Page 1 of 2

Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 12:57 pm
by snakker
Middag manne

Ek is opsoek na 'n O/U met ejectors vir kleie skiet. Ek het die naweek baie lekker met vriend se browning b725 geskiet (2 bead sights). Hulle is bietjie ryk vir my budget, alternatiewe sal julle kan voorstel asb?

Dankie by voorbaat

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 1:40 pm
by herman.bonsma
Middag, dit sal help as jy jou begroting kan gee…..
Gegewe bg. sal ek soek na ‘n goeie tweedehandse Beretta, Browning, Miroku en ander bekende make. Nuut is die Italiaanse Bettinsoli Xtrail goeie waarde vir geld. Die Turkse haelgewere (ATA ea.)…. ek is nog nie oortuig van hulle kwaliteit oor die lang duur nie. Die heel belangrikste is dat die haelgeweer jou moet pas en geskik is vir die doel waarvoor jy dit gaan gebruik. ‘n Trap geweer jag moeilik & ‘n ligte kortloop jaggeweer skiet moeilik Trap. Groetnis, Herman

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 1:51 pm
by snakker
Kyk na R25k max

Dankie

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 2:10 pm
by tripodmvr
Kyk na Italiaanse of Spannse gewere. Google "Fair shotguns".

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 2:13 pm
by snakker
tripodmvr wrote:Kyk na Italiaanse of Spannse gewere. Google "Fair shotguns".
Dankie Oom Tripod. Wie stock hulle asb?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 2:46 pm
by herman.bonsma
http://www.republicarms.co.za/bettinsoli/xtrail

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 2:52 pm
by snakker
herman.bonsma wrote:http://www.republicarms.co.za/bettinsoli/xtrail

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie. Wat prys hulle en waar kan mens hulle koop asb?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 2:58 pm
by tripodmvr

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 3:02 pm
by herman.bonsma
By Jeff van Republic Arms -(082) 568-0219. Prys was so R26000 laasjaar as ek reg onthou - webblad gee nie pryse nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 3:02 pm
by snakker
herman.bonsma wrote:By Jeff van Republic Arms -(082) 568-0219. Prys was so R26000 laasjaar as ek reg onthou - webblad gee nie pryse nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie dankie. Wat is jul opinie van die ATA Pro 12 asb?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Tue Sep 24, 2024 4:00 pm
by tripodmvr
Ek het jare gelede 'n Artemis Khan O/U gekoop. Jy kry nie onderdele daarvoor nie. Vind dus mooi uit of daar rugsteun is met wat jy gaan koop.

Ek probeer uitvind oor beskikbaarheid van die Fair haelgewere.

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Wed Sep 25, 2024 7:12 am
by obasch
Ek wil beaam wat Herman hierbo sê. Wees geduldig en soek 'n goeie gebruikte (used but not abused) Beretta, Browning of Miroku. Bettensoli was al deur Britse kenners beskryf as "Italy's best kept secret"!

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Wed Sep 25, 2024 7:59 am
by herman.bonsma
Hierdie Beretta 682 Gold E is onlangs vir R30000 op ‘n veiling verkoop - een van Beretta se bestes in die goedkoper klas. My 682 het duisende skote deur hom van 1993 af - nog geen part is vervang nie. Ek weeg nie of ‘n ATA en ander Tukse gewere dit kan nadoen nie - en wat van naverkope diens & parte?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Wed Sep 25, 2024 8:01 am
by herman.bonsma
Beretta 682

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Wed Sep 25, 2024 8:03 am
by herman.bonsma
Image

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Wed Sep 25, 2024 11:38 am
by pietskiet
Ek volg ook hierdie draad- het presies dieselfde vraag & vereistes as jy Snakker..

Gaan nooit genoeg skote deur n haelgeweer sit om n nuwe Beretta te regverdig nie, maar soek ook n betroubare, redelike goeie kwaliteit geweer met ordentlike na-verkoop diens in SA. Lyk my mens gaan nie sommer onder R30k regkom nie...

Waar begin mens (online) soek na 2dehandse shotguns?

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 9:20 am
by jager
tripodmvr het 'n link geplaas hier bo iewers vir 'n nuwe Miroku MK70 by cityguns, ek plaas dit weer hier.

Ek dink nie jy sal sommer beter kry vir die geld nie. Dis nou as die prys nog korrek is.

https://cityguns.co.za/product/miroku-1 ... 30-silver/

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 9:23 am
by snakker
jager wrote:tripodmvr het 'n link geplaas hier bo iewers vir 'n nuwe Miroku MK70 by cityguns, ek plaas dit weer hier.

Ek dink nie jy sal sommer beter kry vir die geld nie. Dis nou as die prys nog korrek is.

https://cityguns.co.za/product/miroku-1 ... 30-silver/
Out of stock, seker ou prys dan

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 2:31 pm
by Rasmus
Snakker

Wat almal sê is baie waar, maar as mens nie geld het vir n duur haelgeweer nie dan het jy dit nie. Mens moet eerlikwaar jouself afvra hoe baie gaan jy skiet? As jy 10 000 skote + per jaar gaan skiet, by all means koop die duurder gun. As dit vir n kas of miskien twee n jaar is gaan n goedkoper haelgeweer die ding doen.

Ek het jare terug n Eduard Kettner O/U gekoop, dit was 24 jaar terug die billikste O/U met single selective trigger en multichokes wat ek kon bekostig. Hy het nou die laaste jaar begin pla, maar dit na 60 000 skote plus.

