Page 1 of 1

Krismis kolf

Posted: Fri Dec 27, 2024 5:43 pm
by Diesel Dog
Ek sukkel al lank met my huidige kolf op die 300 wsm 30 duim loop.Kolf is baie lig en moet gewigte op kry vir recoil beheer.
Ek kan nie iets anders nou bekostig nie toe besluit ek om uit skrap iets te bou .
Die rou material was n klomp pistons en hydraulic pompe.
Hoop om hom nog die jaar klaar temaak.

DD

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

Re: Krismis kolf

Posted: Fri Dec 27, 2024 6:07 pm
by J P
Mooi man DD, jy kan maar! 'n Man met jou talent hoef nie 'n kolf te koop nie. Jy verstaan definitief hoe om jou masjiene te dryf!

Sent from my SM-S928B using Tapatalk


Re: Krismis kolf

Posted: Fri Dec 27, 2024 8:26 pm
by jdpretorius
Jis DD, jy het n m@&rse talent....ek kan nie eers raai waar om te begin met so iets nie.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Krismis kolf

Posted: Sat Dec 28, 2024 3:40 pm
by Diesel Dog
Dankie vir die komplimente manne.
Ek was bevooreg om my opleiding in die 80"s in die Lugmag te kry.
Het nou die inlaat werk klaar.

DD

Re: Krismis kolf

Posted: Sat Dec 28, 2024 3:43 pm
by Diesel Dog
.ImageImageImageImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: Krismis kolf

Posted: Sun Dec 29, 2024 9:17 am
by Capt. Yoda
Baie netjies DD!

Re: Krismis kolf

Posted: Sun Dec 29, 2024 12:22 pm
by ruaanb
Uitstekende werk!

Re: Krismis kolf

Posted: Sun Dec 29, 2024 1:42 pm
by Diesel Dog
Ek moet nou nog die ballast gewigte maak.
My uitdaging aan myself was om niks te koop nie en ek kort nou material vir die gewigte Hier staan n Johndeere trekker
wat nie met sy eie kop gewigte kan wegkom nie. Nou wonder ek of die cutoff blade wat op die grinder is n groot genoeg stuk sal afsny voor hy op is.ImageImageImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: Krismis kolf

Posted: Mon Dec 30, 2024 2:47 pm
by Diesel Dog
Gewigte is klaar .Ek is baie verbaas hoe die geweer in die dripoot balanseer.Nou moet ek seker kyk of die geweer nog skiet.

DDImageImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: Krismis kolf

Posted: Mon Dec 30, 2024 2:54 pm
by Capt. Yoda
DD wat dink jy van daai scope?

Re: Krismis kolf

Posted: Mon Dec 30, 2024 3:23 pm
by tau
Baie netjies!!!

Re: Krismis kolf

Posted: Mon Dec 30, 2024 3:32 pm
by sako 30-06
RESPEK!
Die kolf lyk fantasties, verseker n meesterstuk.
Baie min mense kan doen wat jy gedoen het,jy mag maar.

Re: Krismis kolf

Posted: Mon Dec 30, 2024 3:40 pm
by Diesel Dog
[quote="Capt. Yoda" post_id=907037 time=1735563283 user_id=5682]
DD wat dink jy van daai scope?
[/quote]

Om eerlik te wees kan ek nie baie oor die scope se nie behalwe dat hy in my begroting pas en nog nie met hom geskiet nie.Ek het wel al na diere op 1000m gekyk en beeld was goed ek het wel agtergekom dat my oë moeg word as ek lank fokus op een teiken.

DD

Re: Krismis kolf

Posted: Tue Dec 31, 2024 9:01 am
by Koos Barnard
Welgedaan! Ek beny julle manne wat so handig is. Wens ek kon sulke tipe dinge doen.
Mooi loop

Re: Krismis kolf

Posted: Wed Jan 01, 2025 10:31 am
by Diesel Dog
Gister gou die adapter gemaak vir bipod.

DD



Image

Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

Re: Krismis kolf

Posted: Wed Jan 01, 2025 11:27 am
by Supacow
As ek daai roer n naam moes gee sou dit Knorhaan wees. Hy blink soos n blinklyf het n paar spots op (gewigte) en die knor praat vir homself. Haan=koning van die werf.

Re: Krismis kolf

Posted: Wed Jan 01, 2025 11:29 am
by Supacow
O0

Re: Krismis kolf

Posted: Wed Jan 01, 2025 11:29 am
by Supacow
Dalk byt hy ook skelm ;)

Re: Krismis kolf

Posted: Wed Jan 01, 2025 7:36 pm
by Francoisv
Baie smart Gerald, jy verstaan die werke.

Re: Krismis kolf

Posted: Fri Jan 03, 2025 1:02 pm
by JacquesSAKO.308
Welldone dis uitstekend werk. Laatweet bietjie hoe skiet hy

Sent from my SM-S901E using Tapatalk