Page 1 of 1
Possible Cape Gun
Posted: Tue Mar 26, 2024 3:11 pm
by malphil
Middag Julle,
Kan julle my dalk bietjie meer inligting gee rondom hierdie kombinasie geweer,
Vriend van my se pa het die geweer aan hom gegee en hy het dit weer aan my gegee, die lisensie kaartjie se 12boor maar ek twyfel dit sterk.
Re: Possible Cape Gun
Posted: Tue Mar 26, 2024 3:24 pm
by J le Roux
Re: Possible Cape Gun
Posted: Tue Mar 26, 2024 3:54 pm
by Koos Barnard
Die sogenaamde Cape guns is in verskeie kaliberkombinasies gemaak. Van die populêre kalibers in die ouer tipe Cape guns was 12-boor en .577/.450 Martini Henry of een van die .450 BP Express-kalibers. Later is Engelse Cape guns in .303/12-boor gemaak. Die 16-boor was ook gewild in Cape guns omdat dit nader in deursnee was van die loop wat vir die koeëlgeweer-kaliber gekamer is. Dit het beter gelyk en dié gewere was ook 'n bietjie ligter. Op die Europese vasteland was die kombinasie van 16-boor/9.3x72R gewild. Jy sal maar moet patrone pas om te sien of dit 'n 12-boor of 16-boor is. Dis moeilik om van 'n foto af te skat.
Mooi loop
Re: Possible Cape Gun
Posted: Wed Mar 27, 2024 10:00 pm
by Fanta300
Lyk soos 4-Bore met 12 Br. Wat meet die lope?
Re: Possible Cape Gun
Posted: Wed Mar 27, 2024 10:11 pm
by Fanta300
Hier is my buurman s’n
IMG_2871.jpeg
IMG_2873.jpeg
IMG_2890.jpeg
Re: Possible Cape Gun
Posted: Wed Mar 27, 2024 10:13 pm
by Fanta300
Re: Possible Cape Gun
Posted: Thu Mar 28, 2024 8:05 am
by Johan van Wyk
Daar behoort proefmerke onder die kamers te wees. Dit sal 'n hele entjie gaan om te verduidelik wat dit is.
Re: Possible Cape Gun
Posted: Mon Apr 01, 2024 10:43 am
by malphil
Proef merke aan onderkant van die loop
Re: Possible Cape Gun
Posted: Tue Apr 02, 2024 4:54 am
by Johan van Wyk
Dis Birmingham proefmerke wat dateer van iewers tussen 1887 en 1896. Dit lyk of die regterloop in 12-boor is. Ek vermoed die "480" onder die linkerloop is of 'n aanduiding van loopdeursnit. 'n Gietsel van die kamer saam met die interne loop mates gaan die misterie vinnig oplos. Synde dat die een loop in 12-boor is, is dit waarskynlik dat die geweerloop in 'n groterige kaliber soos die .500 BPE, .577/450 of soortgelyk kan wees. Daar was dosyne sulke kalibers in omloop gewees en die moontlikhede hier is legio.
Die "J.A." voor die watertafel op die linkerloop is in alle waarskynlik die voorletters van die loopmaker. Ek het ongelukkig geen idee waarvoor die "14" en "52" staan nie.
Re: Possible Cape Gun
Posted: Sun Dec 15, 2024 10:59 pm
by projagter
Ek aanvaar dat die linkerloop 'n groefloop is.
Engelse sy aan sy syslot Cape Gun. - linkerloop koeël /regterloop hael.
Haelloop sal waarskynlik 12 boor wees.
Koeëlloop waarskynlik Martini as nie Westley Richard.
Musket nr 1 of 2 koeël / 12 boor kombinasies bestaan dan wel met vroeër vervaardigings.