Page 1 of 1

7MM Tombi MK1 Raad Asb

Posted: Tue Aug 06, 2024 4:34 pm
by toelie
Middag Manne

Ek het vir my n MK1 Tombi aan geskaf en weet dat hier paar manne is wat hulle wel suksesvol skiet en my kan help met die proses op die een.

Sako Aksie
9 draai loop
24"

Wat ek graag wil hoor is wat is die maklikste dop om te gebruik om doppe te vorm, so ook die dukte wat die nek gesny word en die totale dop lengte dan ook?

Enige raad sal hoogs waardeer word.

Groete

Re: 7MM Tombi MK1 Raad Asb

Posted: Tue Aug 06, 2024 4:43 pm
by Frikkie Coetzee
Hi

Ek het een gehad. Al my doppe was gemaak van 8x57 doppe maar jy kan maak van 7x57 ook.

Jou nekdikte gaan bepaal word dier jou ruimer dimensies. Beste is om n dop te maat wat in die kamer geskiet was. Oom Chris was lief vir dun nekke, maar meet eerder. My nekke was dun. EK het met n 306 bushing my doppe terug gedruk.

Ek kan nie die dop lengte onthou nie maar ek verbeel my die 7x57AI se COL is dieselfde.