Page 1 of 1

Leica diens agent

Posted: Tue Oct 22, 2024 11:04 am
by Blitzzz
Goeiedag julle

Ek wil my Leica Geovid RF stuur vir n diens en om na te gaan.

Is ek reg as ek sê die diens agent in SA is tudortech? En het van julle al met hulle te doen gekry? Ek wil nie graag my Leica stuur as ek met hulle moet stoei nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Leica diens agent

Posted: Tue Oct 22, 2024 11:37 am
by Geno
Tudortech se diens is goed. Ek het nog geen probleme ervaar met hulle in al die jare wat ek met hulle besigheid doen op groothandel skaal nie.

Re: Leica diens agent

Posted: Tue Oct 22, 2024 5:50 pm
by ruaanb
Ek het al een keer met hulle te doen gehad en die proses was pynloos.

Re: Leica diens agent

Posted: Wed Oct 23, 2024 12:42 pm
by gho
My Leica verkyker se uitskuif oogstuk was gekraak en is sonder moeite vervang.
gho,

Re: Leica diens agent

Posted: Wed Oct 23, 2024 1:20 pm
by Blitzzz
Dankie julle. Bly om te hoor ons kry steeds goeie diens by die verskaffers.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Leica diens agent

Posted: Tue Feb 11, 2025 9:44 pm
by Blitzzz
Naand julle.

Ek is heel verbaas met die diens wat ek gekry het. My Leica is so goed soos nuut en as n bonus het dit my nie veel gekos nie.

Ek kan Tudortech en Leica aanbeveel sonder om te huiwer.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Leica diens agent

Posted: Thu Apr 24, 2025 1:32 pm
by Martiens Bekker
Het een van julle dalk kontak besonderhede of wag ek maar net om terug te hoor na die die webverf se kontak funksie gebruik het? Ek het 'n 2400 rangefinder wat nou al Portugal toe was vir herstel maar steeds foutief is.

Re: Leica diens agent

Posted: Thu Apr 24, 2025 3:58 pm
by Ding
Ek stuur vir jou ‘n boodskap.

Hulle het my onlangs ook baie vinnig gehelp.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Leica diens agent

Posted: Sat Apr 26, 2025 4:46 pm
by cloots49
Hi Louis

Kan jy die kontak besonderhede van die leica agent met my ook deel asseblief ?

Groete
Cobus

Re: Leica diens agent

Posted: Sat Apr 26, 2025 9:21 pm
by Geno
Indien julle by die agente, Tudortech sukkel en hul vereis dat jy deur 'n handelaar werk, kan julle gerus met my gesels dan kyk ek waar ek kan help.

Re: Leica diens agent

Posted: Sun Apr 27, 2025 2:50 pm
by Martiens Bekker
Geno wrote: Sat Apr 26, 2025 9:21 pm Indien julle by die agente, Tudortech sukkel en hul vereis dat jy deur 'n handelaar werk, kan julle gerus met my gesels dan kyk ek waar ek kan help.
Baie dankie Geno. Ek gaan jou pla die week. Sal praat op Whatsapp. Het hulle ge-epos maar met nog geen antwoord.