Page 1 of 1

S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Tue Dec 24, 2024 11:12 am
by HeinM
Hallo vrinne!

Ek het nuwe S121 om te laai vir my G19. Ek gebruik Bullet Corp se coated 125gr punte, Fiocci primers en gemengde doppe. Somchem se voorgeskrewe ladings vir jacketed en cast punte verskil... Jacketed: 3.5gr-4.0gr en cast: 3.1gr-3.6gr.

Die Glocks hou van warm ladings, maar ek is versigtig vir 121... Ek het nog net MS200 en MP200 voorheen gebruik.
Die punte wat ek gebruik is mos maar cast wat net 'n coating op het...

Is daar iemand wat al die pad gestap het met bogenoemde kombinasie?

Hoor graag, asb.

Mooi dag daar!

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Tue Dec 24, 2024 1:11 pm
by OosKaapJagter
Ek het gevind dat dieselfde ladings wat ek gebruik het vir Frontier CMJ's op al my pistole en kalibers, werk met Bullet Corp se coated punte, ongeag die tipe kruit wat ek gebruik het.

Hier is 'n lading vir S121 van iemand anders. Soos altyd moet elkeen eie diskresie gebruik met ander se ladings. Dit is weliswaar vir 124gr punte voor Bullet Corp oorgegaan het na 125gr. Dit behoort geen noemenswaardige verskil te maak nie. https://www.bulletcorp.co.za/index.php? ... &post_id=4

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Tue Dec 24, 2024 1:32 pm
by Ds J
Die sinvolste is om 'n lading te ontwikkel, en dit is eintlik redelik eenvoudig.

Bly by die standaard aanbevole patroonlengte - ek dink dit is 28.3mm. Laai vier pakkies met vyf patrone elk:
3.1gr, 3.3gr, 3.5gr, 3.7gr en drie patrone met 3.8gr.

Ons het dit met my broer se G17 gedoen, maar met S221 kruit (al wat ons kon kry). Die resultate was omtrent soos volg:
3.1gr het nie die doppie uit geskop nie.
3.3gr het skoorstene gemaak (half uitgeskop)
3.5gr het darem die doppies uitgeskop
3.7gr het goed gewerk.

Met my vrou se G26 en 'n vriend se CZ P07 het ons eers deeglike werkverrigting gekry bokant Somchem maks ladings.

As jy vir kompetisie wil herlaai sal jy 'n kronograaf moet gebruik.

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Tue Dec 24, 2024 1:51 pm
by JeanF van Heerden
Sien ook die volgende onderwerp “The 9mm reloading compendium" op GunSite South Africa
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... compendium

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Tue Dec 24, 2024 4:01 pm
by HeinM
Baie dankie vir die sinvolle terugvoer!

Waardeer opreg!

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Wed Dec 25, 2024 7:59 pm
by Fano
Ek het juis nou in die tyd lading ontwikkeling gedoen, info onder is vir 'n Shadow 2 met die S121 (-1.8%) wat nou onlangs op die mark gekom het. Jy gaan waarskynlik bietjie laer spoed kry in jou Glock ivm die Shadow.
125 gr Silver Rapids (ook coated so behoort na aan selfde vir jou te wees)
ZSR Primers, hulle is 'n klein bietjie hotter as Fioccis
S121: 4.15 gr (gemiddeld van 10 gekombineerde ladings)
TPL: 28.2 mm
Gemiddelde snelheid: 1044 vt/s
Ek het ook gemengde doppe gebruik maar die snelhede was baie mooi konstant (<20 vt/s spread). Dit was ook die geval met 'n paar ander koeel variasies wat ek getoets het.

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Wed Dec 25, 2024 9:04 pm
by Vleisie
My ondervinding met 125gr Compi Shot, truncated cone coated bullets uit n Glock 19,Glock 43 en Canik TP9 Sub Elite. Gelaai 28.5mm, met die primers wat op daardie stadium beskikbaar is(Fiocchi, Winchester, Ginex of S&B) en S121.
Hy cycle goed vanaf 3.6gr in die Glocks maar nie die Canik nie, spoed was laag, rondom 915fps.
3.9gr cycle al die pistole goed en spoed was so +-980-1000fps spoed was gemeet met al 3 pistole, 5 rondtes per pistool.
1000fps is te laag om PF te maak, maar ek skiet nie kompetisie nie, dus het ek die lading net so gehou.
Hulle skiet ook nagenoeg dieselfde as my 147gr dra ammo.

Maar soos ek sê dit was my ondervinding, ook nog nie van die nuwe batch S121 getoets nie.

Re: S121 en Glock 19 lading navraag

Posted: Thu Dec 26, 2024 8:41 am
by LUAN
Ek het 4.1gr S121 agter 125gr rapid gebruik om pf te maak en betroubaar te cycle in G19
Tpl 28.5mm