Page 1 of 1

Gebreklike diere

Posted: Thu Feb 23, 2012 4:08 pm
by Cobus(Cobb)
Vir die manne wat baie oes en baie eet...

Is daar 'n verskil in die smaak van die vleis van:
1). 'n dier met defektiewe horings?
2). 'n dier met enige ander afwykings bv, velkleur, 3 pote, vel siekte...ens
3). 'n dier wat nie onmiddelik dood is nie (maar wel ooknie rondhol nie)

Op grond waarvan sal 'n koper die vleis wat jy ge-oes het, nie by jou vat nie??

Ek luister graag

Cheers

Re: Gebreklike diere

Posted: Sun Feb 26, 2012 9:08 pm
by Cobus(Cobb)
Jo manne, kan niemand die een antwoord nie??

Cheers

Re: Gebreklike diere

Posted: Sun Feb 26, 2012 10:01 pm
by Pottie
n Ou kleurling het eendag vir my gese;" as jy nie weet nie, dan eet jy"! As die gebrek afgesny kan word, of weggeslag kan word sal meeste onwetende eters eet maar kopers is n ander ding. Meeste kopers koop op sigwaarde, n geduikte blikkie kos of vrug met n merk op word net gekoop as dit op n "special" is of as die koper baie honger (lus) is.
Plaasmense is maar net so, n blinde of krippel dier word nie maklik vir eie gebruik geslag nie, om nie eers van n hans ding te praat nie, spot met hulle dat n lekker stuk vleis die hans lam of kalf sn is en dieselfde bord word dadelik Wagter sn.
Ons het maar almal geite aan ons en op die einde van die dag bly honger maar die beste kok.

Re: Gebreklike diere

Posted: Sun Feb 26, 2012 10:22 pm
by Jakkalsgat
Cobb

Nie een van die goed wat jy genoem het behoort normaalweg die vleis te affekteer nie, behalwe miskien 'n velsiekte en 'n dier wat sleg geskiet is.
Ek gaan nie 'n karkas by jou koop in die mark nie as daardie dier 'n ander skoot as kop of nekskoot het nie, ek weier om met 'n bloederigge karkas te werk en sal ook nie so karkas in my koelkamer toelaat nie.
Ek sal ook nie 'n karkas by jou koop wat snaakse reuk het nie.

Groete
Jaco

Re: Gebreklike diere

Posted: Tue Jun 05, 2012 7:11 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse,

Die dinge wat jy noem maak nie regtig n verskil nie,daar moet ekgter kop of hoe nekskote geskiet word want mense het ma fimies oor lyfskote

Groete