Page 1 of 1

Vrystaatse pad toestande -

Posted: Sun Oct 13, 2024 5:46 pm
by TFDADD
Kan van die Vrystaatse padgebruikers bietjie help, asseblief?

Ek moet binne die volgende paar weke vanaf Pretoria na Reitz reis.
My gewone roete via die R26 vanaf Villiers op die N3, was hele ruk gelede baie swak en vol slaggate.

Is die pad vanaf die N3 by Villiers via Frankfort, Tweeling tot by Reitz op die R26 darem alweer in goeie toestand?

Of is dit beter om maar op die N3 te bly tot by Warden en dan weg te draai Reitz toe?
Hierdie roete is wel verder as eersgenoemde, maar as die pad beter is, dan kom mens dalk gouer by Reitz uit sonder voertuigskade.

By voorbaat dankie vir terugvoering hieroor.

Vrystaatse pad toestande -

Posted: Sun Oct 13, 2024 6:44 pm
by jankraay
Jy gaan redelik sukkel op daai roete sonder EV laai punte…

Bly maar op die en draai dan weg. Dit is n beter opsie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Sun Oct 13, 2024 6:58 pm
by Capt. Yoda
++>: ++>:

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Sun Oct 13, 2024 7:01 pm
by Albertdwk
Jy kan by Villiers afklim na Reitz pad is klaar herbou. Die pad is nou mooi. Die pad van Warden na Bethlehem het deesdae die verdwaalde slag gat. En as jy by die vier rigting na Reitz toe draai is hy in sy moer in.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Mon Oct 14, 2024 8:43 am
by TFDADD
by jankraay » 13 Oct 2024 18:44

Jy gaan redelik sukkel op daai roete sonder EV laai punte…
jankraay, vanaf Villiers tot by Reitz sal EV nie laaipunte nodig hê nie, dis té kort afstand ++>: ++>:
Ongelukkig is voertuig wat gebruik word nog 'n 'gas gussler' :-[
Bly maar op die en draai dan weg. Dit is n beter opsie.
Neem aan jy bedoel: 'Bly maar op die N3 ... ... en draai dan weg. Dit is n beter opsie."
Nou hoe nou, dit verskil lynreg met dié van Albertdwk:
by Albertdwk » 13 Oct 2024 19:01

Jy kan by Villiers afklim na Reitz pad is klaar herbou. Die pad is nou mooi.
En as jy by die vier rigting na Reitz toe draai is hy in sy moer in.
Kan iemand wat die twee roetes goed ken asseblief laat weet wieffer is waffer - - - Villiers na Reitz of Warden na Reitz?

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Mon Oct 14, 2024 9:26 am
by Albertdwk
Ek ry beide roetes ten minste een maal ‘n week. Saam vanoggend gaan dit die 7 de keer wat ek in die laaste week Reitz na Villiers ry.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Mon Oct 14, 2024 1:09 pm
by Kaalvoetthysie
Stem saam, klim af by Villiers en ry Frankfort oor.

As jy by Warden af klim is die pad fine tot by die Kestel kruising. Die Kestel - Reitz pad is in ‘n haaglike toestand op die oomblik.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vrystaatse pad toestande -

Posted: Mon Oct 14, 2024 2:15 pm
by TFDADD
Baie dankie Albertdwk en Kaalvoetthysie, sal so ry soos julle sê.

Ek spaar nog vir EV en kan nie nou al my 'gas gussler' op slegte paaie poegaai ry nie ;)