Page 1 of 1

TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 9:39 am
by sako 30-06
Ek het uiteindelik my Ruger Precision 6.5 Creedmoor ontvang. Ek het die laaste paar maande baie navorsing gedoen oor ladings ens.
Nou hier is my probleem, daar word aanbeveel om n tpl te laai van so 71.5mm.
Maar as ek my TPL meet vir 143gr ELD-X dan is dit net 71mm. Dis vir my baie vreemd want die meeste manne laai die koeels heelwat langer.
Wat is dus my begin punt, moet ek maar 71mm laai?
Enige raad sal waardeer word.

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 9:57 am
by HeinM
Die eerste stap is om die maksimum lengte van die patroon in jou geweer se kamer te bepaal. Alle gewere se kamers is mos uniek ;D Om maksimum ladings in patrone te laai, wat tot styf teen die lands is, is gevaarlik. So jy moet in inkrimete verder van die lands laai en kyk waar jou geweer se sweetspot met daardie spesifieke patroon is. Dis maar wat ons jagters en kakskieters (soos ek) doen. Die baanmanne is metodes is meer verfynd...

Kyk ook hier https://westernhunter.net/tactics/7-ste ... -accuracy/

Die slim manne kan vir jou meer detail gee.

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 10:20 am
by sako 30-06
HeinM wrote: Sun Jan 12, 2025 9:57 am Die eerste stap is om die maksimum lengte van die patroon in jou geweer se kamer te bepaal. Alle gewere se kamers is mos uniek ;D Om maksimum ladings in patrone te laai, wat tot styf teen die lands is, is gevaarlik. So jy moet in inkrimete verder van die lands laai en kyk waar jou geweer se sweetspot met daardie spesifieke patroon is. Dis maar wat ons jagters en kakskieters (soos ek) doen. Die baanmanne is metodes is meer verfynd...

Die slim manne kan vir jou meer detail gee.
Hein dit is presies waarom ek deurmekaar is.
Ek sou gedink het dieselfde fabrikaat en model geweer moet dieselfde TPL he vir n spesifieke koeel.

So ek hoop maar iemand met dieselfde Ruger sal kan help,want ek voel net iets maak nie sin nie.

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 11:26 am
by Capt. Yoda
Hulle het hordes reamers wat hulle gebruik so daar sal maar klein afweikings wees, ek het al n batch ELDs ook gehad waar die base to ogives mates baie deurmekaar was. Wat is die max lengte wat jou magasyn kan vat?

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 12:00 pm
by sako 30-06
Capt. Yoda wrote: Sun Jan 12, 2025 11:26 am Hulle het hordes reamers wat hulle gebruik so daar sal maar klein afweikings wees, ek het al n batch ELDs ook gehad waar die base to ogives mates baie deurmekaar was. Wat is die max lengte wat jou magasyn kan vat?
Magasyn se max is 71.70mm.
Vorige eienaar het ELD'Ms gelaai op 71.60mm,,maar hy het n glo baie lae lading gelaai. Maar hy se hy het al sy laai data verloor.
Ek wil drie ladings laai van
41.5gr, 42gr en 42.5gr om te toets. IMR 4350

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 12:02 pm
by JF123
Gewoonlik is die afwykings klein om binne die SAAMI of CIP standaard se toleransie te bly. Dit sal sleg lyk vir die vevaardiger as gewone rak ammunisie nie pas soos dit hoort nie.

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 1:46 pm
by tripodmvr
Soos die manne genoem het. Elke geweer se kamer afmetings verskil in 'n geringe mate. Jy moet die werklike maksimum TPL bepaal en dan korter laai. Ek persoonlik verkies om 1mm korter te laai. Dus 70mm in jou geval.

Jou ladings wat jy mee wil begin is by en oor maksimum. Hodgdon het 41,8gr as maksimum en 36gr as begin. Ek sou met 37gr begin en in 1gr inkremente opgaan en stop as ek naby 2700vps kom.

Re: TPL Kopkrapper

Posted: Sun Jan 12, 2025 2:32 pm
by Capt. Yoda
Kyk somer dalk net laat jou keel mooi skoon is, jy kan dalk nog bq van n donut he