Arken Teleskope
Posted: Sun Sep 01, 2024 4:33 pm
Ek moet se dat ek weereens verstom is oor wat jy kry vir die prys met Arken teleskope.
Ek het nou al met baie verskillende teleskope geskiet, en verkoop ook Delta teleskope wat uitnemende glas in het.
Ons het die naweek n Klein Doppie Gong kompetisie gaan skiet in Darling, en omrede my kompetisie maat (span kompetisie) onlangs vir hom n 243win aangeskaf het, het ons besluit om die kompetisie met ons Jag Gewere in 243win te gaan skiet. Ons alby het Arken EPL4's op gehad. Hy met x24 vergroting en myne met x16 vergroting.
Die naaste staal plaat was op 280m en die verste op 989m. Gemiddelde was die staal op 500m gewees.
Nou kyk ek was maar bekommerd, die wind het gewaai (soos hy altyd by Darling waai) gemiddeld so tussen 4-6m/s, en omrede dit op n werkende plaas is, het mens bitter min terugvoering gesien op skote was mis.
Ek is egter ongelooflik beeindruk dat ek met n FFP teleskoop met max 16 vergroting nie een keer gesukkel het om impakte te sien nie. En dat ek altyd n goeie beeld gehad het.
Nou kyk ek wil nie redeneer oor watter teleskoop die beste glas, tracking ens het nie, maar vir n teleskoop onder R10k weet ek nie of mens enigsins beter kan kry as Arken nie.