Page 1 of 1
Akra Optics
Posted: Wed Jan 29, 2025 12:47 pm
by Dries Skiet
Hi manne,
Ek wil graag bietjie meer uitving oor die fabrikaat.
Pryse lyk baie goed maar hoe is die produk? Product support?
Ek hoor graag.
Re: Akra Optics
Posted: Wed Jan 29, 2025 1:43 pm
by Toyrsi
Kyk bietjie op Venatics gear se You Tube kanaal. Hulle het dit daar bespreek
Re: Akra Optics
Posted: Thu Aug 07, 2025 10:35 am
by Eight
Ek wil graag ook meer weet van die teleskope. Enige iemand wat nie geafillieer is met hulle en n unbiased review kan gee. Ek kyk spesifiek na die Genesis 4-16 ffp. Hy het alles wat ek soek. Locking turrets, ffp, illum reticle. Ek wil graag weet hoe hy sal ophou op n 338 wm met herhaalde dialing (brass turret internals inplaas van stainles, en hoe sy hlas lyk?
Hulle het n lewenslange waarvorg maar is dit n maatskappy wat hier is om te bly?
Ek kyk ook na die Element helix 4-16x44 maar sy elevation turret lock nie en hy het nie illum nie
Re: Akra Optics
Posted: Thu Aug 07, 2025 10:50 am
by Henna308
Ek het gister in 'n winkel deur een gekyk. Dit was 'n kliënt wat hom teruggebring het want die kruis skuif rond as mens die parallaks verstel. Ek het nog nie so iets gesien nie. Hy het omtrent 0.75MOA op en af geskuif en 0.25MOA links en regs soos mens die knop draai. Ek weet nie of hy omgeruil gaan word of wat is die storie nie.
Re: Akra Optics
Posted: Thu Aug 07, 2025 11:14 am
by snakker
Het deur een gekyk by Wildman, glas en reticle lyk goed met turret wat goed klink. Dink hul probleem is die bestaan van Arken se SH4 reeks as ook die Discovery Optics se PRS reeks wat onder R8k beskikbaar is, moeilik om te koop. As hulle iets goed onder daai prys kan bied sal hulle groot markaandeel kan vat
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: Akra Optics
Posted: Sat Aug 09, 2025 5:09 pm
by Wingnut
Goeie dag almal,
Ek is betrokke by Akra. Hoe kan ons help? Indien daar enige navrae is. Praat gerus. Die Brand se backup is skitterend. Ons diens vlakke hou ons so hoog moontlik. Op die einde van die dag wil ons aanhou groei. Ons probeer elke ou se behoefte so goed moontlik te diens. Persoonlike verhoudings is uiters belangrik. Ouens wat by ons koop kom altyd terug. Daar is fantasiese produkte in die segment. Ons wil ons onderskei deur diens, innoverend te wees en 'n goeie betroubare produk vir almal te verskaf.
Kontak ons enige tyd.
082 342 5267
Re: Akra Optics
Posted: Thu Oct 16, 2025 3:52 pm
by tau
Middag
Ek het vandag my Akra Genesis gekry
https://www.akraoptics.com/products/gen ... 56-ffp-moa
Redelike bargain en kom met stewige ringe en flip caps. EK het met 'n vriend wat op my skietbaan kom skiet het se een geskeit en was baie beindruk
Ek het ook 'n Arken
https://www.arkenoptics.co.za/product/a ... 34mm-tube/
Wat ek glo min of meer dieselfe klas is.
Ek is maar 'n budget sensitiewe mens en het nie die geld vir 'n Kahles of NF nie so die tipe scopes werk vir my.
My Arken doen nog baie goed vir my my enigste issue is die Windage turret kan nie lock nie en het al verstel as my geweer in die bakkie langs my lê.
Re: Akra Optics
Posted: Thu Oct 16, 2025 4:26 pm
by Koos Barnard
John ek het 'n tydjie gelede met 'n Akra Oryx gespeel en ietsie daaroor in Magnum geskryf. Ek was regtig beïndruk met die scope. Ek soek net 'n kleiner model want daai target scopes is te groot en swaar vir stapjagters.
Mooi loop
Re: Akra Optics
Posted: Thu Oct 16, 2025 4:58 pm
by tau
Koos Barnard wrote: Thu Oct 16, 2025 4:26 pm
John ek het 'n tydjie gelede met 'n Akra Oryx gespeel en ietsie daaroor in Magnum geskryf. Ek was regtig beïndruk met die scope. Ek soek net 'n kleiner model want daai target scopes is te groot en swaar vir stapjagters.
Mooi loop
Oom Koos....regte stapjagters skiet oopvisier
Nee ek stem die goed raak mal groot.
Re: Akra Optics
Posted: Thu Oct 16, 2025 8:53 pm
by Koos Barnard
Ai John... my oge kan nie meer oop visiere raaksien nie. Ek sal maar dot-sight moet gebruik, ha-ha!!
Re: Akra Optics
Posted: Sun Oct 19, 2025 3:50 pm
by James Wilson
Het so n paar maande terug n 1-10 Akra Origin gekoop vir die AR-15. Sal hopelik kan detail terugvoer gee, as ek in Des tyd kry vir toetse.
Wat ek nou al kan se is dat dit is n RSA company. Daar is n man met die naam van Adriaan vd Spuy(0768216239) hy verskyn in al Akra se Youtube videos. Ek het hom n paar keer geskakel en sy terugvoer was sommer uitstekend.
