Page 1 of 1

Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 5:44 pm
by Eduard Venter
Dagsê. Is hier iemand wat bogenoemde gebruik. Enige advies en voorstelle sal waardeer word. Ek het nou nie R100k om op so iets te spandeer nie. Ongelukkig gaan die werkers ook met hom ry om bokke op te laai, beeste te kyk en lekke te gooi ens.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 6:27 pm
by Giepie
My 1ste vraag wat op gekom het, wat is die terrein waarin dit gaan ry? Bergagtig of vlakte, klipperig of sand, ens. Wat se bokke moet opgelaai word? Ek neem aan rooibok tot blesbok grootte, want koedoe en bwb gaan te groot wees.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 7:08 pm
by Eduard Venter
Dis maar plat bosveld. Geen klip of sand nie. Bokke oplaai sal meestal rooibokke en varke wees maar dit sal handig wees om koedoes ook op te laai met sleepwa. En dan meer gereeld sal hy beeste toe ry met so paar sakke lek



Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 8:38 pm
by Ds J
Ek weet van verskillende boere wat 'n ruk met die vier-wiel motorfietse gewerk het en later weer bakkies begin gebruik het.

Die redes was onder andere beweeglikheid oor swaarder terrein, beperkte laaiplek en -gewig, en onderhoud. Nog 'n saak was die gebondenheid aan die plaas - dis moeilik om gou na die buurman toe te ry.

Net so weet ek van enkele boere wat dit vir hulle werkers gekry het, maar dit was op kleiner plase met intensiewe boerdery.

'n Handige tussenganger wat dalk kan werk is die nuwer geslag vier-wiel "bakkies" - basies soos n vierwiel motorfiets, maar met 'n laaibak en 'n dakkie.

Toe ek n motorfiets vir ons harde paaie wou kry het n hele paar kundiges dieselfde raad gegee. Ek is seker dit kan jou ook help:

- Kry iets met 'n sterk enjin want 'n kleiner enjin werk te hard
- Maak 'n goeie plan om pap wiele te voorkom of te herstel.
- Diens en onderhoud is regtig belangrik.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 8:41 pm
by Apie
Ons het laasjaar gejag waar die recovery manne met 4wiel motorfietse ry en die bokke kom laai met so lekker lang plat waentjie.

Ek sal my fotos bietjie deurkyk of ek kan sien watse fiets dit was.

Het bitter goed gewerk. Tot ‘n eland koei en jong bul ook gelaai!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 8:41 pm
by JohanvB
Hallo Eduard

Ek het vir my Die Honda Fourtrax Rancher 420 gekoop vir jag.. dit was 2018, puik fiets..

Die boer waar ek jag het 2014 dieselfde fiets gekoop, hy het nou al 50 000 km op, daai fiets werk elke dag in Steytlerville se berge, 5 blokke lek agter op vir die skape..nog geen noemenswaardige probleme nie, ja bande hou so 9000km in daai berge..

Ja die fietse is maar baie handig en sterk.

My aanbeveling gaan wees jy moet koop wat naby aan jou is vir dienslewering, help nie jy koop iets en jou naaste diens sentrum is 500km weg nie

Maar ja bitter bitter handig

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 8:45 pm
by JohanvB
So lyk my myne, drie ramme pas mooi agter in die vleisbak

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 8:50 pm
by JohanvB
IMG_5388.jpeg
So lyk hy

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Thu Jan 09, 2025 9:15 pm
by Eduard Venter
Dankie Ds, dis alles goeie punte om oor na te dink. Die motorfiets gaan darem nie van die plaas af hoef te ry nie.

Apie, ek ken daai sleepwaens. Dit werk besonder goed. Een plaas waar ek jag het 'n Chinese motorfiets met die sleepwa. Ek het al 'n buffel gelaai daarop. Baie handig! Ek sukkel wel bietjie om Chinese kwaliteit te vertrou daarom hoor ek maar bietjie hier vir ander manne se ondervinding

Johan, baie dankie! Dis nou goeie terugvoer en lyk of dit net die ding kan wees

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 6:58 am
by Toxxyc
Mens kry vandag fantastiese masjiene wat tot 4WD loop, en loop op baie stil diesel enjins. Dis dalk iets om na te kyk. Jy gaan sukkel met die jagtery as jy vir jou 'n 650 Bombardier aanskaf...

Hier by ons op die dorp is ouens wat tweedehandse motorfietse verkoop, en daar staan gereeld 'n paar mooies. Kom kuier, dan wys ek jou!

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 7:19 am
by Thunderhead
Die goue vraag is wat kan jy of wil jy spandeer? Ek het n Linhai 260 2wd gebruik vir ligter plaas werk drade check water check ect. Baie goed gewerk jy kan van hulle 2nde hands kry vir onder 20k. Honda is my nr1 maar is groot prys verskil.Ek ook gevind vir een of ander rede hou goed langer as ek dit self gebruik en nie my helpers nie😋
Eduard Venter wrote: Thu Jan 09, 2025 9:15 pm Dankie Ds, dis alles goeie punte om oor na te dink. Die motorfiets gaan darem nie van die plaas af hoef te ry nie.

Apie, ek ken daai sleepwaens. Dit werk besonder goed. Een plaas waar ek jag het 'n Chinese motorfiets met die sleepwa. Ek het al 'n buffel gelaai daarop. Baie handig! Ek sukkel wel bietjie om Chinese kwaliteit te vertrou daarom hoor ek maar bietjie hier vir ander manne se ondervinding

Johan, baie dankie! Dis nou goeie terugvoer en lyk of dit net die ding kan wees

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 7:57 am
by Malan123
Eduard, jy gaan miljoen verskillende antwoorde kry. Budget gaan maar jou besluit beinvloed. Ek het Linhai side by side gehad - hy het so 2 jaar gehou toe seize sy motor.

