Page 1 of 1
Vervalsde teleskoop?
Posted: Sat Apr 20, 2024 8:23 pm
by Fanta300
Ek het ‘n vermoede dat hierdie Zeiss dalk vervals kan wees. Enige insette sal waardeer word.
IMG_6460.jpeg
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Sat Apr 20, 2024 8:28 pm
by snakker
Ja, daai model is baie gewilde vervalsing. Google bietjie
Sent from my 22101316G using Tapatalk
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Sun Apr 21, 2024 8:41 am
by Capt. Yoda
Ja is n China Zeiss daai, trots met die rooi ek groen oog verblindinde illumination
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Sun Apr 21, 2024 9:26 pm
by OosKaapJagter
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Sun Apr 21, 2024 11:00 pm
by Fanta300
Dankie vir die terugvoer. Het hierdie een en ’n Bushnel A/R scope by kliënt gekry om vir hom te verkoop. Het vermoed hulle is vervals. Die Zeiss het nie ‘n reeksnommer nie.
Kan hulle enigsins vir iets gebruik word?
Sal hulle maar op Hunt & Gun veiling sit en kyk wat gebeur. Sal natuurlik duidelik stel dat hulle “fake” is.
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Tue Apr 23, 2024 9:40 am
by gbvl
Hi oom Fanta ek het paar jaar terug 'n Bushnell AR scope tweedehands gekoop. Hoe sien mens of dit n fake is?
Groete
Sent from my SM-S916B using Tapatalk
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Tue Apr 23, 2024 10:41 am
by tripodmvr
Miskien kan die' video vir jou meer inligting gee.
https://youtu.be/7ALFQQuFLs0
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Tue Apr 23, 2024 11:49 am
by Toxxyc
Net omdat hy vals is beteken nie noodwending hy's vrot nie. My broer het so vervalsde Burris gekoop maar hy moet gaan skiet, toe sit hy die ding op. Hy het op die geweer gebly, want die ding skiet mooi en die bokke val.
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Tue Apr 23, 2024 12:20 pm
by Capt. Yoda
gbvl wrote: Tue Apr 23, 2024 9:40 am
Hi oom Fanta ek het paar jaar terug 'n Bushnell AR scope tweedehands gekoop. Hoe sien mens of dit n fake is?
Groete
Sent from my SM-S916B using Tapatalk
Maklikste is om te kyk na die ret en die illumination, die reticle is baie keer nie dieselfde as wat die oorspronklike scope gahd het nie.
As hy in n groter vergroting scope so reticle soos hier onder het kan jy maar weet.
Ander dinge is maar die geskryf op die scopes, jy kan sien as dit nie so "skerp" soos die regte scope lyk nie
6-24x50 vergroting is n baie gewilde fake
Re: Vervalsde teleskoop?
Posted: Tue Apr 23, 2024 4:51 pm
by gbvl
Dankie sal bietjie gaan loer.
Sent from my SM-S916B using Tapatalk