Page 1 of 1
Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 10:15 am
by Hano243
Ek is in die mark vir nog n lekker bosveld teleskoop. Ek gebruik op die meerderheid van my gewere Leupold se VX3's met die Varmint Hunter reticle en is bitter gelukkig met hulle, maar kry nerens nog een te koop nie.
Ek kyk nou na die nuwe VX-3HD. Ek het egter nie veel ondervinding met die nuwe VX-3HD's nie. Sien daar is 2 modelle, een met firedot reticle met side focus en een met duplex kruis sonder side focus. Is hier dalk manne wat kennis het van die 2 modelle en dalk kan help met die regte keuse?
Ek kyk ook na die Swarovski Z3 BT 4-12x50...
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 11:59 am
by jdpretorius
Wat dalk van Lynx ?.....hulle kruis is amper nog beter vir my oë as die Leopold
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 12:12 pm
by J le Roux
Vir die Bosveld is eenvoudiger beter. Skote moet dikwels redlik vinnig geneem word, so mik 'n druk teleskope sonder fieterjasies werk goed.
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 12:45 pm
by Hano243
jdpretorius wrote: Wed Nov 06, 2024 11:59 am
Wat dalk van Lynx ?.....hulle kruis is amper nog beter vir my oë as die Leopold
Lynx LX3 met die SAH reticle werk goed en is verseker ook n opsie.
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 6:36 pm
by Leon Crous
Stem saam met Lynx en SAH reticle,
Kan virseker ook kyk na Zeiss se 3-12 x 44 of 4-16x44 opsies. Lekker ligte scopes met uitstekende glas en verskeie kruishaar opsies.
Gaan kyk maar deur verskillende teleskope en besluit dan.
Sterkte.
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Wed Nov 06, 2024 6:48 pm
by Capt. Yoda
Daai VX 3 met die rooi kol is n bitter lekker bosveld scope
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Thu Nov 07, 2024 9:15 am
by Hano243
Dankie vir julle raad en insette. Ek het een van die Lynx SAH teleskope op een van my gewere, maar hy is vir my effens groot en "bulky"
Capt. Yoda wrote: Wed Nov 06, 2024 6:48 pm
Daai VX 3 met die rooi kol is n bitter lekker bosveld scope
Cappy ekt maar gegaan met die een, Fururama hardloop nou n lekker Black Friday special op hulle, so hys oppad

Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Thu Nov 07, 2024 8:21 pm
by Pappabeer
Het daai VX-3 maw die ou VX-R vervang? Dit is sslf n bitter lekker scope gewees vir sy geld
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Fri Nov 08, 2024 9:59 am
by Cobus Wessels
Ek het nou ook 'n Firedot aangeskaf. Baie beïndruk met die mooi fyn "dot"
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Sat Nov 16, 2024 4:41 pm
by tripodmvr
Praktiese raad by teleskoop keuses.
https://youtu.be/0i0KA65k4bQ
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Sat Nov 16, 2024 6:10 pm
by Hercules Louw
Een van my vriende het n Leopold VX5 3-15x44 in die mark vir R16 000. Laat weet as jy belangstel.
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Sun Nov 17, 2024 9:43 am
by Arnold
Kyk gerus na die Delta Stryker 1-6. Baie lekker teleskoop wat ek op my 30-06 gebruik. Die illumination is so helder soos n red dot. Hy het n paar afmik punte op die reticle. Glas is ook baie mooi.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Raad met keuse vir teleskoop
Posted: Mon Nov 18, 2024 7:43 am
by Hano243
Jis Oom Hercules, die is nou n goeie koop en bad timing vir my. Ekt laasweek my VX 3HD gekry.
Dankie vir al julle raad en insette.