Page 1 of 1
THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Sun Dec 22, 2024 11:30 am
by projagter
ATN is 'n gevestigde maak met na verneem goeie kliënte aandag.
Hikmicro wen skynbaar kwaai veld want die land is lyk my vol agente wat adverteer.
Het iemand al 'n vergelyking gemaak tussen die twee aanbiedinge of ook andere -- dws. vergelyk appels met appels.
Die begin van so 'n vergelyking sal wees : 1. binne prysklas.
dan 2. spesikasies en tegniese data ens met die voordele daaraan verbonde. bv. suiwerheid/skerpheid van beeld, field of view, oogvriendelikheid ens ens.
3. probleme en betroubaarheid
4. eenvoud of gekompliseerdheid vir gebruik.
ens. ens
baie van die kykgoed spog met vergroting van bv 24 x maar op 12 is dit net 'n blurrbeeld op normale skietafstande.
Die goed is duur en 2dehandse mark swak as jy 'n foutjie met aankoop sou maak.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 8:45 am
by Geno
More Oom.
Meeste van die nuwe generasie scopes is maar omtrent dieselfde wat beeld en boukwaliteit aanbetref.
- 12 μm pixel pitch is die standaard. ATN Mars5 en HikMicro Stellar 3.0 het albei dit.
- ATN Mars5 het 60hz refresh rate, HikMicro Stellar 3.0 het 50hz refresh rate.
- ATN Mars5 het ingeboude herlaaibare battery, en kan vanaf powerbank/USB poort loop. HikMicro Stellar 3.0 het interne en eksterne battery. Kan ook vanaf powerbank/USB poort loop.
- Sensors:
ATN Mars5 kom met 320x240 / 640x480 / 1280x1024 sensor.
HikMicro Stellar 3.0 kom met 384x288 / 640x512 / 1280x1024 sensor.
Basisvergroting is gekoppel aan lensgrootte. So ook Field of view.
Hoe groter die lens, hoe groter die basisvergroting, en hoe kleiner die FOV. So ook sal die groter lens 'n verder "detection range" hê.
Die groter basisvergroting help ook dat die teleskoop minder pixelate wanneer jy zoom omrede dit digitale zoom is.
Kontak my gerus vir enige advies en verkope. Ek kan 'n groot verskeidenheid fabrikate verskaf.
0825354100 /
geno@ggvarminting.co.za
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 10:18 am
by projagter
dankie Geno.
Hierdie uiteensetting maak sin en help baie met keuse.
As mens nader aan die pot is kan jy die goed gaan bekyk en 'n ingeligte besluit neem --anders word die besluit baie keer geneem op grond van wat jy dink reg is en finansies -- en maak jy swak keuse -- vra my.
Vir my is field of view baie belangrik. Ook wat is overkill vir jou behoefte?
Jy moet darem die scope kan zero op 'n 2 duim plakker op redelike afstand -- min 100 nog beter 200.
Verder hou ek van 'n duidelike teiken en nie net 'n hitte voorwerp nie.
Sag op die oog is ook belangrik
Ek sal jou beslis kontak vir so bietjie fyner besonderhede.
mooiloop
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 10:41 am
by Geno
Oom, in my opinie gaan man ver moet gaan om beter waarde vir geld te kry as die volgende specs:
640x sensor
50mm lens
Met dit is basisvergroting rondom 3-4x en FOV heel goed. prys is dan +-R80k met laser rangefinder.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 11:06 am
by projagter
dankie Geno.
Die HicMikro met sy LRF binne die lensspasie ?? dus nie werklik 50mm lens nie. Wat is die verskil dan werklik teenoor die Stellar SQ35L 3.0 waar die LRF buite die lens spasie sit.?
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 11:34 am
by Geno
Detection range is beter op die 50mm Oom, en FOV is beter op die 35mm.
Screenshot 2024-12-23 113244.png
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 11:46 am
by Freddie101
Inerressante bespreking... Dankie Geno vir goeie antwoorde.
Die goed het baie verbeter maar bly duur!
Wonder ook oor die rangefinder se akkuraatheid tov die grootte van die punt wat jy range! my ouer ATN moet jy maar in omgewing range en jy kan maklik ver uit wees.. Is dit beter/makliker met nuwe modelle?
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 12:03 pm
by Geno
Oom Freddie,
Met die nuwe Mars5 is die ranging blokkie baie kleiner gemaak wat dit vir my makliker maak om te range. Dis 'n verbetering wat ek aangevra het by die fabriek wat toe met 'n update uitgebring is.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 12:45 pm
by projagter
Geno wrote: Mon Dec 23, 2024 11:34 am
Detection range is beter op die 50mm Oom, en FOV is beter op die 35mm.
Screenshot 2024-12-23 113244.png
Miskien kan iemand vir ons 'n in praktyk beeld vergelyking tussen die 2 se detection vermoëns maak -- dws hoe beter?
dankie Geno.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Mon Dec 23, 2024 5:40 pm
by wlm
Hoekom wil julle die goed verstaan??
Vra vir Geno wat jy nodig het, bestel wat hy sê en betaal hom.

Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Tue Dec 24, 2024 1:29 pm
by projagter
Goeie vraag. Hulle noem dit intellektuele afwyking of variansie.

Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Wed Dec 25, 2024 5:18 pm
by projagter
Geno wrote: Mon Dec 23, 2024 10:41 am
Met dit is basisvergroting rondom 3-4x en FOV heel goed. prys is dan +-R80k met laser rangefinder.
Dankie Geno
ek kontak jou op ander media.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Thu Dec 26, 2024 9:47 am
by Ratel
wlm wrote: Mon Dec 23, 2024 5:40 pm
Hoekom wil julle die goed verstaan??
Vra vir Geno wat jy nodig het, bestel wat hy sê en betaal hom.
Jip. Ek is gelukkig met my ATN wat ek by Geno gekoop het. Prys was ook goed.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Thu Dec 26, 2024 3:19 pm
by Vleisie
Net my 2c, ek het n 1ste Gen Hikmicro Stellar SH50 en ek is baie tevrede met hom, gebruik hom al 2 jaar sonder enige pyne of probleme, goeie kliente diens van die agente en invoerders en bereidwilligheid vanaf die fabriek om te luister na kliente se insae, bv op kruishare.
Die beeld materiaal van die Gen 2 en Gen 3 op ons jakkals groep lyk wel baie indrukwekkend.
Ek is nie n beroeps jagter nie, dus spandeer ek nie soveel aande agter die scope soos ander ouens nie, daarom het die prys van die Hikmicro daardie tyd vir my meer sin gemaak en het hy homself virseker al klaar betaal.
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Sat Dec 28, 2024 2:34 pm
by tripodmvr
Daar is heelwat videos oor nagsig. Hier is een wat blykbaar vir beginners is.
https://youtu.be/uj5rgF7bHcA
Re: THERMAL: ATN VS HIKMICRO
Posted: Sat Dec 28, 2024 6:40 pm
by projagter
10 uit 10.
met Geno se kommentaar en hierdie het mens nou genoeg herkougoed om regte keuse te maak of om nie keuse te maak nie en te wag totdat die bankbestuurder vriendeliker word.