Page 1 of 1

BASA corporate Shoot - 2 November Magnum United Skietbaan

Posted: Wed Sep 25, 2024 2:31 pm
by saswart
Dagse almal,

BASA hou vanjaar hul 4de Corporate Shoot. Dink daaraan as 'n golfdag, maar met gewere (Groot kalibers, .22's en boog). Die shoot is gemik eerstens op Corporates en Individue om 'n span van 4 in te skryf, of dit nou is vir 'n spanbou, jaareind of net pret saam. Corporates word ook uitgenooi om of te borg of skenkings te maak en hul kry dan advertensie en blootstelling op die BASA Website, BASA WA groep (300+), Facebook (5000 lede), Wild en Jag videos en vele meer.

Tweedens is dit is ook BASA se jaarlikse fonds insameling en BASA gebruik die fondse weer om organisasies soos SUCU-SA / CHASA te ondersteun, opleiding van jeug by die Voortrekkers en Scouts en vele meer.

Aangeheg die 2024 Corporate Shoot details - die shoot was laas jaar uitverkoop en daar is nog beperkte plek beskikbaar vir 2024.

Daar is heelwat pryse te wen, biertuin vir na die tyd en 'n lekker skaapspit.

Groete
Stephen
Corporate Shoot Invite.pdf
Corporate Shoot 2024 Sponsor and team information sheet.pdf

Re: BASA corporate Shoot - 2 November Magnum United Skietbaan

Posted: Fri Oct 04, 2024 4:53 pm
by Frederik
Update.jpg
Plekke vir span inskrywings raak min.

Ons gaan ook oopmaak vir inividue wat wil kom skiet.

Kontak Madelein direk admininfo@bigbore.org / 073219927 as jy wil iets sponsor of adveteer vir die dag kan jy ook met haar gesels.

Re: BASA corporate Shoot - 2 November Magnum United Skietbaan

Posted: Fri Oct 25, 2024 2:31 pm
by saswart
Het so paar navrae gekry van manne op Jaracal. Hier is meer inligting. Een span moes kanselleer so daar is plek oop. As teazer, meer as R150 000 se pryse, 6 bane, 2Xetes ingesluit, Koffie en bierstalletjie
1.jpg
2.jpg

Re: BASA corporate Shoot - 2 November Magnum United Skietbaan

Posted: Fri Oct 25, 2024 4:40 pm
by Frederik
Dit gaan lekker dag wees vandag al my gewre ingestel en reg vir aksie vir volgende Saterdag.

Re: BASA corporate Shoot - 2 November Magnum United Skietbaan

Posted: Fri Nov 22, 2024 1:13 pm
by saswart
Frederik wrote: Fri Oct 25, 2024 4:40 pm Dit gaan lekker dag wees vandag al my gewre ingestel en reg vir aksie vir volgende Saterdag.
Dankie aan die skuts, die sponsors (veral aan Rudi Fisher en sy span lede...Frederik en die res). Rudi en SBC kort geen intro nie, jul kan ook gerus vir Eddie my MC Tactical ondersteun https://www.mctactical.co.za/

https://youtu.be/daE5164elrs?si=GrOiBZ8gDgzHK39y - Lang video van die dag

https://youtu.be/cYuSyBpFZvw?si=Yl0cH1UXAH5guYzy - kort video van die dag