Page 1 of 1
Fisant en terentaal jag.
Posted: Mon Jul 01, 2024 8:57 am
by vossie1
More meneere.
Ons is n paar couples wat gaan tarentaal en fisant jag in Dendron einde Julie. Ek het n cz over&under en n Franchi semi auto met 20" loop. Nou hier is my vraag! Die vrou gaan met my over&under jag so ek sal die shorty moet gebruik, dit sal n loop en jag wees waar ons die voels gaan flush met honde. Sal die kort loop sonder choke werk op die korter afstande wat ek moontlik verwag met die tipe jag? Ek sal 4/5/6/7,5 ammo gebruik, als behalwe die 7,5's sal 32gr en op wees.
Hoor graag van die experts.
Groete
Vossie
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Mon Jul 01, 2024 9:26 am
by Nico de Jager
Die enigste manier hoe jy gaan weet, is om jou geweer te "pattern".
Gebruik koerantpapier as n teiken en skiet op verskillende afstande en kyk hoe jou hael sprei. Jy het ongeveer 6-8 haelkorrels op n fisant nodig om hom grond toe te bring. As dit meer "going away" skote is kan jy no 5 gebruik en as dit meer "crossers" is kan jy no 6 gebruik.
Maak net seker dat dit wettig is om met n semi outomatiese haelgeweer te jag.
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Mon Jul 01, 2024 9:45 am
by vossie1
Dankie Nico, ek sal die raad volg.
Groete
Vossie
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Thu Jul 04, 2024 12:20 pm
by Rawstorne
Goeie môre Vossie
Ons het begin Junie die Distrik Landbou Unie se jaarlikse tarentaaljag in daardie area gehad.
Dit hang seker af op watter plaas jy gaan jag maar, hierdie jaar het die tarentale dit nie maklik gemaak nie. Of moet ek sê, minder maklik. Want die voëls is slim en hulle verbaas my altyd.
Hulle was jonger en kleiner as ander jare want, die lot het die jaar laat gebroei.
Hulle was wel, op die twee plase waar ons span gejag het, meer wakker en het vroegtydig opgevlieg. Die lang gras was min. Toe ons hulle egter in die wind in begin dryf het, het die telling verander. Hulle hardloop mos so effe onwillig en bly net buite bereik. Die naby skote was aanvanklik maar min op die tarentale. As daardie flossie egter teen die wind op styg, is sy grondspoed laag en hy word moeg.
Met die visante het dit baie goed gegaan omdat hulle wegkruip en nie vroeg opvlieg nie.
Dit was steeds groot pret en is beslis 'n hoogtepunt van elke jaar.
Ons span het nie honde vir voëljag nie. My Jack Russell se bene is te kort vir die 20 of wat km op een dag.
Geniet die jag!
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Sat Jul 06, 2024 10:50 pm
by Rawstorne
Vossie, ons het Vrydag die foto vir jou langs die Bylsteel pad geneem.
Lyk vir my die gespikkelde voëls weet dat die jaarlikse DLU jag verby is. Nou vat hulle dit rustig.
Julle gaan dit geniet.

Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Mon Jul 08, 2024 10:20 am
by vossie1
Jis dankie vir die terugvoering, ek sien baie uit na die jag, ek vat my jack russel maar die ander manne het elk twee pointers wat gaan werk.
Groete
Vossie
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Mon Jul 22, 2024 11:50 am
by obasch
Hoe het die kortloop Franchi gevaar?
En die kortpoot Jack Russel?
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Fri Aug 02, 2024 9:42 am
by vossie1
More, die kortloop was ok ek het die eerste fisant met hom geskiet maar hy het gesukkel om ver by te kom, ek het nou vir my a Franchi affinity 3 met 30" loop gekoop vir n all rounder, sal soek vir nog n mooi O/U as my cash weer reg is

.
My jack het dit baie geniet Impi was nog nooit so moeg en styf in sy lewe nie

arme brak wou nie eers van die bakkie afklim op dag 3 nie. Al die honde het maar swaar gekry in die lang gras en dit was warm in die dag. Het die man elke aand met boudsalf gesmeer in die lieste waar die gras hom skaaf. Hy was heel oulik tussen die Pointers maar hulle is net in n ander liga, hy het ook probeer point as hulle point,was moer snaaks. As hulle voel reuk kry dan inplaas van voel soek,soek kyk hy in elke gat in die grond, dis maar waarvoor hulle gebou is om goed uit gate te haal.
Re: Fisant en terentaal jag.
Posted: Fri Aug 02, 2024 9:44 am
by vossie1
Ek het die man se hatre kort geskeer net voor ons gegaan het dat hy nie te warm kry nie. Hy voel nou beter na n dop.
