiet etc.
Sien die scope is vir R9900 op special op Karoo outdoor. Is die prys wel n special? Hoe is die scope? As jy R9900 gehad het, wat is n beter koop as die vir my gebruik?
Groete
Re: Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Fri Mar 01, 2024 9:19 am
by Stephan86
Hier gaan ek volg, soek dieselfde ding
Re: Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Fri Mar 01, 2024 9:43 am
by Lamtjop
Meopta Meopro 4-12x50 BDC kruis, en as jy bietjie wil knoppe draai die Meopta Meopro 6-18x50 BDC of n Lynx LX3 2.5-15X50 Tactical.
Re: Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Sat Mar 02, 2024 8:22 pm
by dennisinpe
Ek het hd scope vandag op skietbaan gehad. Kristalhelder.
2 dinge wat afslag verduidelik:
Mark soek groot objektiewe 50mm plus. Die 42 mm was egter nog altyd vir my beter indien jy nie in aandtye jag nie so sien dit nie as n negatief nie.
Die 3x en 4x vergroting se kruishaar is baie fyn en dis wel n effe negatief. Op 5x is dit bruikbaar en 6x geen probleem.
Saam met die waarborg en diens sal ek dit virseker aanbeveel.
Re: Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Thu Mar 14, 2024 8:11 pm
by Wingnut
Goeie naand lede,
Jul kan gerus ook Roark Optics se Genesis 3-21x50 oorweeg.
FFP, ook lekker lig en kompak.
Ook 'n SA handelsmerk, Lewenslange waarborg.
Kontak my gerus vir meer inligting.
Groete
Louis (Roark)
Re: Rudolph VH 3-16x42 T8 FFP IR Zero Stop
Posted: Thu Mar 14, 2024 8:14 pm
by Wingnut
Genesis 3-21x50