Page 1 of 1
Winchester XPR 243
Posted: Tue Jul 16, 2024 8:56 am
by DeVilliers
More almal,
Ek oorweeg n XPR 243. Geweer is 2nd hand en het blykbaar al so 300 rondtes geskiet.
Enige issues met hulle?
Dankie
Re: Winchester XPR 243
Posted: Sun Oct 20, 2024 4:00 am
by DeVilliers
Ek het toe uiteindelik die geweer gekoop. Vir n goeie prys ook in my opinie.
Vir eers gaan ek hom net so gebruik, maar wil die kolf vervang. Met wat, is die vraag?
Dan wil ek ook oorweeg om Ackley improved te doen. Enige voorstel vir n winkel in Centurion/PTA sal waardeer word.
Dankie julle
Sent from my SM-A256E using Tapatalk
Re: Winchester XPR 243
Posted: Sun Oct 20, 2024 12:04 pm
by Lapua
Ek sal Marksman Arms in Pretoria voorstel
Re: Winchester XPR 243
Posted: Mon Oct 21, 2024 8:13 am
by DeVilliers
dankie
Re: Winchester XPR 243 -Watter ammunisie?
Posted: Thu Feb 27, 2025 8:24 am
by DeVilliers
More almal,
Lisensie is uiteindelik goedgekeur en ek wil sommer saterdag gaan skiet.
Meeste wat ek sien beskikbaar is, is 100gr, maar ek oorweeg 85gr aangesien die vorige eienaar genoem het dat dit baie goed werk in die geweer.
Enige voorstelle?
Dankie
Re: Winchester XPR 243
Posted: Thu Feb 27, 2025 8:52 am
by Lategan1
Indien dit ‘n 1:10 loop is, spaar jouself baie moontlike moeite en koste en sukkel en fokus op 85-90gr koeëls.
Daar is geen waarborg dat die 100gr van jou keuse in ‘n 1:10 optimaal presteer nie. Dit is al diep deurgetrap op die forum, ekself daardeur en ander ook gehelp. Die toets het nog altyd geslaag. Indien 95gr beskikbaar is, die Nosler Partitions het ook goed gedoen. Accubond 90gr werk uitstekend.
Indien dit vir nie-jag is, gaan die V-Max 87gr verseker op jou kortlys moet wees. Seker die briljante kopskieter-jagters se gunsteling!
Hier was onlangs 85gr Interbonds te koop, hulle loop mooi. Ek dink wel hulle is ongelukkig finaal van die mark af. Die ander ken ek nie.
Ek wil wel noem, die Hornady 87gr SP(ek nounreg onthou) het van die beste in myne presteer en gegroep. Wetie of nog beskikbaar is.
Geniet dit.
Beste.
Re: Winchester XPR 243
Posted: Thu Feb 27, 2025 9:40 am
by alecjohnson
87Gr V max vir standaard 243, as jy AI verander dit nie altyd nie, hulle werk lekker. korter en ligter werk ook lekker in 243 as jy wil vergeet van donuts se bestaan, want hulle seat sonder om te raak aan dit.
Re: Winchester XPR 243
Posted: Thu Feb 27, 2025 10:05 am
by DeVilliers
Lategan1 wrote: Thu Feb 27, 2025 8:52 am
Indien dit ‘n 1:10 loop is, spaar jouself baie moontlike moeite en koste en sukkel en fokus op 85-90gr koeëls.
Daar is geen waarborg dat die 100gr van jou keuse in ‘n 1:10 optimaal presteer nie. Dit is al diep deurgetrap op die forum, ekself daardeur en ander ook gehelp. Die toets het nog altyd geslaag. Indien 95gr beskikbaar is, die Nosler Partitions het ook goed gedoen. Accubond 90gr werk uitstekend.
Indien dit vir nie-jag is, gaan die V-Max 87gr verseker op jou kortlys moet wees. Seker die briljante kopskieter-jagters se gunsteling!
Hier was onlangs 85gr Interbonds te koop, hulle loop mooi. Ek dink wel hulle is ongelukkig finaal van die mark af. Die ander ken ek nie.
Ek wil wel noem, die Hornady 87gr SP(ek nounreg onthou) het van die beste in myne presteer en gegroep. Wetie of nog beskikbaar is.
Geniet dit.
Beste.
Dis nou handig. dankie.
Dan gaan ek nie geld mors op 100gr.
Dit gaan vir jag wees, maar sal eers moet kyk hoe doen die operator met kop skote op die nuwe geweer.
90gr en minder sal dan maar die toets moet wees. Dit lyk darem of dit ook redelik beskikbaar is.
Dankie
Re: Winchester XPR 243
Posted: Thu Feb 27, 2025 10:27 am
by Capt. Yoda
95gr Ballistic tip bo op n dop vol 365 of n kruit in daai burn rate
Gaan nie oor die gewig nie gaan oor die lengte van die koel, die swaarder gewig is maar gewoonlik n by saak van n langer koel veral as daar n boat tail op die swaar/langer koel is
n 100gr Sierra Pro hunter met sy plat gat is baie naby aan die selfde lengte as n 87gr Vmax waar n 95gr VLD weer langer as al 2 is
Re: Winchester XPR 243
Posted: Fri Mar 14, 2025 12:02 pm
by DeVilliers
Na bietjie huiswerk, is dit n 1/10 twist. 22 duim loop.
Ek het wraggies nog nie kans gekry vir skiet nie, maar het factory V-Max van die rak af gekoop, vir nou. Net 20 teen wat voel soos R20000.
Ek het Somchem S365 en ek sien op die tabelle 90g Speer begin by 36.4. tot 40.4.
As ek bly met 87gr V-Max om te herlaai, reken ek om maar veilig te begin by 38gr? Met 67.6 COL. Reg, nie reg? Wat sê die slimmer mense?