Ek glo in buy once, cry once. Het met polaris groot geword en het toe 'n 2de handse fiets gekoop. In my opinie gaan min quad bikes by die polaris kom. Mens kry gereeld 2dehandse fietse

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 7:58 am
by Eduard Venter

Thunderhead wrote:Ek het n Linhai 260 2wd gebruik vir ligter plaas werk drade check water check ect. Baie goed gewerk
Dis juis die een wat my buurman het en hy sê dit werk mooi, maar goed breek maar en mens moet regmaak elke nou en dan. Nou wonder ek net of die duurder masjiene nie dieselfde storie gaan wees as die werkers dit gebruik nie?

My aanwending is meestal dat die werkers dit gaan gebruik om draad te kyk, 'n sak lek beeste toe te vat ens wanneer ek weg is op jagte. En dan 'n bonus sal wees as ons wild kan oplaai met 'n sleepwa wanneer ons hier jag. Ek het nie 'n plaasbakkie nie, net my eie wat ek nie die werkers toelaat om te ry nie. En die trekker is net vir groot werk. Hierdie moet die gaping toemaak.



Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 8:00 am
by Eduard Venter
Toxxyc wrote:Mens kry vandag fantastiese masjiene wat tot 4WD loop, en loop op baie stil diesel enjins. Dis dalk iets om na te kyk. Jy gaan sukkel met die jagtery as jy vir jou 'n 650 Bombardier aanskaf...

Hier by ons op die dorp is ouens wat tweedehandse motorfietse verkoop, en daar staan gereeld 'n paar mooies. Kom kuier, dan wys ek jou!
Die jag is darem nie die hoof doel van die motorfiets nie, daarvoor het ek 'n bakkie wat lekker kan diesel bekruip!Image Maar ja ek skuld jou beslis 'n kuier

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 8:33 am
by Ds J
Een van die boere hier by ons het na al die soorte hartseer en grys hare 'n stel donkiekarre en donkies aangeskaf vir die plaaswerkers. 'n Donkie staak nie, brand nie uit nie, word nie gesteel nie, kan basies nie breek nie, loop sonder 'n battery en kos nie brandstof nie ;) .

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 9:05 am
by Koos Barnard
Eduard ek het self 'n vierwielfiets gebruik vir 'n tyd en wat jy ook al koop maak seker dat die bande se loopvlak nie te dun is nie. Ek het aan die begin baie papwiele gekry bloot omdat die bande te dun was en die dorings en klippe te maklik gate daarin gesteek het. Ek het 'n Suzuki Eiger gehad, 400cc en groot goed met hom gelaai. Dis 'n wonderlike tuigie om te gebruik. Kry net geskikte veldry-bande.Mooi loop

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 9:39 am
by JohanvB
Menss waar ek jag se seun het een van die Polarisse, groot fiets...maar hy staan...parte blyk 'n probleem te wees.

Bande..kry maar Kendra..hulle kan...

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 11:24 am
by Carel-Chris
Ons gebruik tans so iets op die plaas:
https://www.samotorcycles.co.za/loader-200
motorfiets.png
Ons is baie tevrede sover, nou al omtrent 2 jaar.

Sien hulle ook deesdae gebruik vir instandhouding op Gholfbane hier in die stad

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 2:07 pm
by Gerhardu
Ekt n Yamaha van my vrou wat net staan. Sou jy belangstel.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Fri Jan 10, 2025 4:12 pm
by Eduard Venter
Gerhardu wrote:Ekt n Yamaha van my vrou wat net staan. Sou jy belangstel.
Stuur asseblief vir my fotos en inligting dan kyk ons

Nul723345015

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Sat Jan 11, 2025 9:53 pm
by Giepie
So bietjie kontak gehad met boere in Oos-Kaap. Die een het al die quads verkoop en met gewone bakkies vervang. Hy sê die onderhoudskoste op bakkies is baie goedkoper. Al 4wiel wat hy hou is 'n John Deere "gator?" wat orals loop, maar wat duur uitwerk. Net hyself of sy seun ry dit.

Ander vriend van Zeerust het 'n Rhino waarmee hy oral ry, ook sleepwa hak vir groter diere. Maar as dit breek is die herstel duur en herstelwerk vat lank.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Sat Jan 11, 2025 11:03 pm
by Basjan123
Kyk bietjie na hierdie web tuiste katbatt.co.za. Hierdie manne vervaardig elektriese karre wat op die plaas gebruik kan word. Baie min onderhoud en hy is redelik werker bestand. Maak gerus kontak met die manne. Vir manne wat battery soek hulle doen uitstekende werk.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Wed Jan 15, 2025 7:35 am
by vossie1
Eduard my persoonlikke opienie is Honda fourtrax of Yamaha Grizzly, ek het n 350 gehad en hy het low range en reverse gehad wat belangrik was, onthou as die volk met daai ding ry kan hulle lekker seerkry, n vierwiel in die verkeerde hande is n doodskis. As jou begrooting so bietjie meer was dan sou ek kyk na n side by side maar jy gaan hoes en dienste is duur.

Re: Vierwiel motorfiets vir plaaswerk

Posted: Mon Jan 20, 2025 9:25 pm
by kwagga
Ek het 2 Honda 350’s wat 2006 modelle is - nog so goed soos nuut na amper 20 jaar.
Jy kan HONDA RINCON 650/680 optel vir nog onder R70k.
Ek glo in Japanees…..