Wat ek tot dusver van die produk kan se is met die vergroting van 1-10, het jy n taktiese scope op n AR-15 en die 1-10 maak van hom decent 223 jageweer. Dit is dan ook n 34 mmm tube met flip ups en die killbox kan rooi verlig wat dit n red-dot smakie gee. Die prys is sekerlik die beste tans in die mark.
Die cool faktor op die scope is 10/10
Re: Akra Optics
Posted: Mon Nov 03, 2025 1:56 pm
by desert fox
Julle kan maar koop...
Diens is puik, glas is helder, en die 375 breek hom nie...
Re: Akra Optics
Posted: Thu Dec 18, 2025 12:40 pm
by James Wilson
Terugvoer wat ek reeds kan gee na twee keer op die baan. Die hele setup up is op Picatinny rails en mounts. Nadat ek die scope ingestel het en op 100 gezero het, was die turrets almal presies op 0. Die scope is baie helder. Ek het nog nooit met n milrad scope gewerk nie. Nadat ek dit gewoont geraak het was al die verstellings true. Dit is maar nog n nuwe teleskoop, maar op die oomblik kan ek niks negatief se nie. Gaan volgende week gonge skiet sal dan weer terugvoer gee.
Re: Akra Optics
Posted: Sat Dec 20, 2025 7:42 am
by Vleisie
Ek skiet nou al so ongeveer 8 maande my Genesis-X, gonge van 300-1050m en sy return to zero is spot on.
Moes die winter 2 kwesbokke skiet vir ouens aan die verkeerde kant van 500m, 1 het ek gedail en 1 het ek met holdover geskiet, beide van hulle het die skote geval waar ek hulle gemik het.
Ek dink mens gaan sukkel om die scopes te klop in terme van waarde vir geld
Ek sal wel graag wil sien dat hulle iets soos n 3-18x56 FFP scope ook uitbring, want ek dink dit sal n lekker midde weg wees vir jag en baan skiet.
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 9:25 am
by pietskiet
More almal
Ou draad. Die Akras en Arken is nou darem n hele tydjie in die mark en van wat ek kan sien is dit besig om nogals waves te maak. Goeie waarde vir geld is dit beslis. Het enige iemand bietjie verdere real world terugvoering spesifiek oor die Akra Oryx modelle, nou na die jagseisoen op sy rug le?
Enige vergelykings tussen Arken en Akra sal ook welkom wees - vir my lyk hulle baie dieselfde.
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 10:09 am
by tau
Die akra se Turrets lock en vir jag is dit vir my belangrik. Albei stel mooi en skiet raak. By my in Suide van Namibië waar namiddag hitte lelike glare maak het albei mooi gewerk.
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 10:50 am
by Capt. Yoda
Die slim mense reken goeie glas wys mirage beter maar dan moet die 7-36 Arken wat ek het seker swarovski se beste kristalle vir glas het want liewe genade ek het nog nie n scope gebruik wat so sukkel met mirage nie en sy een probleem wat met dit gepaard gaan is sy paralax wat so "pap" is so jy sukkel jou dood om hom of op die mirage of op die tyken te fokus. Turrets, zero stop en hoe hy stel verder is fantasties
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 10:55 am
by Arnold
Die Arken se Depth of Field is baie klein en dit veroorsaak wat Capt. hierbo noem. Ek het die DNT weergawe en is baie verbaas met wat jy kry vir die geld. Die scope is groot en swaar so dit pas mooi op 'n baan of bakkie geweer

Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 11:54 am
by Capt. Yoda
Ek het nou nog nie die Akra self gebruik nie maar ouens wat ek ken is baie gelukkig met hulle, die klomp kom seker elk geval uit die selfde fabruik uit.
Moet se ek het al die ouer Atacr, Razor, PM2, March en n paar ander socpes gehad en behalwe vir my persoonlike eretasie met die paralax kan ek nie regitg sien wat jy vir n aditionele 70k+ by kry met die ander scopes nie veral nie as jou doel jag of staal skiet is nie, ek sal nou nie soos die internet influencers se dis die selfde "klas" scope nie maar die Temu Atacr skiet nie te sleg nie. As hy net iets soos vortex se Golden Eagle se ECR-1 reticle vir n opsie gehad het sou dit darem vraai gewees het
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 12:33 pm
by pietskiet
Ek het nou die dag deur n ou se Delta Javelin gekyk.. dink dis iets soos n 4.5-30 FFP. Ek moet se, daai glas was vir my nogal naby aan van die duurder europese brands se scopes. Sien hulle retail hier rondom R23k. Ook ietsie om te oorweeg as mens in daai prysklas boks.
Kan iemand nie hier vir ons weer n scope toets/ comparison/ review doen met al die nuutste modelle en brands nie? Sal interessant wees om n unbiased opinie te kry, minus al die bemarkings geraas, van hoe verskillende teleskope teen mekaar opweeg.
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 12:43 pm
by Capt. Yoda
Ja die Deltas is baie lekker scopes met goeie glas
Re: Akra Optics
Posted: Fri Sep 04, 2026 1:22 pm
by pwdejager
Stem Delta het baie goeie glas.
Baie mense vergelyk teleskope wanneer die kondisies goed is en se " my R14k teleskoop is net so goed soos 'n ATACR", maar sodra die kondisies vererger verander daai dientjie heeltemal. Dan sien jy al daai teleskope op die 2de handse mark.
Ek glo jy toets verskillende teleskope in slegte kondisies.