Page 1 of 1

Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Jul 15, 2024 8:32 pm
by Conna Howa
Goeie naand almal

Ek Wil bietjie by julle uitvind watter ballistic apps julle gebruik nou dat Strelok nie meer beskikbaar is nie

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Jul 15, 2024 9:05 pm
by Gawie(13mm)
Strelok is nog beskikbaar.
Watter foon het jy?

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Jul 15, 2024 9:29 pm
by Conna Howa
Ek het 'n android foon, hy is nie meer op die play store nie

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Jul 15, 2024 10:19 pm
by Jaco Naude
Chairgun Elite


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Tue Jul 16, 2024 6:33 pm
by Gawie(13mm)
Cona, laai die huawei app store af op jou foon. Laai dan Strelok van daar af.
Jy gaan weer moet betaal, maar hy loop mooi.
Chairgun Elite is 'n ongemagtigde kopie van Strelok volgens Igor.

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Tue Jul 16, 2024 9:11 pm
by JF123
Dankie Gawie. Dit werk mooi.

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Aug 05, 2024 2:46 pm
by Stephan van Eeden
Middag, hoe kry mens die app weer op 'n Iphone

Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Aug 05, 2024 2:51 pm
by Apie
Laai Imazing op jou rekenaar

Volg die video hoe om strelok van jou ou foon af te trek na jou rekenaar en san weer op jou nuwe foon te laai.
Dis maar ‘n missie!

https://youtu.be/bP5kXX7AIu4?si=fVdF-tiMeG-iWI_K


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Aug 05, 2024 2:54 pm
by Stephan van Eeden
Dankie, klink erg

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Aug 05, 2024 5:19 pm
by jager
As jou koeëls in die app is, is Hornady se 4DOF moeilik om te oortref.

Hulle gebruik nie BC nie, maar die 'drag curve' wat hulle met 'n Doppler radar meet elke paar centimeter oor die koeël se trajek. Jy sal sukkel om meer akkuraat te kry. As jou koeëls nie in hulle databasis is nie sal dit egter nie vir jou werk nie.

Hulle het amper alle Hornady en Berger koeëls, die meeste Lapua en nog baie ander.

Re: Ballistics app na Strelok

Posted: Mon Sep 23, 2024 3:14 pm
by Toyrsi
Stephan van Eeden wrote: Mon Aug 05, 2024 2:54 pm Dankie, klink erg
Stephan, het jy dit reg gekry om Strelok weer op jou foon te laai?