Page 1 of 1
Buksie is terug!!
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:09 pm
by Mellies
Ek het n paar seisoene n Rem 700 in 308 tactical met 20" loop aangeskaf met die doel om relatief goedkoop te skiet/oefen.
Een van die domste dinge wat ek ooit gedoen het was om die kortloop 308 te smous.
Slegs die B/A is weg, die HS kolf, timney, dies, poeier, punte en doppe het gebly.
Lang storie kort, Buksie is terug...met n 16.5" loop en effens ander jas.
150gr ILBT @ 2760voete en 185gr Lapua Megas @ 2350voet voor n happie IMR 3031.
Lg. vir die bos natuurlik.
Onderaan is Buks se eerste byt met die 185s.
Met n vleisie...
Re: Buksie is terug!!
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:10 pm
by Mellies
Nog n paar...
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 6:59 am
by Kaalvoetthysie
Dis baie mooi! Ek geniet my 20 duim 308, maar dink daai 16.5 gaan lekker dra.
Goeie spoed wat jy kry op die 150’s. Sal moet kyk na ander kruit, ek kry 2700 fps uit die 20 duim en op ‘n warm dag gaan dit bietjie op dan kry ek druk tekens. Weet jy op watter druk daai lading is?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 7:19 am
by Toyrsi
Baie mooi geweer. Ek het ook n 20" 308. Skiet nog S335 so kan nie daai spoed van jou haal nie.
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 7:51 am
by Arnold
Baie mense is bang vir sulke kort loop gewere en die spoed wat hulle gaan verloor. Die balans en lekker dra maak meer as op vir die bietjie spoed wat mens verloor. Dan met die toegang tot ander dryfmiddel maak dit ook 'n nuwe wereld oop.
Hy lyk mooi en voorspoed, dit lyk of jy net plesier gaan hê.
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 11:13 am
by Lourens
Ek het jare gelede gesweer ek sal nooit n .308 besit nie. Toe loop ek n Tikka CTR raak wat so goeie deal was, dat ek dit nie kon los nie. Nou is my .308 Tikka CTR met sy 20" loop die laaste geweer wat ek sal laat gaan....
Baie lekker setup wat jy daar het.
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 11:56 am
by Mellies
Kaalvoetthysie wrote: Fri Aug 30, 2024 6:59 am
Weet jy op watter druk daai lading is?
Sent from my iPhone using Tapatalk
61000 psi
Met n vleisie...
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 5:17 pm
by Tampie
Nog steeds effe gatvol vir myself dat ek buks aan jou verkoop het...
Darem bly jy geniet hom.
Groete.
Re: Buksie is terug!!
Posted: Fri Aug 30, 2024 6:31 pm
by savage(P Coetzer)
Die foto met die bok steek darm goed weg hoe vieslik die wind daardie dag gewaai het.