Page 1 of 1

Knaldemper en kolf advies

Posted: Sun May 19, 2024 8:30 pm
by Kaalvoetthysie
Hallo manne,

Ek’s besig om die jong man se 243 reg te kry.

Wil vir hom ‘n silent hunter hunt buddy knaldemper koop. Wat sal julle voorstel, die 150 of 180? Dit is ‘n 22 duim dun loop.

Die geweer het gekom met n mooi walnut kolf, maar dis nog effens lank vir hom. Ek het nog my 308 se plastiese kolf in die kas. Het iemand al probeer om die Howa Hogue kolwe korter te maak? Of gaan ek net my tyd mors?

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper en kolf advies

Posted: Mon May 20, 2024 9:01 am
by Chris Roux
Dagsê Thysie,

My ervaring was soos volg.

Het n 180 op my 243 gehad en hom ongelukkig verloor. Gaan toe self na Henk toe om n nuwe een op te sit en kry toe die 150. Hy het goed gewerk maar was nie dieselfde as die 180 nie. Henk was gaaf genoeg om hom weer vir my om te ruil vir n 180. Ek skiet nou nog met hom. Die effense gewig verskil gaan jy nie agterkom nie.

Groetnis

Re: Knaldemper en kolf advies

Posted: Tue May 21, 2024 11:05 am
by Kaalvoetthysie
Dankie Chris


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper en kolf advies

Posted: Tue May 21, 2024 12:26 pm
by Parker
Hallo Thys.
Ek het n Howa hogue kolf korter gemaak vir my kleinseun. Werk goed vir die outjies met die kort arms. Sny en gooi vol resin agter, sit nuwe recoil pad op. En daar gaan hy. Die ekstra gewig agter in die kolf help ook vir die ekstra gewig voor van die 180 knaldemper.

Re: Knaldemper en kolf advies

Posted: Tue May 21, 2024 1:29 pm
by Kaalvoetthysie
Dankie Parker


Sent from my iPhone using Tapatalk