Ek het so n wyle terug vir my n Bettinsoli gekoop ek wag nog vir die lisensie. My Kettner het ek gekoop as n 21st geskenk aan myself. Ek glo die Bettinsoli gaan langer hou. Maar as dit net 24 jaar is sal dit ook genoeg wees.

Die ding is net, as jy nou drie jaar spaar vir daai 30K + gun dan is hulle ook nou alweer 40K na drie jaar.

Intussen kon jy al n hele paar kaste ammo uitgeskiet het met n "goedkoper" Turkse gun.

Persoonlik dink ek nie n naweek skut gaan bv n ATA opskiet nie...?

https://safarioutdoor.co.za/shooting/fi ... le-30.html

Ek was gelukkig om my Bettinsoli te kon uitkies..

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 4:11 pm
by Capt. Yoda
Mooi roer daai Rasmus! Geniet hom

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 7:08 pm
by snakker
Rasmus wrote:Snakker

Wat almal sê is baie waar, maar as mens nie geld het vir n duur haelgeweer nie dan het jy dit nie. Mens moet eerlikwaar jouself afvra hoe baie gaan jy skiet? As jy 10 000 skote + per jaar gaan skiet, by all means koop die duurder gun. As dit vir n kas of miskien twee n jaar is gaan n goedkoper haelgeweer die ding doen.

Ek het jare terug n Eduard Kettner O/U gekoop, dit was 24 jaar terug die billikste O/U met single selective trigger en multichokes wat ek kon bekostig. Hy het nou die laaste jaar begin pla, maar dit na 60 000 skote plus.

Ek het so n wyle terug vir my n Bettinsoli gekoop ek wag nog vir die lisensie. My Kettner het ek gekoop as n 21st geskenk aan myself. Ek glo die Bettinsoli gaan langer hou. Maar as dit net 24 jaar is sal dit ook genoeg wees.

Die ding is net, as jy nou drie jaar spaar vir daai 30K + gun dan is hulle ook nou alweer 40K na drie jaar.

Intussen kon jy al n hele paar kaste ammo uitgeskiet het met n "goedkoper" Turkse gun.

Persoonlik dink ek nie n naweek skut gaan bv n ATA opskiet nie...?

https://safarioutdoor.co.za/shooting/fi ... le-30.html

Ek was gelukkig om my Bettinsoli te kon uitkies..
Dankie vir die raad. Waar jy die Bettinsoli gekoop en prys asb?

Sent from my 22101316G using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Thu Sep 26, 2024 7:30 pm
by jdpretorius
Die Bettinsoli is n baie lekker kettie. Ek weet nie wat prys hulle nou nie, maar is nie n dag spyt oor my X-Trail nie. Hy was bietjie kort vir my, en het toe net n kous oor sy agterent getrek.

Hoor dalk bietjie hier op die forum by Werner, hy mag dalk nog van hulle kan kry....en soms kan n ou kies uit 2 of 3 wat vir jou die mooiste is.

....ek sal probeer n (ou) foto laai van die een wat ek gekies het....
IMG_20190919_194243.jpg
20240926_192438.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Fri Sep 27, 2024 7:08 am
by Rasmus
snakker wrote: Thu Sep 26, 2024 7:08 pm
Rasmus wrote:Snakker

Wat almal sê is baie waar, maar as mens nie geld het vir n duur haelgeweer nie dan het jy dit nie. Mens moet eerlikwaar jouself afvra hoe baie gaan jy skiet? As jy 10 000 skote + per jaar gaan skiet, by all means koop die duurder gun. As dit vir n kas of miskien twee n jaar is gaan n goedkoper haelgeweer die ding doen.

Ek het jare terug n Eduard Kettner O/U gekoop, dit was 24 jaar terug die billikste O/U met single selective trigger en multichokes wat ek kon bekostig. Hy het nou die laaste jaar begin pla, maar dit na 60 000 skote plus.

Ek het so n wyle terug vir my n Bettinsoli gekoop ek wag nog vir die lisensie. My Kettner het ek gekoop as n 21st geskenk aan myself. Ek glo die Bettinsoli gaan langer hou. Maar as dit net 24 jaar is sal dit ook genoeg wees.

Die ding is net, as jy nou drie jaar spaar vir daai 30K + gun dan is hulle ook nou alweer 40K na drie jaar.

Intussen kon jy al n hele paar kaste ammo uitgeskiet het met n "goedkoper" Turkse gun.

Persoonlik dink ek nie n naweek skut gaan bv n ATA opskiet nie...?

https://safarioutdoor.co.za/shooting/fi ... le-30.html

Ek was gelukkig om my Bettinsoli te kon uitkies..
Dankie vir die raad. Waar jy die Bettinsoli gekoop en prys asb?

Sent from my 22101316G using Tapatalk
Kontak vir Werner op die forum. Ek weet nie wat die nuwe pryse is nie en watter tans in voorraad is nie.

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Fri Sep 27, 2024 9:21 am
by Lategan1
@Rasmus, ek hou van jou balanseerde blik op hierdie ewige gewigtige vraag, met antwoorde nie altyd so eenvoudig nie en soms tog.

Goeie perspektief gegee.

Beste.

Re: Voorstelle vir Entry clay gun

Posted: Mon Sep 30, 2024 10:22 am
by herman.bonsma
Image

Sent from my iPhone using Tapatalk