Page 1 of 1
Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Fri Feb 07, 2025 6:54 pm
by JacquesSAKO.308
Hi Manne,
Ek vertrou dit gaan goed? Het enige iemand al die bogenoemde ringe getoets?
Ek hoor graag.
Groete
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Fri Feb 07, 2025 8:03 pm
by pwdejager
Hi Jacques
Ek het die gewone op my 308 al vir 4 jaar. Al net oor die 2000 rondtes geskiet sonder enige probleme.
Het nou die Titanium's gekoop wat met 'n EPL4 op my 6.5 PRC gaan.
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Sat Feb 08, 2025 7:59 am
by Arnold
Die titanium ringe is Aluminium, net die klein stukkie wat die ring teen die picatinny rail vastrek is Ti.
Hulle het klagtes gehad dat daai stukkie breek en dit is toe opgegradeer na Ti om sterker te wees.
Ek het van die gewone ringe en hulle werk sonder probleme.
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Sat Feb 08, 2025 8:02 am
by JacquesSAKO.308
Arnold wrote:Die titanium ringe is Aluminium, net die klein stukkie wat die ring teen die picatinny rail vastrek is Ti.
Hulle het klagtes gehad dat daai stukkie breek en dit is toe opgegradeer na Ti om sterker te wees.
Ek het van die gewone ringe en hulle werk sonder probleme.
Hi Arnold dankie. Ek is bewus dat net die vastrek bek Titanium is.
Ek wonder sommer hoe hulle tolleransies op die ringe is en of hulle nie enige skade op teleskoop maak nie.
Hulle is so goed geprys dit laat mens wonder
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Sat Feb 08, 2025 8:05 am
by Arnold
Ek het twee stelle en sal hulle met 'n geruste hart voorstel. Ek dink dit is baie goeie waarde vir geld.
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Sun Feb 09, 2025 5:26 pm
by pwdejager
Stem saam Arnold, vir die prys gaan jy sukkel om hulle te klop.
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Sun Feb 09, 2025 6:37 pm
by JacquesSAKO.308
Dankie julle, ek het toe met hulle gegaan. Nou moet die nuwe geweer se liksens net deurkom dat ek hulle kan opsit
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Het enige iemand ondervinding met ARKEN Halo Titanium teleskoop ringe
Posted: Thu Feb 13, 2025 6:39 pm
by Valley Pursuits
Also started using them recently, but in a 22-250 so not much recoil. No issues so far. Also look at the Element Accu-Liite rings - very good quality for the price.