Page 1 of 1
Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 2:37 pm
by Schalkvzyl
Ek wil een of ander tyd n vlakvark skiet en dan lat die slaghys vir my net chillybites kaasworsie en cheesgrillers maak! dink julle die kaasworsie en cheesgrillers sal lekker wees of is dit nie die moeite werd nie?
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 2:39 pm
by Zack Benade
Hy gaan beter proe as jy hom met gewone vark meng

Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 2:43 pm
by Lourens
Schalk,
Go for it. Jy sal nie jammer wees nie. Vlakvark kaasworsies, salami's, ens is baie lekker. Gebruik egter 'n betroubare slagter wat weet hoe om met vlakvark te werk en dit al baie gedoen het. Om hom reg te verwerk is nie enige man se maat nie.
Groete,
Lourens
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 2:45 pm
by Schalkvzyl
DIe slagter by fenwiq is bloem is baie goed met wild so sal hom mar probeer!
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 4:37 pm
by GreyGhostGear
As die 'n slagter sy storie ken kan jy bitter lekker cheese grillers maak, go for it!
Hoor maar voor die tyd by hom hoe hy dit doen en wat hy alles insit as jy onseker is...
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 4:48 pm
by jl1904
Doen dit gerus, dis van die lekkerste kaas grillers wat ek al ge eet het.
Hou ook een van die boude heel en laat rook hom, stop hom dan met spek en knoffel en draai toe in bacon en foelie en braai in die webber.
hoe water my mond nou.
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 6:17 pm
by axe942
Die cheese grillers en salami's is 'n wenner ! Ek het hoeka al die week my laaste salami van laas jaar uit die freezer gehaal.
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 8:06 pm
by Carlo
het laas week n varkie ingegee en toe maar laat salami maak. was weereens skepties oor die onnodige uitgawe, maar het toe einde laas week die salamis gekry en hulle proe elke sent werd!!! sal elke keer salamis laat maak as hulle so lekker uitkom soos die laastes! hulle meng vlakvark met bacon. natuurlik n baie goeie kombinasie in my oe
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 8:22 pm
by Carlo
vlakvark biltong en chilibytes is n biethie galserig
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 8:43 pm
by Schalkvzyl
ekt nouweer gehoor mense se hulle chillibites is lekker seker omdat jy meer brand proe as iets aners!
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 8:45 pm
by Herman Venter
hallo,
Ek het een keer by n vriend an my vlakvark kaaswors geeet en ek moet se dit was rerig baie lekker gewees! Sal met my volgende vlak vark so iets probeer
groete
herman
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 9:12 pm
by Henk100
Jong 'n vlakvark is darem lelik.
Hoe eet mens so 'n lelike dier?
Ek het hom geeet na 30 jaar soos ek my self belowe het as ek hom skiet.
Die vleis is soos kalkoen, mens eet dit net met spesiale geleendehede,
Groete
Henk
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Tue Feb 21, 2012 10:20 pm
by erx
Schalckvzyl
Fenwicks of Fenwick mater, watter een? Wa sit die slaghuis?
Groete
erx
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Wed Feb 22, 2012 2:42 pm
by Schalkvzyl
Daar in 2de laan waar al die kuier plekke is
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Wed Feb 22, 2012 9:03 pm
by theedge
Schalkvzyl wrote:
Ek wil een of ander tyd n vlakvark skiet en dan lat die slaghys vir my net chillybites kaasworsie en cheesgrillers maak! dink julle die kaasworsie en cheesgrillers sal lekker wees of is dit nie die moeite werd nie?
doen dit tans en meng vlak en bosvark saam jy kan nie glo nie dit is super
Re: Vlakvark kaasworsies
Posted: Thu Mar 08, 2012 7:32 pm
by Marc
Schalkvzyl wrote:
Ek wil een of ander tyd n vlakvark skiet en dan lat die slaghys vir my net chillybites kaasworsie en cheesgrillers maak! dink julle die kaasworsie en cheesgrillers sal lekker wees of is dit nie die moeite werd nie?
Ou maat nou gaan ek gou eers weer bietjie grou in daai kis innie motorhuis, daar beter nog 'n pakkie kaasworsies oorwees
Jy gaan GLAD NIE spyt wees nie, skiet net jonger varkies en verkieslik 'n sog sonder kleingoed

So hier in die 20-30kg klas, as die tande net buite die mond sit is dit 'n goeie ouderdom
Ek LAAT maak elke jaar die volgende:
Kaasworsies wat soos cocktail worsies gedraai word
Salamie
Pork bangers, soos die wat jy vir ontbyt eet. {Sit maar bietjie gewone vark by}
Ribbietjies kan gerook en marineer word {Pasop net hy word vinnig droog}
Dan verseker cabernosies !!!!! Sommer baie !!!!
Het eenjaar babalas wors ook laat maak, die kan gehang word om droog soos salamie of gebraai word soos wors. Was lekker tot op 'n punt, moet maar nie te veel maak nie

Hulle kry wyn en chillies in
Ek het ongelukkig nie slef resepte nie maar ou Koot by Prima Slaghuis in Heilbron ken sy storie as dit kom by eksperimenteer
Hoop dit help

Belangrikste is wat jy gaan insit, gaan jy uitkry ! Hoe jonger die varkie, hoe beter die vleis

Los maar die bere vir die volk oppie plaas as deel van hul tip, ek doen
Groetnis
Marc