Page 1 of 1
Veeldoelige kruishaar
Posted: Mon Apr 01, 2024 4:38 pm
by Klein Karoo
Ek het nou gesit en kyk na die groot fabrikate en die verskillende kruishare om van te kies, veral Leupold het n magdom kruishare waarvan dit wat ek van hou nie meer vervaardig word nie.
My kruishaar waarmee ek die lekkerste jag is die Burris Fullfield E1 Balistic Plex, toevallig baie naby aan die Leupold LRP Varminter Hunter se reticle waarvan ek ook hou.
Die Arken se EPL4 mrad kruishaar is ook vir my n mooi skoon kruishaar met n moontlike veeldoelige aanwending.
Wat is julle opinies, bestaan daar n kruishaar waarmee jy veeldoelige skiet aspekte kan dek?
(Die eerste retikel is die van die EPL$ Mrad)
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Mon Apr 01, 2024 4:44 pm
by Klein Karoo
Burris kruishaar
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Mon Apr 01, 2024 5:32 pm
by Geno
Ek het die reticle wat die Arken EPL4 het in een van my teleskope, en ook 'n klompie van hul aan kliente verkoop al.
Hy is bitter netjies en werk goed!
Hy raak ook nie heel weg op lae vergroting nie.
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Mon Apr 01, 2024 8:29 pm
by Martiens Bekker
Nightforce se MOAR werk vir my uitstekend vir jag en kompitisie doeleindes.
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Mon Apr 01, 2024 8:43 pm
by Apie
Leupold PR1 werk ook lekker vir veeldoelige kruis
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Tue Apr 02, 2024 9:16 am
by Capt. Yoda
Nightforce se MOAR en MOAR-T
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Tue Apr 02, 2024 5:31 pm
by sixdays
Element se APR 1C ook baie nice!
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Re: Veeldoelige kruishaar
Posted: Tue Apr 02, 2024 7:04 pm
by Racoon
Ek stem 100% saam dat di Burris Fullfield Ballistic Plex E1n baie lekker "skoon" kruishaar is. Ek het self so een gehad op .270 en hold-overs het perfek gewerk. Al nadeel is dat hy nie verlig is en ek sukkel so bietjie, veral in di nag om die fyn kruishaar te sien.
Ek vervang hom toe met n Arken EPL-4 wat die VHR FFP verligte kruishaar het. Baie lekker kruishaar, fyn maar nie té fyn en ook nie té dik op 24x vergroting. Sy indelings is dieselfde as 95% van mrad teleskope tans op die mark.
Net so terloops, die Arken het uitstekende beeld kwaliteit.