Page 1 of 1

Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Fri Oct 04, 2024 6:28 pm
by Eduard Venter
Dagsê manne

Na 'n maand se sit en niks doen en my jagseisoen wat kortgeknip is, is ek nou al so verveeld dat ek karwas videos kyk op YouTube.

Is hier enige iemand wat daai skuim kanonne voor aan hulle wap sit om die kar vol dik seep te spuit. Help dit werklik om die vuilgoed los te maak of is dit ook maar net een van die patente wat oulik lyk en geld kos?

En dan ook, hoe was julle manne julle bakkies se onderstelle?

Soos julle kan sien, die bakkie werk hard. Ek probeer maar so mooi na hom kyk as wat ek kanImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Fri Oct 04, 2024 7:08 pm
by Apie
Ek kon eerlikwaar nie sien dat dit rerig help nie…


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Fri Oct 04, 2024 7:18 pm
by Glocked
Ek het ook vasgevang geraak in die "hype" van touchless karwas. Gedink dit gaan lekker lyk en maklik wees, net alles foam cannon en afspuit en dan is die wa weer soos 'n nuwe een.....was glad nie die geval nie.

Jy moet 'n ordentlike foam cannon kry, die Karcher een werk nie. MJJC Pro loop soos 'n jet. Die tipe seep wat jy gebruik maak ook 'n groot verskil. Iets ontwerp vir foam cannons, en 'n hoër PH help die afbreek van vuilgoed. Maar jy gaan hom nogsteeds eers pressure wash, dan foam, weer pressure wash, dan foam en met die spons was, en dan weer afspuit.

'N gereelde ceramic coating of goeie 2stage politoer help meer. Dan bly die verf glad, en die vuilgoed kry nie so maklik vatplek op die verf nie.

Vir die onderstel gebruik ek Blixem seep verdun met water in 'n gifspuit. Spuit hom skoon waar ek kan met die Karcher, dan die Blixem seep om alles los te maak en op te los, en dan weer die pressure washer.

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Sat Oct 05, 2024 3:45 pm
by Eduard Venter
Dankie julle. Bloed wat so droog word is 'n pes. Lyk my bietjie elbow ghries is maar nog die ding

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Sun Oct 06, 2024 8:58 am
by Blitzzz
Ek gebruik die karcher se seep kanon. Die touchless was werk seker net vir “skoon” karre, want dit werk nie op my karre nie. Ek gebruik myne om die skuim op die bakkie te kry dan was hy net vinniger met die sponse. Ek hoef nie aanmekaar my sponse in die water te druk nie wat baie tyd spaar. Spuit hom af daarna en hy is mooi skoon.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Sun Oct 06, 2024 9:30 am
by sako 30-06
Jis Eduard, hoe lekker lag ek nou toe ek daai buffel op jou bakkie sien. Ek het laas gedink ons het goed gedoen met die Ford wat ons gelaai het met die vlakkies en die rooibokke. ;D

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Sun Oct 06, 2024 3:11 pm
by Eduard Venter

sako 30-06 wrote:Jis Eduard, hoe lekker lag ek nou toe ek daai buffel op jou bakkie sien. Ek het laas gedink ons het goed gedoen met die Ford wat ons gelaai het met die vlakkies en die rooibokke. ;D
Daai was goeie dae gewees! Nog klomp manne ook op daai bakkie ook. Arme tailgate moes vat! Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Wed Oct 09, 2024 3:04 pm
by Pvdw
Ek stuur vir jou Simon wat my kar was en gras sny se nommer. Hy sal jou mooi kan sê wat werk en wat nie.

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Wed Oct 09, 2024 4:38 pm
by Capt. Yoda
Pvdw wrote: Wed Oct 09, 2024 3:04 pm Ek stuur vir jou Simon wat my kar was en gras sny se nommer. Hy sal jou mooi kan sê wat werk en wat nie.
++>: Ek wou nou net kom se hier ini stad het ons manne wat spesialiseer in hierie besigheid

Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Wed Oct 09, 2024 5:54 pm
by Eduard Venter
Pvdw wrote:Ek stuur vir jou Simon wat my kar was en gras sny se nommer. Hy sal jou mooi kan sê wat werk en wat nie.
Oom kan hom gou plaas toe bring elke Vrydag asb dan braai ons 'n worsie terwyl hy wasImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Skuim kanon vir bakkie was

Posted: Thu Oct 10, 2024 10:04 am
by Toxxyc
Eduard Venter wrote: Wed Oct 09, 2024 5:54 pm
Pvdw wrote:Ek stuur vir jou Simon wat my kar was en gras sny se nommer. Hy sal jou mooi kan sê wat werk en wat nie.
Oom kan hom gou plaas toe bring elke Vrydag asb dan braai ons 'n worsie terwyl hy wasImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek ken 'n man wat altyd seg in Ingels "don't threaten me with a good time". Uiters gepad hierso!