Page 1 of 1

Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 4:38 pm
by JohanvB
Goeiemiddag

Hou sou julle Rooibok fillets gaar maak, nie die sirlion, die fillets..

Dankie

Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 4:44 pm
by Witpietskiet
Seel hom vinnig op die kole met jou gewone speserye en n bietjie olyfolie, as hy geseel is laat hom so bietjie rus, sny hom dan sulke duim skywe. Terwyl hy rus maak jy knoffel botter vuurwarm in n pan, dan trek jy daai skywe net so vinnig deur die warm knoffel botter en eet dadelik.

Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 5:09 pm
by Martiens Bekker
Sny in die lengte oop. Pak vol camenbert kaas. Draai toe met bacon.

Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 5:56 pm
by JohanvB
Dankie julle

Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 6:39 pm
by jdpretorius
Sulke skuins julienne skywe werk vir my lekker oor hy so klein is.
Wildsvleis kort liefde met olyf olie.....vryf hom lekker in asof dit mamma is waarmee jy werk
Royco se rib marinade wat ek met Coke aan maak in plaas van water, en so lekker raps soja sous het my nog nooit in de steek gelaat nie. Selfs so bietjie tannie Balls saam in is soms lekker. Hy kry eers die spice waarvoor ek die dag lus het...dan lê hy so 3 tot 4 ure in die marinade.

Fillet geful met fetta kaas en appelkoos jam ( daai met die stukkis in) is net so lekker, of daai heel vye wat n ou dun sny saam met die fetta is ook m@er lekker.



Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 9:31 pm
by Toxxyc
Wildsfilet is maar 'n droog stukkie vleis, en op 'n rooibok is hy nog einaklein ook.

Ek sou soos die ouens praat, hom marineer met iets soos olyfolie, dalk 'n knertsie balsamiese asyn, en net vinnig op warm kole braai tot hy mooi kleur het. Dan eenkant tot hy mooi medium is regdeur, laat rus vir ten minste die helfte van die tyd wat hy op hitte was (vleis rus nie in 'n staalbak wat op kole staan "net om warm te bly" nie), en dan lekker stukkies sny om vinnig te hap.

Natuurlik sal botter, knoffel en roosmaryn ook nie seermaak nie. Ek is wel versigtig vir roosmaryn, want as ek net-net te veel daarvan kry, is ek dadelik dik daarvoor.

Re: Rooibok fillet

Posted: Thu Jul 11, 2024 9:57 pm
by Pappabeer
Carpaccio werk goed. Te klein om te braai

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 8:04 am
by Carlc
Sny hom in so 2cm duk skywe en maak bosveld slakke.

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 8:08 am
by RUPERT
Nou wat sal n bosveld slak wees?

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 8:09 am
by RUPERT
Nou wat sal n bosveld slak wees?

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 8:17 am
by Carlc
Panbraai die skywe in botter vir so 30 sekondes. Skep hulle dan in daai bakkies wat slakke in opgedien word. Skep n eetlepel lekker sterk knoffel botter op elkeen. Gooi lekker baie gerasperde kaas oor en bak in n warm oond vir so 3 minute. Geniet hom.

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 8:40 am
by DeVilliers
As jy hom wil braai, soos bo, pak hom vol camenbert kaas. draai hom toe in netvet.

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 11:32 am
by J le Roux
Ons maak Schnitzels. Vrou en kinders is mal daaroor.

Ek sit fillet heel in plastieksak en kap hom goed plat met 'n vleishamertjie. Dan dip ek hom in meel (met aromat en peper) eier/melkmengsel en dan krummels/meelmengsel.

Braai in dik pan met baie vlak Olie of botter. Haal af sodra krummel degie bruin is.

Heerlik verby

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 12:38 pm
by Ockert1992
Ek hou ook van 'n Schnitzel maak. Hy is baie lekker.

Ek gaan daardie bosveld slak probeer.

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 2:15 pm
by Forester
DeVilliers wrote: Fri Jul 12, 2024 8:40 am As jy hom wil braai, soos bo, pak hom vol camenbert kaas. draai hom toe in netvet.
Ek hou weer daarvan om 'n harde wit kaas te gebruik dat dit nie uitloop nie en net binne die vleis smelt. Iets soos emmental. Bietjie uie/chalottes en peppadews binne is ook lekker.

Re: Rooibok fillet

Posted: Fri Jul 12, 2024 2:47 pm
by Capt. Yoda
Ek het n harde chillie kaas en n koedoe fillet hier. Dalk moet ek ook ma so iets doen more

Re: Rooibok fillet

Posted: Sat Jul 13, 2024 6:06 pm
by Lapua
Met die lees van die topic het ons weer bietjie besluit om wildvleis weer nuwe lewe te gee anders as die gewone mince, wors, patties en natuurlik die gedroogte geregte wat ons almal so geniet. Ek het Top Class coating gaan kry, bietjie van die kinders se Cornflakes fyn geslaan en die spul gemeng. Vleis bietjie met plat gekap met die vleis hammer en in eier ge-dip, in die deug gesit en in n warm pan vinnig hebraai. Jisssss dit was lekker. Schnitzel is weer terug op die menu. Dankie vir die goeie ou wenner idee Mnr le Roux. Ons het vergeet hoe lekker dit is.

Re: Rooibok fillet

Posted: Sun Jul 14, 2024 7:33 pm
by Eduard Venter
Ons het self anderdag koedoe snitchels in die jagkamp gemaak en dit was 'n treffer!

Hier is 'n paar lekker idees op die draad.

Met rooibok en springbok fillets wat klein is hou ek nie daarvan om te veel moeite te doen nie. Ek lê hulle maar gewoonlik in slaaisous of melk+suurlemoen en braai dan medium rare. Ooie is beter as ramme. As jy meer moeite wil doen is die ander resepte regtig lekker, dit bly 'n fillet!

Sent from my SM-A528B using Tapatalk