Page 1 of 1

Toets of difflock werk

Posted: Sat Jul 13, 2024 10:57 pm
by Jacquesb
Hallo almal
Hoe toets n mens of n elektriese (elektroniese) difflock op n 2x4 voertuig werk, sonder om n koppie te moet soek?
Bv, as jy n 2de handse voertuig wil toetsbestuur of koop.

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 11:58 am
by Ratel
As dit n manual locker is kan jy dit aansit en stadig vorentoe ry en kyk of dit aankom. As dit limited slip diff is sou ek aanbeveel laat hulle of n cross axle stadig ry en jou wys andersins werk die rollers by die toets stasies ook mooi

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 12:10 pm
by Jacquesb
Dankie Ratel.
Ek glo dis manual, dis n 2.7i Hilux.
Eks nie so vertroud met die terminilogie nie. Die skakelaar sit aan en liggie brand, maar daar is geen verdere traksie of ander indikasie dat hy werk nie.

Waar soel mens nou die fout?

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 12:19 pm
by Ratel
Gewoonlik as die liggie flikker het dit nie gelock nie. Wanneer die liggie aankom en nie flikker nie is dit gelock

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 12:21 pm
by Ratel
Ek sou voorstel dat jy die verkoopsman vra om dit te toets op n cross axle in jou teenwoordigheid indien moontlik. Indien dit nie werk nie kan dit so eenvoudig wees as n gebarste vakuum pypie of die skakelaar. Maar dit kan ook baie duurder fout wees. Maak maar doodseker.

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 12:23 pm
by Apie
Stop op ‘n stuk grond/gras

Sit difflock aan

Draai skerp na regs en ry stadig vorentoe

Kyk of jou regter agterwiel wil glip/spin op die gras/grond. Indien hy soos gryp gryp werk jou difflock. As hy nie werk nie sal die agterwiel net normaal draai.

Doen dit op ‘n gladde/los oppervlak, nie op teer/sement nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 12:27 pm
by Jacquesb
Dankie Apie
Dankie Ratel

Re: Toets of difflock werk

Posted: Sun Jul 14, 2024 1:24 pm
by Zuku
Apie wrote: Sun Jul 14, 2024 12:23 pm
Doen dit op ‘n gladde/los oppervlak, nie op teer/sement nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy kan sommer op die teerpad voel as jy n 90 grade draai uitvoer met difflock aan. Albei wiele gryp vas.

My Isuzu 2x4 het so n klein flou groen liggie as "diff lock' aan is op die Diff lock knoppie. Of die "Dashboard Display" is daar n groor 4x4 lig vir die "upmarket" modelle bedoel. Ek het n dun elektrise draad van die "diff lock" se flou liggie na die "dashboard display" se 4x4 lig gevat. As die "diff lock" aan is gaan die 4x4 lig op "dashboard" ook aan. Baie gerieiflik